Pakslae tuis nou onwettig

Argieffoto

Die African Christian Democratic Party (ACDP) het gesê dié party sal ʼn appèl steun teen ʼn hofuitspraak vandeesweek waarin beveel is dat “redelike tugtiging” nie meer ʼn aanvaarbare verweer is teen ʼn aanklag van aanranding nie.

Mail and Guardian berig regter Raylene Keightley het Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg bevind “die gemenereg-verdediging van redelike tugtiging is ongrondwetlik en is nie meer van toepassing in ons wetgewing nie”.

Lyfstraf is al voorheen as onwettig verklaar in skole, maar daar is nog nie voorheen ʼn regsuitspraak gelewer oor volwassenes wat binne ʼn gesin kinders ʼn pak slae gee nie. Keightley het egter bevind lyfstraf is nie net onwettig in private huishoudings nie, maar kan ook nie op grond van geloofsoortuiging geregverdig word nie.

Times Live berig die uitspraak is gelewer in ʼn saak teen ʼn Moslem-pa wat sy seun tuis geslaan het omdat hy na bewering na pornografie gekyk het. Die man is skuldig bevind op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy het appèl aangeteken teen die skuldigbevinding en die kwessie van “redelike tugtiging” van ʼn kind by die huis het tydens die appèl onder die vergrootglas gekom.

Die hof het onder meer in sy uitspraak beklemtoon dat die beskerming van kinders veral belangrik is inaggenome die hoë vlak van geweld en mishandeling van kinders in die samelewing.

Cheryllyn Dudley, ACDP-LP, het in reaksie op die uitspraak gesê die party stem nie saam met Keightley se uitspraak nie aangesien dit die rol van die parlement, wat daarvoor verantwoordelik is om wette te maak en te wysig, oorneem.

“Die parlement, wat die verteenwoordigers van die landsburgers is, het hierdie kwessie oor baie jare al deeglik ondersoek en bevind dit sal nie die gewenste uitwerking hê om redelike tugtiging af te skaf nie,” het sy gesê. “Die verdediging van redelike tugtiging het tot nou toe beteken die matige en redelike tugtiging van kinders deur hul ouers op die ouers se diskresie en vir baie is dit ʼn nie-onderhandelbare verantwoordelikheid.”

Sy het gesê hoewel Keightley in haar uitspraak beklemtoon het dat die doel nie is om ouers van ʼn misdaad aan te kla nie, maar eerder om hulle te lei om meer positiewe en effektiewe maniere te vind om hul kinders te dissiplineer, is die ACDP van mening dat die afskaffing van redelike tugtiging negatiewe gevolge sal inhou.

“Die afskaffing van redelike tugtiging sal die gesag van ouers ondermyn en hulle ontmagtig. Dit sal ook die aandag aflei en reeds beperkte hulpbronne verder inkort om die werklike probleem van aanranding en geweld teen kinders in Suid-Afrika te takel,” het Dudley gesê.

Sy het gesê die party glo ouers moet gerespekteer en ondersteun word in hul belangrike taak om hul kinders groot te maak. “Staats- of wetlike inmenging sonder rede in hierdie sake skend ʼn kind se reg tot liefdevolle dissipline en ouers se reg om hul gesinne te lei en keuses binne die konteks van hul oortuigings te doen.”

Sy het gesê die party sal enige appèl in hierdie verband wat in openbare belang gemaak word, ondersteun.

Freedom of Religion SA het gesê hy neem kennis van die hofuitspraak en sal binnekort ʼn mediaverklaring in die verband uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

265 Kommentare

Ander Annie ·

Dan moet die Staat maar my bloedjie vat en grootmaak en sommer alles betaal ook. Solank hy onder my dak is en ek vir hom sorg, sal hy sy pak slae kry op sy tyd. Behoede hom as hy my gaan aankla. Ek sal self sy tassies pak en him by die naaste polisie stasie gaan slaai. Dit is absoluut belaglik. Pleks dat die Staat plaasmoorde, misdaad en korrupsie aanspreek.

Alten ·

En dit is hoekom mense die noodsaaklikheid voel om dit onwettig te maak: om hierdie tipe vreesaanjaging te verhoed. Dit is bekommerniswaardig dat mense só op hierdie nuus reageer, liewer as om konstruktief ‘n intellektuele debat te voer.

