Pakkie-monopolie vir Poskantoor ‘rampspoedig’

Die Poskantoor wil alleenreg op die aflewering van pakkies minder as 1 kg hê. (Argieffoto)

Indien die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) in sy voortslepende hofgeding slaag om ’n monopolie op die aflewering van pakkies wat minder as een kilogram weeg te bekom, sal die uitwerking daarvan op private koeriers en e-handelondernemings rampspoedig wees.

Só sê Peter Harvey, besturende direkteur van die betalingsdiensverskaffer DPO Suid-Afrika, wat ondernemings soos Takealot en Mr. Delivery bedien.

Sapo het in 2018 gesê dat die private koeriermaatskappy PostNet strydig optree met die Poswet wat bepaal dat die poskantoor die alleenreg het op die aflewering van pakkies van 1 kg of minder. Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) se klagte- en nakomingskomitee het bevind dat PostNet inderdaad dié wet oortree en sy aflewering van pakkies onder 1 kg teen Maart verlede jaar moet staak.

PostNet en die Suid-Afrikaanse Spoedposvereniging (SAEOA) het in die hooggeregshof teen dié uitspraak geappelleer. Die saak sal na verwagting eers volgende jaar aangehoor word.

“Daar is ’n goeie argument vir ’n sterk, goed gefinansierde en doeltreffende poskantoor. Die private sektor moet egter toegelaat word om die gaping in die afwesigheid daarvan te vul,” sê Harvey.

Maroela Media het vroeër berig dat die poskantoor wéér op die rand van ineenstorting was en deur bankrotskap in die gesig gestaar is ondanks die R8 miljard se reddingsboeie wat hy sedert 2014 ontvang het. Die poskantoor is ook oor die afgelope jare gereeld onder skoot weens vertragings met aflewerings of posstukke wat nooit hul bestemming bereik nie.

“Gegewe die operasionele probleme wat die poskantoor ondervind, sal beperkings op private koeriers ’n baie negatiewe uitwerking op die plaaslike logistieke sowel as e-handelsektor hê,” sê Harvey.

“Ons werk saam met duisende e-handelmaatskappye, waarvan baie kleinsakeondernemings is, wat tydens die Covid-19-inperking op die been gebring is. Dié ondernemings ding reeds mee met groter en selfs internasionale maatskappye en maak staat op hul koeriervennote vir vinnige, betroubare aflewerings.”

Harvey sê voorts dat sodanige beperkings werkloosheid negatief sal beïnvloed en dat die regering eerder hard daaraan moet werk om die poskantoor te verbeter en hulle toelaat om met die private sektor mee te ding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Gerhardus ·

Geen probleem. Maak net seker jou pakkie weeg nét meer as 1 kg Ek betaal eerder ‘n rand-of-twee meer met die wete dat die pakkie wél spoedig by die ontvanger sal uitkom. Die poskantoor kan dit nie waarborg nie.

Drikus ·

Praat van irrasioneel, die een vat die “cherry” op die koek. Poskantoor kan nie sy huur betaal nie weens wanbesteding, en nou wil dit opmaak vir die swak gedrag deur kompetisie uit te sluit.
Poskantoor kan sy pad terugveg in die mark, deur goeie dienslewering en billike pryse. Almal het die poskantoor gebruik 20 jaar gelede, dit was die goedkoopste, en geregistreerde prioriteit pos het vinnig by sy bestemming uitgekom.

Vandag is daar soveel poskantore gesluit weens die on-betaalde huur, dat geen belangrike posstuk met die poskantoor gestuur kan word nie.

chrismar ·

Ek het iewers gelees of oor radio gehoor dat die Poskantoor besig is om hul afleweringsgedeelte aan Amazon te verkoop om hul uit die moeilikheid te kry.As dit so is maak dit sin en glo ek dit is druk wat Amazon op hulle plaas om die grootste moontlike markaandeel te kry.

