Pakistani’s vas oor lughawe-ontvoerings

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat glo drie Bangladesjers van die OR Tambo Internasionale Lughawe ontvoer het, is in hegtenis geneem.

“Die twee mans, van Pakistan, is Vrydag in hegtenis geneem danksy ʼn gesamentlike poging deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die metropolisie,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, Saterdag gesê. “Die polisie het inligting ontvang dat die twee verdagtes reeds loskoopgeld ter waarde van R150 000 ontvang het en ʼn verdere R20 000 by die MacDonalds in Xavierstraat in Ormonde sou ontvang.”

Die twee mans het na hul inhegtenisneming die polisie na ʼn huis in Robertsham geneem waar die drie ontvoerde mans gevind is. Een van die mans is op 29 Januarie ontvoer en die ander twee mans is verlede Sondag ontvoer.

“Die twee verdagtes word by die selle by OR Tambo-lughawe aangehou en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van ontvoering,” het Minnaar bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Die regering se besluit om ons land se grense oop te stel vir almal, gaan ons eie mense in die rug byt. Hier is baie snaakse mense in hul duisende hier wat geen rede het om hier te wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.