Minnie143 ·

Wat het geword van tugtig die wat jy lief het.
Gee n kind n pakslae op sy tyd. Nie slaan hom blou of dood nie.
Ekt pakslae gekry as kind.. En het heel normaal uitgedraai.
Kinders van vandag het reeds geen respek vir die samelewing nie.. Breek en steel en jy kom niks oor….. Nou gaan daar nog meer sleg gebeur. Want geen straf kan toegepas word nie.
Mense moet hou by n pakslae en dit nie te ver vat en aanrand nie. Dis totaal verkeerd. Gee n kind n pakslae as hy dit verdien. Nie omdat jy as groot mens n probleem het nie.

Frances ·

‘n Pak op sy tyd is ‘n goeie ding. Ek praat nie van kind amper doodslaan nie. Al word dit onwettig sal my kind nogsteeds ‘n pak kry. Ek gaan nie my kind vir die verderf grootmaak nie. Vandag sê ouers slaan nie sommer aan hulle kinders nie en dit kan gesien word. Geen respek vir grootmense nie, kinders verkrag kinders, kinders vermoor ouers, hulle steel, graad 4 en swanger. Ons as ouers gaan moet verantwoording doen vir ons kinders. Maak die sterre warm dat die was in die ore kan smelt.

Denise ·

Solank my kinders by my bly sal hul n pakslae op sy tyd kry. My wet staan in die Bybel. Buig die boompie teteyl hy jonk is. Geen mens gan my daaroor voorskryf nie. Jy maak hul nie groot gee hul nie kos en vervoer en als anders nie!!! Ek doen dit. Jul kan nie moordenaars en verkragters agter tralies hou nie waar presies gaan jul der duisende ouers toesluit?? Ek is met slae grootgemaak en beter mens daarvoor. Nee wat ek sal aan God verduidelik dankie.

Johann ·

Dis juis deel van die ANC Terroris organisasie se staat van totale anargie. Verwoes en verswak die samelewing se basiese reg tot eie beskikking oor goed soos bewapening en dissipline en orde en verandwoordbaarheid. ALS is aanvaarbaar en word aangehits. Ten koste van die voortbestaan van n gesonde gemeenskap…ter wille van n hepsugtigheid en onverandwoordbare onaantasbaarheid van die nuwe swart elite! Speekend van die gevolge van ouers wat JUIS NIE die huidige boosheids navolgers vasgevat het en geleer het oor respek en gevolge vir aksies nie!

Alten ·

Om die boompie te buig terwyl hy jonk is sê nie dat jy jou kind moet slaan nie. Dit sê jy moet jou kind vorm om ‘n goeie mens te wees terwyl hy/sy nog vormbaar is. Dit kan op verskeie ander maniere buiten fisiese tugtiging gedoen word

Alten ·

Sjoe @Johann die wêreld lyk darem woes as jy so daarna kyk. Klink so bietjie asof jy jou 1960’s brille moet afhaal en ‘n nuwe paar moet aanskaf.

Okay. Die ANC is nie anarganisties nie. Dan sou hulle die idee van ‘n staat reeds afgeskaf het. Anargiste is teen die idee van ‘n regering. Die ANC IS die regering.

Reg so dit blyk asof u argumenteer dat die mens ‘n reg tot bewapening ook het? In SA is dit nie so nie en in die VSA spook hulle nou behoorlik om so gou as moontlik daarmee weg te doen weens stygende geweldsyfers.

Derdens, lyfstraf word baie algemeen toegepas onder swart mense, so die kanse is dan ook baie goed dat die meerderheid van die regering lyfstraf gekry het.

Dan ook u argumenteer dat “…ALS aanvaarbaar ..” is, al het die Hof nou gesê dat iets nie aanvaarbaar is nie?

Vyfdens, moenie maak asof die “nuwe swart elite” die begin van korrupsie is nie. Daar was net soveel, indien nie meer, korrupsie onder die Apartheid regering. Blankes het dit net nie gevoel nie omdat daar slegs goeie dienste aan 10% van die bevolking verskaf is.

Sesdens, leer lyfstraf regtig respek? Of boesem dit net vrees in?