Nie Verbaas ·

En Wish is treurig. Het my goed n jaar en n half na bestelling ontvang.

Anya ·

Daar is bitter min instansies wat enige behoorlike diens lewer in ons land oor.
Die poskantoor is nie een van die min nie.
Daar is net geen einde aan absoluut absurde vootstelle in SA nie…
Wat het geword van ons eens mooie land ????

Elize ·

onaanvaarbaar, ek wil nie die poskantoor gebruik nie. Verander die Poswet en vat die alleenreg weg asb.

Fedup ·

Your joking right?
As if the idea of using wish ain’t horrendous enough.
The circus like breaking things, I see.

Frank ·

Mense, julle het nog nie Potties se poskantoor gesien nie. Wat eens ‘n pragtige plek in ‘n vooruistrewende dorp was. nee, jy WIL nie daarheen gaan nie. Ek sit liewer ‘n baksteen in ek gebruik Postnet.
Maar nou hou USPS van Amerika lyk my aan om my goed poskantoor langs na my Postnet adres te stuur. Dink Doeane is ‘n onderafdeling van SAPO….. of iets

Nie Verbaas ·

Het die poskantoor die wil en bevoegdheid om met die private sektor te kompeteer?

Jakes ·

Dit sal net nog n fiasko meebring. Hulle is totaal onbevoeg om so n diens te lewer.

Keith ·

Have not used a post office for anything for many years, after having lost parcels sent to people.
They simply don’t arrive. Last time i used Speed Services, a parcel worth R1100 was “stolen” by their contractor. and i tried claiming , fruitless. End of story. This is the same type of behaviour which takes place at Airports handled by ACSA , where their staff scan your luggage and remove anything valuable. You only find out on the other side. Try claiming. Fruitless. Theft and corruption at every SOE.

Sarel ·

1
Poskantoor kan nie diens verskaf nie skade sedert laaste staking steeds veroorsaak dat vervoer dn afkeweringsdiens nie na wense funksioneer nie.
2. Postnet sal sy fidns moet uitbrei of aflewering vsn pakkies te doen. Tans word klient grskakel en moet srlf pakkie /;posstuk gaan afhaal. Ek gebruik eerder Koerierdiens tefn selfde koste. Postnet vra net buitensporige tariewe onrede hulle tans die monopolie besit .

Stof ·

Sou dit impliseer dat ek nie meer self ‘n bos blomme vir my vrou mag aflewer as dit te lig is nie, maar haar PK toe moet stuur om te gaan haal.
Voorwaar ‘n nuwe era vir huwelike.

jzjz05 ·

Ook een van die ou SA staats onderneeming wat gesond was wat deur swak bestuur en onbevoegtheid nou met belasting geld aan te gang moet gehou word,Dit is die nuwe suid Afrika.

Sandra ·

Ek sien al lankal die poskantoor se probleem. Al is daar goed soos reels, is die poskantoor te anaal wanneer dit kom by reels wat regtig nie nodig is nie. Hulle is baie drakonies en oudmodies in hulle benaderings. En hulle beweeg nie soos ander pos instansies in the 21ste eeu in nie, tenspyte van die feit dat hulle ook al reddingsbuoys van die regering gekry het wat hulle kon gebruik het vir juis dit. Hulle kon die geld gebruik het om van hulle dienste elektronies aan te bied, ens. Ek kon nog nie by een poskantoor hier in Port Elizabeth sien dat daar enige verbeterings aand stelsels, dienste of die netheid en lokale van die poskantoor betref nie. Hulle sal nooit die onder ‘n kg pakkies doeltreffend kan hanteer nie. Ek stem saam met onderstaande kommentare, sit dan net iets swaarders in en stuur dit saam met Postnet. Hulle is goedkoper in elk geval.

