Pakhuis vol gesteelde motoronderdele gevind  

(Foto ter illustrasie: Pixabay)

Verskeie wetstoepassingsowerhede het Dinsdag op ’n pakhuis propvol gesteelde motoronderdele in Booysens in Johannesburg toegeslaan.

Daar is ook beslag gelê op miljoene rande se goedere wat glo uit gekaapte vragmotors gesteel is.

Twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 23 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem.

Onder die gesteelde goedere was ook tien enjins van hoëwerkverrigting-voertuie wat na bewering in Gauteng gekaap is.

Die 28-jarige verdagte is glo die eienaar van die pakhuis en word van die besit van gesteelde goedere sowel as die besit van motoronderdele van vermoedelik gekaapte voertuie aangekla.

ʼn Klag van omkopery staar die 23-jarige verdagte in die gesig aangesien hy die polisie op die toneel probeer omkoop het.

Die gesamentlike operasie is deur die Valke, die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, lede van die Gauteng-snelwegpatrollie, die metropolisie in Johannesburg se K9-eenheid en ʼn spesiale taakspan van die Ekurhuleni-metropolisie uitgevoer.

Dit is nie duidelik wanneer die verdagtes in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Toy

Skelms. Murphy’s Law, hulle het gedink hulle gaan weg kom met dit.

Moeilikheid

Hulle moenie in die hof verskyn nie hulle moet reguit tronk toe gaan.

marius

Dis die tipe drek wat die oorsaak is dat mense vermoor word vir hul besittings . Hulle is erger as die moordenaars self .

Kokerboom

Welgedaan. Dis net die puntjie van die ysberg landswyd

Mariana

Wel gedaan. Hoop hulle kry die straf wat hulle toekom. Maar hou nou ook nie asem op nie.