Ashley ·

Onthou tog antie, eendag is jy dalk onder sy dak. So moet asb hom nie gaan weggee nie!!

Thinus ·

Mense besef dit nie maar dit is presies die idee. Die staat soek beheer oor jou kinders, oor wat hulle dink, oor wat hulle doen en die onwettig verklaring van lyfstraf by die huis is maar net die begin.

Vraagteken ·

Alten weet jy ooit waarvan jy praat, het jy ooit kinders en is hulle suksesvol? Dis maklik om woorde te tik en om ander te laat verstaan dit gaan 100% en niks gaan verkeerd by jou huishouding sonder dat jou kinders ooit getugtig was nie. Was jy ooit in die weermag en ongelukkig (seker gelukkig vir jou) dat jou kinders ook nooit die voorreg he om diensplig te doen nie. Meeste van die tyd is “harde” dissepline die regte medisyne

Awie Opperman ·

Baie dankie vir jou skrywe Ander Annie. Ek sien wel dat hier ‘n persoon is wat met allerlei slimmighede probeer om mense se mislei en wat die van ons wat pro lyfstraf is wil laat twyfel en/of laat slegvoel. Alten, jou agenda steek uit, jy kan nou maar ophou. Interessant dat die duiwel op presies dieselfde manier werk, hy vat ‘n waarheid en sit so klein bietjie by of laat so klein bietjie weg om die boodskap heeltemal te verdraai. Jy kan nou maar wyk.

Gus ·

Buig die boompie terwyl hy nog jonk is!!! So is ge skrewe!!!!!!!!!!

Pieter ·

Awie,
Jy is in die kol. Die Alten wat so baie te preek het, het heel waarskynlik nie kinders nie of maak sy kinders “sielkundig” groot. Ek het self oa ‘n graad in sielkunde en die “sielkundig” grootmaak was nog altyd die grootste misvatting want wat dit werklik beteken is om te weet wat elke kind nodig het. My seun het sy pakslae elke keer verdien en my dogter het net een pakslae in haar lewe gekry en sy weet nou nog hoekom en erken dit was baie nodig want sy het die grense getoets. Ons is steeds baie geheg aan mekaar met baie groot respek vir mekaar en albei is goed opgevoede, standvastige en suksesvolle volwassenes. My seun vertel so rukkie terug vir my dat hy baie dankbaar is vir elke pakslae en die ernstige preek wat daarmee saamgegaan het want hy weet nou presies wat hy in die lewe wil he en van ander mense verwag.
Alten,
Haal jou liberale bril af en kyk die wereld vierkantig in die oe net om jou pad na herstel te begin.

Alten ·

@Awie
Dit is nie regtig my agenda wat uitsteek nie. Dit is my standpunt. En waar vat ek ‘n bietjie waarheid weg? Ek is feitlik al wie my mening met feite staaf. Is ek dan nie juis die enigste een wat die volle waarheid opsit nie?
Ook, teenstrydig met wat mense op hierdie blad mag glo, het ek ook gevoelens. As ‘n toegewyde Christen maak dit my bitter seer dat u my met die duiwel vergelyk net omdat ek nie u standpunt deel nie.

@Pieter
Ek kon geen definisie vir die “sielkundige” grootmaak van ‘n kind vind nie. Tog, die basiese beginsels agter lyfstraf en enige ander straf is dieselfde: ongewenste aksie lei tot ongewenste gevolg. Dalk kan u hierop uitbrei, maar, volgens my leke sielkundige kennis, is al verskil dan dat die alternatiewe maniere nie geweld bevat nie?

Apie ·

Niks werk beter as n pak slae nie!!! Ek is met n pak slae groot gemaak, en so my kinders. Ons is welopgevoede mense. Kyk hoe lyk ons jeug van vandag. Hierdie regter moes meer slae gekry het as kind!! Daar is geen plaasvervanger vir matige tugtiging nie.

Alten ·

Lig my asb in wat so verskriklik sleg aan die jeug van vandag is? Anders as die generasies voor ons het vandag se jeug nog geen oorloë begin nie. Elke generasie dink dat die generasie wat op hulle volg slegter en meer immoreel is as wat hulle ooit was.

