Pakkie met ‘verdagte wit poeier’ by polisiestasie afgelewer

 Foto: @ILuvDBN op Twitter.


Foto: @ILuvDBN op Twitter.

Die polisie in KwaZulu-Natal stel ondersoek in nadat ‘n pakkie met ‘n “verdagte wit poeierstof” Woensdag by die Umbilo-polisiestasie afgelewer is.

“Ons kan bevestig dat die Umbilo-polisie ‘n pakkie met ‘n poeieragtige stof in ontvang het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Zwane sê die pakkie is vir forensiese toetse gestuur om te bepaal wat die inhoud is.

Hy sê die polisiestasie is afgesper nadat die pakkie afgelewer is.

Eyewitness News berig intussen dat die moontlikheid ondersoek word dat die poeier dalk antraks is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Thulani Zwane julle is darem n lot bang gatte …. gie gie laat weet ons wat dit was, baba poeier?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.