Martie Smartie ·

Poswet is duidelik ongrondwetlik en nadelig vir mededinging, dus meer as een wet word deur die Poskantoor oortree, ne

msp ·

Geen mens vertrou die staatsdien meet nie omdat hulle te stadig is, te veel korrupsie, goed wat wegraak en so kan jy aangaan. Stuur ń selfoon deur die poskantoor en as dit nie in die proses verdwyn nie vat dit maande lank om by jou uit te kom.

Magda G ·

Die poskantoor kan nie eers hul takke suksesvol beman en beheer nie. Vele takke die afgelope tyd gesluit. Hoe gaan gemaak word met die aflewering vd pakkies? Die voorstel kom seker weer v n persoon wat net kan sit

Henry ·

Sien ek nou weer n besigheids geleentheid vir een of twee van die private besighede. Maak die boksie, pakkie, koevertjie van materiaal wat 1 kg weeg en siedaar.

SjN ·

Kan hul nie besef dat hul nie opgewase is om die job te kan doen nie en met Alles howe toe hardloop.

JohanCzu ·

Pakkies met die poskantoor is jare al nie meer ‘n opsie nie. Die inhoud (of pakkie) verdwyn eenvoudig en hulle “versekering” betaal nie uit nie.

Cherokee ·

Ek hoop as ek ‘n kilogram botter gaan koop mag ek dit self huistoe neem.

Pieter J ·

ń Vriend se dogter het vir hom ń pakkie uit Amerika gestuur. Volgens die “tracking ” het dit op 1 Maart in Johannesburg aangekom. Die pakkie is egter eers vandag 11 Mei in Kaapstad ontvang. Boonop moes hy meer as R800 aksynsbelasting betaal op iets wat net minder ń duisend rand werd is. Net in Afrika waar dinge so werk.

Pappa Beer ·

Dis maar net nog n “nuwe koek” wat hulle kan verslint deur korrupsie, geld verduistering en diefstal. Nuwe teiken vir die vet vrate om hulle eie beursies vol te stop. Koeriers is betroubaar, vinnig en sal verantwoording doen vir pakkies wat wegraak of beskadig raak. Die poskantoor kan nie enige van dit se nie. As n pakkie wegraak en jy doen navraag sal jy sien hoe hulle verduidelik dat “pos kan toor”. Toor jou pos vinnig vinnig weg, asof dit nooit bestaan het nie.

Ettienne ·

Is dit hoegenaamd dan moontlik dat swak, onbetroubare diens, selfs geen, diens deur ‘n wet beskerm kan word?

AmY ·

Ek het verlede jaar ses maande gewag vir ‘n pakkie van Pretoria na Kemptonpark. Ek moet seker dankbaar wees dat ek dit darem ontvang het.

Elize ·

Geen posstuk is veilig as dit deur die poskantoor moet gaan nie. Moet nie eers praat van die ongeskikte wesens wat daar werk nie. Het geen respek vir ander of vir hulself nie

Nico ·

Hoe gaan die poskantoor motor lisensies verkoop as hul dienste so verswak het, was by die poskantoor om ‘n motor lisensie te hetnu, hulle was “offline” soos gewoonlik.

john ·

Ek is in die juweliers bedryf en maak gereeld van koeriers gebruik. 1kg juweliersware gaan maar sukkel. Dis belaglik om in n sogenaamde vrye ekonomie alleenregte te beskik wat het geword van goeie kompetisie. Daar is n reede hoekom ek nie vd poskantoor gebruik maak nie. As die poskantoor nie kan kompeteer nie beteken dit hulle word nie reg bestuur nie en behoort nie daar nie

Anoniem ·

Wat wil die Poskantoor hiermee bereik???? Hulle kan dan nie eens briewe sorteer en aflewer nie?????

SjN ·

Hul kan seker nie verder lees op n skaal nie en dus beperk tot 1 kg

Jack ·

As iets goed werk sal die anc dit kelder. Vreemde organisasie die een wat nie een plus een bymekaar kan tel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.