Zulu ·

Ek stem 100% saam, waar is vandag se jeug besig om heen te gaan, ons kinders is soos hul is omdat daar geen dissipline meer mag toegepas word nie! Dit is belaglik, so hul kan nou doen wat hul wil en weet daar gaan niks met hul gebeur nie, n goeie pakslae op sy tyd, is soos medisyne vir n verkoue!!

Alten ·

@Drugs
As ons na voorbeelde van die verlede kyk:
In die 1920’s was alkohol onwettig in Amerika (en ja lyfstraf was ook baie algemeen in daardie dae). Tog het miljoene mense gerebelleer en drank onwettig bekom. Dit is baie vergelykbaar met die optrede van die jeug vandag. Lyfstraf kon nie dit verhoed nie.

Ek is baie gekant teen enige vorm van dwelms, soveelso dat ek wil hê dat sigarette ook onwettig verklaar moet word, maar om te dink dat fisiese tugtiging die gebruik van dwelms gaan stopsit is verregaande. En om te sê dat hierdie die eerste generasie is wat dit gebruik is net verkeerd.

@Zulu
As ‘n pakslae die enigste manier is hoe u dissipline kan toepas, is dit ‘n probleem. Daar is verskeie ander maniere wat bewys is om meer effektief te wees. Hierdie studie: https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2719514/#__sec14title
gee ‘n paar voorstelle. Hoop ek kan u help om u kind beter en meer effektief te tug. :)

Onderwyser ·

@Alten, gaan spandeer n paar dae in n skool dan gesels ons weer oor vandag se jeug. Jy sal BAIE vinnig van deuntjie verander

Gerhard ·

Geen, maar GEEN!, regering of grondwet sal my keer om my kinders te tugtig volgens die Woord nie; veral nie hierdie kommunistiese & drakoniese regering nie!

Alten ·

In Romeine 13:1-7 staan daar dat Chrinstene hulle aan die staat/regering moet onderwerp. Die verse wat fisiese dissipline voorstaan kom uit die Ou Testament uit. Nuwe Testamentiese verse wat tugting aanspreek, soos Efesiërs 6:4 en Hebreërs 12:11, praat net oor die positiewe gevolge van dissipline onder kinders en skryf nie spesifiek fisiese dissipline as die vorm van tugting voor nie.

Alten ·

@Peter
U is 100% reg. Daar is geen spesifieke landswet oor lyfstraf nie. As u egter die uitspraak gelees het (dit is op webtuistes soos LexisNexis en Jutastat beskikbaar) sou u gesien het dat ouers wat skuldig is aan lyfstraf toepas onder aanranding aangekla word.

En daar is ‘n wet teen aanranding.

Ek wil dit graag ‘n regsdebat hou, maar dit voel asof Bybelverse al is wat met die meerderheid mense op hierdie blad gaan praat.

Daar is ander, meer effektiewe maniere, van goeie dissipline leer: https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2719514/#__sec14title

Alten ·

@Peter
Onder artikel 12 van die Grondwet het:
“Everyone has the right to freedom and security of the person, which includes the right –
(c) to be free of all forms of violence from either public or private sources. …”
Volgens die saak van S v Ngubeni sal die klag van aanranding binne die huishouding onder die Domestic Violence Act 116 van 1998 val.

Christen ·

Skilder die hele prentjie, Alten. Christene moet die owerheid gehoorsaam wees maar die owerheid moet eerstens aan die lewende God gehoorsaam wees en regeer volgens Bybelse norme. As jou redenasie tot die letter uitgevoer word beteken dit dat jy in ‘n verkiesing slegs vir die regerende party mag stem anders is jy nie onderworpe aan hulle nie. Jy moet Skrif met Skrif vergelyk en die hele prentjie insien…

Reinhardt Stander ·

En min mense wil erken dat ons regering se doelwit is om godsdiens, spesifiek die van Christene, te teiken. Godsdiensvryheid word al hoe meer ingeperk.

