Pakkies by poskantoor gesteel

Argieffoto

Die Port Elizabeth-polisie in die Oos-Kaap het sakeondernemings gewaarsku om alle waardevolle besittings, waaronder sleutels tot kluise, toe te sluit voor hulle vir die dag of naweek sluit.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die waarskuwing volg nadat daar oor die naweek by die poskantoor in Walmer ingebreek is.

“ʼn Personeellid het vanoggend om 06:30 by die poskantoor aangekom en gesien die slot aan die hoofhek is gebreek. By nadere ondersoek het die werker gesien die hoofdeur is met ʼn koevoet oopgebreek,” het Naidu gesê.

Die inbrekers het by verskeie kantore ingebreek en die kluise in drie kantore was oop.

“ʼn Bedrag kleinkasgeld is gesteel en ʼn onbekende hoeveelheid pakkies is ook in die hoofkantoor gebuit.”

Naidu het gewaarsku dat kluise se sleutels nooit in lessenaars se laaie gebêre moet word nie en ten alle tye gesluit moet wees.

“Ondernemings moet ook seker maak hul alarmstelsel is in ʼn werkende toestand,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van inbraak by ʼn sakeonderneming. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hendrik ·

4 weke gelede betaal ek byna $80 om drie bladsye na SA te stuur. Dit sou volgens die VSA poskantoor so 7 dae neem om in SA aan te kom. Nou ja, nog steeds is die dokumente weg en my $80 seker ook. Gelukkig kon ek dit per geleentheid saam met iemand stuur. SA poskantoor lyk my bly maar ‘n patetiese klomp.

Yankee ·

Ja wat. 70% van pakkies wat ons die afgelope 25 jaar vanuit Amerika gestuur het, het wel daar aangekom en daar verdwyn.

Karolis ·

Kol. Naido maak nou in haar uitsprake van die slagoffers die skuldiges.
Nieteenstaande dat inbraak en roof deesdae ‘n nasionale sport is, wie gee hulle die reg om by ons plekke in te breek. Dit is waar jou ondersoek moet begin.

Andre ·

My geregistreede pakkie (dokumentasie van Nederland) einde laas jaar kon ek aanlyn “track” van Nederland totdat dit in SA aankom by SAPO. Geen tyding van SAPO. In hoop het ek weke later gaan vra by Menlyn Retail poskantoor met my Nederlandse bewys strokie. Die persoon het agter toe gegaan en tot my verbasing na ‘n ruk met die pakkie uitgekom. Kan jy glo, en toe moes ek ‘n verdere R42 betaal vir doeane vir drie bladsye. Iemand moet seker help betaal vir al die verniet dinge wat mense toekom. Praat nie eers van die blou lig brigades en duur motors nie.

Luister ·

O, die Polisie het nou agtergekom daar is skelms in die land!

Hennie ·

Dis duidelik dat die klomp Pousuies nie hou van kompetisie nie! En dan, wie de hel maak nog gebruik van die useless poskantoor! A nee a, daar is beter kanale!

Stem-in-die-woestyn ·

Die SAPO se swak diens die afgelope jare is welbekend, maar dit is vir my nuus dat hulle nou ook die oorsaak is van inbrake en diefstal. Laat logika wen en moenie kwessies so deurmekaar klits nie.

Alida ·

Snaaks genoeg het ek nog altyd goeie diens by die Poskantoor gekry. Bietjie stadig maar gekry wat ek wou gehad het. Ons is so gewoond om te kla dat ons nou sommer al die instansies blameer. Daar is soms uitsonderings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.