Pakistani betaal glo duisende vir valse paspoort, huweliksertifikaat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Senior beampte van die departement van binnelandse sake het Maandag in die hof verskyn nadat hy glo duisende rande betaal is om ʼn valse paspoort, identiteitsdokument en huweliksertifikaat aan ʼn Pakistani uit te reik.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Elisha Matsipa (43) het in die Pretoriase hof vir kommersiële misdade verskyn. Hy is in hegtenis geneem nadat hy glo die valse dokumente aan Wahdat Hussain (30), ʼn boorling van Pakistan, uitgereik het.

Hussain het Matsipa na bewering R23 000 vir die dokumente betaal.

Hussain wat twee weke gelede in hegtenis geneem is, was Maandag saam met sy medebeskuldigde in die hof. “Die saak in na 20 Julie uitgestel vir formele borgtogaansoek,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tonginniekies ·

Snuif! Snuif! Ek ruik ‘n muishond. Latynse naam is Xenofobis Africanis Vulgaris

Piet Pompies ·

Omtrent so 3 jaar gelede het daar ‘n groep Pakistaners ‘n haarsalon in die Laeveld oopgemaak (wil nie dorp se naam noem). Die koste vir ‘n man se hare sny is 60% goedkoper as enige ander plek in die dorp, geen afsprake nodig, die plek is tot 19h00 oop, selfs Sondae en vakansie dae. Hier kry jy waarde vir jou geld. My standpunt is, Pakistaners is bereid om groot bedrae geld te betaal om deel van SA se aarbeidsmag te kan word terwyl ‘n groot gedeelte van Suid Afrikaners dink hulle is geregtig op werk.

George ·

Kan hulle maar nie die regte kanale volg nie. Bedrog en omkopery laat ‘n wrang smaak. Die vraag onstaan nou, wat is volgende ??? ‘n Reg maak nie ‘n verkeerd reg nie. In mooi afrikaans die doel heilig nie die middel nie.

Leon ·

Dis omdat hulle seker nie belasting betaal nie. Jy kan seker net kontant betaal. Ook baie sulke buitelanders gebruik sulke ondernemings vir geld wassery, en het ‘n dwelm of mense smokkelary in die geheim, met sulke besighede in die voorgrond. Dan dink ons dis goedkoop om hulle te ondersteun, en bevraagteken niks. Ons dink nie aan die skade wat hulle berokken aan ander besighede wat nie hulle besighede met onwettigheid subsidieer nie, en ons soek net altyd ‘n bargain. Ten koste van wat. Gaan werk maar self uit waarheen dit wat ek hier se lei. Of laat ek help: goeie mense se besighede maak toe en hulle trek na ander plekke. Kort voor lank wonder jy hoekom daar nog ‘n slum (Hillbrow) is, en nou wil jy ook trek. En ons het nie gedink ons het ‘n bydrae tot die gemors waarin ons sit nie. Ja ondersteun lekker die Sjinese en hul substandaard lae kwaliteit, en so doende dryf ons meer en meer ons eie mense uit besigheid uit, en hulle lag vir ons onnoselheid. Dis tyd dat ons ten alle koste ons eie mense moet ondersteun, en selfs so ver gaan om net ons eie volk te ondersteun, ipv om ons self te verarm dmv bargain hunting!

Thea Gerber ·

Jy is so reg, verder bly hierdie mense binne-in hulle besighede. Daarom is hulle altyd oop, hulle winkel is hulle huis. Hulle bad op die sypaadjie, kook en kuier ook sommer daar. So hulle het ook sommer geen verblyfkoste ook nie. Hier naby ons is ‘n winkel waarin sestien mense woon. Hulle skep ook glad nie werk nie, want hulle eie mense word gebruik om te werk. Hier het al twee besighede afgebrand agv die blyery in die winkels en kook op gasplate. Was daar nie jare terug ‘n wet wat jou verbied het om so-iets te doen nir?

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek wil my nie laat vertel dat dit die enigste buitelander is wat omkoopgeld vir SA burgerskap betaal het nie.

George ·

Ek stem saam. Dit is maar net die seekoei se ore wat uitsteek. Ons staatsdiens is nie in ‘n goeie toestand nie.

Ampie ·

Ja, dis natuurlik nie ‘n geisoleerde voorval nie. Die korrupsie word seker daagliks gepleeg, geoordeel aan al die Pakistanis en Bangladeshis in die land. So maand terug het ‘n ouerige klaarblyklike Pakistani sy geboorte sertifikaat voor my by Binnelandse Sake afgehaal. Hy het eenvoudig gesê sy geboorte is nooit geregistreer nie. Die amptenare moes hom ‘n sertifikaat gee. Dis blykbaar beleid. Hy kon nie eers Engels praat nie maar siedaar: nou is hy ‘n SA burger

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.