Fourie ·

Die parlement en justisie moet diffirensieer tussen redelike tugtiging en mishandeling. En kinders moet dit tuis en op skool sodanig geleer word. Ouers moet ook daarin opgevoed word. ‘n Verantwoordelike volwassene sal nooit aan ‘n kind slaan uit hy/sy eie woede nie. Stuur die kind kamer/badkamer toe en koel eers self af. Gaan praat dan redelik met die kind oor die oortreding en die gevolge daarvan en gee ‘n paar goeie rapse op die boude. Niks daarmee verkeerd nie. Dis is redelike tugtiging. Om ‘n kind uit woede ‘n klap of twee enige plek op die lyf te gee, of enigiets erger as dit is mishandeling.

Peter ·

@alten goedso maar. Die hof moet eers bewys dat lyfstraf wat as dissipliene in my eie huis toegepas word aanranding is. Artikel 12 stem ek saam. Maar jy kan nie vergeet dat wanneer n kind onder 18 is hy in sy ouers se sorg is nie. En dat hulle d oordeel het watse stappe hulle wil toedien om hulle kinders te dissiplineer.

As jy kyk na die gemors wat tand in d VSA aan d gang is met hulle jeug kan ek nie help om te wonder nie “ is dit oor d ou wereldse waardes weg geval het”

My punt was. Oom dat @Maroela Medis die kat aan d gat beet het om te se lyfstraf onwettig in my huis is. Daar was bloot n hof uitspraak. Wat dit moontlik kan maak dat dit moeilker vir ouers sal wees om lyfstraf toe te dien.

Ek glo in n pakslae. As jy nie doen nie good for you. Maar ekt vandag maniere oor my pa my in liefde geneuk het. En ekt dit nodig gehad. Eks dankbaar vir n pakslae!!

Alten ·

@Peter
Fisiese tugtiging is wettig in elke Amerikaanse staat. So m.a.w. fisiese tugtiging is deel van die “gemors” wat in die VSA ontstaan.

Johan ·

Indien die ACDP of die ouer hierteen appel aanteken sal ek en ek hoop vele ander ouers dit ook finansieël wil ondersteun.
Die redes hiervoor is eerstens, soos die ACDO tereg sê, dat die regter vanaf die bank die parlement wil oorheers en wette maak. Ons het mos ook pas die geval van die Openbare Beskermer gehad wat eweso die parlement se gesag om wette te maak wou oorneem.
Tweedens was die rede hoekom ‘n behoudende ouer met hoë morele waardes (ongeag of hy ‘n moslem- of ‘n christelike gelowige is) sy seun lyfstraf gegee omdat hy pornografie gekyk het. Die regter bevind dan seker by implikasie dat die kyk van pornografie en die vervoeilike gevolge daarvan op die psige van ‘n jongeling gelate aanvaar moet word met ‘n woordjie of wat.
Ek glo dat alleen die absolute standaarde van my ouers, die wete dat my agterent gaan brand as ek die standaarde oorboord gooi of minag en die genade van ons Vader my van vele dwaalweë as jongeling gered het

Alten ·

Die ACDP maak ‘n fout. Die regter skep nie nuwe wette nie. Sy het ‘n gemeenregtelike verweer ongrondwetlik verklaar. Die misdaad (aanranding) bestaan al vir jare. Om te sê dat sy ‘n nuwe wet, of ‘n nuwe oortreding, skep, is bloot onwaar.

genoeg is genoeg ·

Hoe kan die regter op sy eie besluit wat grondwetlik is en wat nie is nie, n raps is n raps en aan randing is aan randing, my kind kry sy slae , met derde waarskuwing, en daar sal eers gepraat word en gese waar fout was en hoe ons dit reg stel, en as dit my n slegte ouer maak, bespreek dan my plek ook in die selle

Alten ·

@genoegisgenoeg
Wel dit IS die werk van regters om oor die Grondwetlikheid van dade te besluit. Ek sou raai dis hoekom sy dit kan doen…

Spook ·

Lyfatraf is vir my laaste uitweg, ek huil saam my kinders as ek hulle pak gee, ek hou wragtig nie daarvan nie, en ek het my kind al pak gegee as n kleuter, maar hy het dit onthou en n beter mens en kind sal jy nie kry nie. Mense orals is loef vir hom, akedemies presteer hy, hy het respek, hy is lief vir mense en het glad nie vrees vir my nie, as daar fout is sal hy altyd my vertel daarvan, ek kan nie onthou wanneer laas ek moes pak gee nie, jare laas. Hy is wragtig oppad om n uitstekend mens te word. Ouers slaan te vinnig ja ek stem saam maar, n goeie pak het nie my of my kinders skade berokken nie. :)

Crystelle Ackermann ·

Daar is niks so goed soos ‘n goeie pakslae nie.

