Pakke kontant in voertuig by padblokkade gevind

Twee jong mans sal vandeesweek in die hof verskyn nadat ʼn reusehoeveelheid kontant by ʼn padblokkade op die N1 in hul besit gevind is.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, het gesê ʼn padblokkade is Vrydag by die Colesberg-weegbrug op die N1 gehou. Die padblokkade is gehou as deel van ʼn gesamentlike operasie deur die SAPD, die verkeersdepartement en die provinsiale departement van binnelandse sake in ʼn poging om misdade soos die besit van onwettige vuurwapens en gesteelde voertuie en die vervoer van onwettige of gesteelde goedere te bekamp.

Tawana het gesê ʼn wit VW Golf wat in die rigting van Pretoria op pad was is deur die beamptes voorgekeer. “Die voertuig is deursoek en bagasie wat vol pakke kontant gepak was is in die kattebak gevind. Twee mans, onderskeidelik 18 en 21 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van geldwassery,” het Tawana gesê.

Hy het gesê die bedrag kontant waarop daar beslag gelê is, kan nie bekendgemaak word nie omdat dit moontlik die ondersoek kan belemmer.

Die mans het reeds Vrydag vlugtig in die Colesberg-landdroshof verskyn en sal hierdie Vrydag weer in die hof verskyn wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Lt.genl. Peter Shivuri, Noord-Kaapse polisiekommissaris, het polisiebeamptes gelukgewens met die inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann ·

Oppad SAL toe om DUDU te gaan red…OF twee studente wat n gelukkie getref het met hulle studente uitbetaling?

Blahblah ·

Het nou nie n graad nodig om te weet waar daai geld gaan beland nie… Eish dankie vir my christmas baba

botterblommetjie ·

Nogal gehoor daarvan toe ons vrydag op Colesberg gestop het, Twee blanke outjies wat nie geld kon verklaar nie. (dit is nou wat ek gehoor het, maar staan onder korreksie aangesien hoorsê is…..

Leahim ·

Ek het nie geweet dit is n misdaad om baie geld in kontant te hê nie?

Karma ·

@Leahim, ek wil mos nou daardieselfde vraag gevra het – “since when” is dit ‘n misdaad om baie kontant by jou te hê? Dit is wel ‘n yslike risiko ……..

Jaco ·

Dis wat ek ook gedink het, dis nie asof colesberg n grenspos is wat lei na die buiteland nie? Hoekom mag jy nie baie kontant aan jou he nie? Ons geld is so min werd, mens het amper n tas vol nodig om mee te gaan vakansie hou! :-)

Alida ·

Dit is nie ‘n misdaad om kontantgeld by jou te hê nie maar ‘n hele tas vol sal seer sekerlik agterdog wek gesien in die lig van al die transitorowe. Mens het meer as een breinsel nodig om dit uit te figure. Wie met gesonde verstand ry deesdae met ‘n tas vol (dit lyk na miljoene) in jou katterbak rond sonder om agterdog te wek? Natuurlik moet hulle verklaar waar die geld vandaan kom en waarheen dit oppad is. Lotto en/of erfgeld word tog injou rekening inbetaal. Kom by.

Karma ·

@Alida, nee daai is darem nie ‘etlike miljoene’ nie, maar miskien so ‘n paar honderd-duisend rand. Veral as jy sien dat die geldwaarde note net R200.00 en R100.00 note is.

De Wet ·

Was seker oppad om n stukkie karoo lam te gaan koop vir braaidag..

Boet Fasie ·

Geweet die polisie gaan agterdogtig raak as blanke mans in die nuwe SA met so baie geld in hulle motor ry. Wonder of hulle borg gaan kry.

marous ·

Die bedrag kan die ondersoek belemmer? Seker slegs as namba wan dit hard op moet lees…

Alida ·

Marous, numba wan sal nie kan sê hoeveel dit is nie want tussen hom en die Guptas gaan dit soos mis voor die son verdwyn glo my. Dit was 10/1 oppad na hom toe, maar aan die ander kant steur hy hom nie aan “petty cash” nie. Ek dink die geld is lankal verdeel tussen die geregsdienaars want mens hoor NOOIT wat word daarvan of waar en wanneer die dwelms vernietig word nie.

John Samuel ·

Wit *Golf* mense, nie wit ‘mans’ wat gearresteer was nie. In elkgeval – hoe weet jy wanneer blankes by misdaad betrokke was?
Die media noem dit pertinent….

Alida ·

Karma, of dit miljoene of duisende was is irrelevant. Dit punt is jy ry nie met ‘n tas vol geld rond in SA nie !!!!Trouens nerens in die wereld nie. Dit SAL agterdog wek. Wat die kleur van die bestuurder van die Golf is nog minder belanglik. Waar kom die geld vandaan en waarheen was dit oppad. Dit is wat relevant is.

poot ·

As ek nou bv. met R60 000 kontant aan my af Kaap toe ry om vakansie te gaan hou en ek word afgetrek. Is ek verdag en word gearresteer? Op grond van wat. Watter Wet spreek aan hoeveel kontant ek in my besit mag hê?
Ek vra maar net…..

SjN ·

Daar is nie n beperking op die bedrag nie, solank dit wettig verklaar kan word en die staat sy regmatige deel ontvang het wat belasting aan betref is alles in orde, dit sal net dom wees om dit so te doen met die moderne tegnologie tot ons beskikking en die ongewenste elemente teenwoordig in die land.

dom ·

Onbekende bedrag. Ja. Daar gaan natuurlik tenminste 100000 verdwyn. Huĺle moet kan bewys dit is op n illegal manier gekry. Ek kannie sien dat hulle enigsins gearredteer kan word net vir n tas vol geld nie. As hulle nie kan bewys dis gesteel nie moet hulle die mense vrylaat. Dis te se as daar nog oor is…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.