Ann ·

My kinders is nog klein, maar dit sal my nié keer om hulle ñ pakslae te gee as ék voel hulle verdien dit nie. Ek is as kind pakslae gegee, en alhoewel mens met ñ kindergemoed dink dis “mishandeling”, sal jy as grootmens besef dit was nodig, noodsaaklik en beslis leersaam.

Israel ·

die probleem in die land is dat sommige politici and regters hulle bo God verhewe , die wet van God gaan bo alles en die regter gaan binnekort kry wat sy verdien , niemand ontglip die engele van God nie , wag maar en kyk wat gebeur

Johan Smit ·

Ek sal hom pakgee soos dit in die Woord van God geskryf word Ek is so getugtig en sè vandag nog op 54 my ouers moes my meer getugtig het dan was ek sekerlik n baie beter persoon.

Stef ·

Hulle gaan meer tronke moet aanbou. Want hier gaan ouers en kinders tronk toe. Verkragting gaan meer word, diefstal gaan meer word en maniere gaan by agterdeur uit.

Alten ·

Jy het géén statistiek om hierdie stelling te rugsteun nie. Verwys asb na ander lande waar dit onwettig is om jou argument te versterk, want, sover ek weet, het SA, waar lyfstraf wettig was, die hoogste verkragtingsyfer in die wêreld?

voorlaaier ·

As boetie droogmaak sal hy pakslae kry!!….Ek maak my kind reg groot soos my ouers met my gedoen het…..Niemand sal my verbied om my kind te tug nie…..

Martie Visagie ·

Die wêreld is siek hier deur word niks oogelos nie inteendeel dit VERGROOT DIE PROBLEEM

Alten ·

Rugsteun asb u argument deur na statistiek of wetenskaplike studies te verwys. Almal op hierdie blad reageer emosioneel. Daar is al honderde studies oor die effek van lyfstraf op kinders gedoen en daar is, na my wete, nog nie een wat bevind het dat lyfstraf positief, en beter as ander metodes van tugtiging, is nie.

Israel ·

@ Alten , elke generasie die afgelope 60 jaar het al hoe minder en minder pakslae gekry , en geweldadige misdaad het met elke generasie vermeerder , so daar is jou rugsteun

Alten ·

Bron asseblief? En moenie sê daars net meer misdaad nie. Daar is ook meer mense nou, so daar moet proporsioneel daarna gekyk word.

Israel ·

gaan google dit , jy’s nie n onderwyseres in die skool nie

Israel ·

terloops ek maak more n stewige skenking aan die acdp , dis tyd dat sommige in die land besef dat christene die werklike meerderheid is

Alten ·

Maar alle Christene stem nie met u saam nie. Ek self is ‘n Christen en ek verskil totaal van u stelling.

Nicky ·

Askies Alten, maar het jy kinders? Jt het baie te se op almal se kommentaar…

Alten ·

Nee, ek het nie kinders nie, maar ek het ‘n groot rol gespeel in my boetie en sussie, wat baie jonger as ek is, se ontwikkeling. Verder het ek ook al klassies in minder bevoorregte gemeenskappe aangebied en moes op hierdie wyse ook al konflik tussen kinders en disrespek teenoor my oplos.

En ja, ek het baie om te sê (dit lyk egter ook meer want ek moet myself heeltyd herhaal). Ek is jammer as my mening, gerugsteun deur feite, vir iemand aanstoot veroorsaak. U is welkom om u eie sienings te hê. Ek wys bloot dat hierdie sienings nie met statistieke gestaaf kan word nie.

Johan ·

Baie dankie Alten, jy he so pas my punt gestaaf. Jy het nir (jou eie) kinders nie. So HOE wil jy mense met hul eie kinders probeer voorskryf? So jou manier van dissipline toepas is seker “Gaan staan in die stoute hoekie” Asseblief! Wat dink jy kry jy reg met sielkundige straf? Watse impak het dit op kinders? Dadelik dink hulle, ag ek gaan maar weer net ‘n rukkie in die hoekie staan om ma/pa te plesier. Sal nou weer aangaan met dit waarvoor ek in die hoekie moet gaan staan. Maar hulle ore oop met die plathand! Dis deur die eeue bewys dat dit werk. Snaaks, hoekom word nerens in die Bybel verwys na stoute hoekies of sielkundige “straf” nie? Alten, ek is oortuig dat jy een of ander sielkunde geswot het, en nou is jy oortuig dit gaan kinders soet grootkry. Sterkte! Ek het my kinders groot gekry met die pak slae wat hulle verdien het, en my kinders is suksesvolle volwassenes SONDER enige sielkundige letsels. So ek ook! SO moenie my probeer oortuig sielkundige straf is die inding nie.

Marts ·

My pa is oorlede toe ek nét twee jaar oud was en my ma het met n goeie pakslae en deur God se genade al ons kinders grootgemaak met goeie waardes, nie een van ons nege kinders het in die gutters beland nie. Dankie mamma. Ek is seker dat meer ouers van my ouderdom, 53, met my sal saamstem.

Grootterprentjie ·

Ek is van mening dat daar n’ grootter motief hier ter sprake is, en dit is om alles wat pro bybels is teen te staan, of dit nou sin maak of nie, gegrond is of nie. Hier gaan dit om n’ wettelose, rebelse imorele samelewing te kweek. Wat betref die saak, liefde en tugtiging gaan hand aan hand en dit werk beslis…kyk na my lol ek kon altyd helder dink oor my oortreding na my sitvlak gegloei het.

Alten ·

Dis dan ‘n Moslem-ouer wat skuldig bevind is? Hoe is dit alles wat Bybels is?

Israel ·

alten gaan lees jou bybel Proverbs 13:24 en dan gaan soek jy bietjie aandag elders

rafel ·

Dink hulle regtig dit gaan werklike kindermishandeling stopsit. Hoe dom.

Jakomien ·

Buig die boompie terwyl hy jonk is. N pakslae op die regte tyd is geen aanranding nie. Kyk net na die ander lande waar dit verban is. Die kinders maak en breek soos hulle wil. Pleeg moorde. Is Goddeloos. Nee wat. Pakslae sal my 2 kry. Eer jou vader en moeder. My huis, my reels.

Alten ·

En Romeine 13:1-7 sê dat Christene onderhewe aan die regering moet wees…

chantelle ·

alten. as die regering volgens die bybel leef ja dan sal ek. maar hulle doen nie. die bybel se ook moet nie aan n ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie. my boetie was n n baie stoute knapie. maar deer pakslae en my ouers is hy vandag n goeie mens. matriek gemaak en n vrou en kind asook n werk.die misdade wat deur die jeug gepleeg word is A.G.V ouers wat nie n dooie duit omgee oor hulle kinders ni. daar is geen discipline nie…

Leahim ·

My seuns kry slae as hulle ernstig oortree en hulle word groot met disipline en verantwoordelikheid.punt klaar

LENIE DU PLESSIS ·

Spreuke 22 Vers 15: “Onverstandigheid is eie aan ‘n jongmens, maar ‘n pak slae haal dit uit hom uit”
Spreuke 23 Vers 15: “Moenie huiwer om ‘n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe. Jy moet hom juis slaan om hom van die dood te red”

Of moet ek vir my kind laat doen wat hy wil?? ag so baie voorbeelde, gaan suip saam met maats, rook dagga, gebruik dwelms, wees ongeskik met jou huismense ens, ens. Jammer ontoelaatbaar, al ons ouers garde is met die belt of rottang grootgemaak en nie een is ooit doodgeslaan nie maar reggeslaan! Dit was nie aanranding nie. Die hof kan praat as dit werklik aanranding is. As ‘n kind se boude brand luister hy maar nie blou oe en gekneusde gesig nie daar trek ek self die streep. Dit word “aanranding genoem”

Ander Annie ·

Dankie Lenie du Plessis. So waar. ‘n Goeie pak slae op die regte tyd is net so goed soos botter op ‘n tuisgebakte sny brood. As die ore ornamente is, word die boude warm gemaak. As dit geweldadig is, mooi man, dan is ek nou maar geweldadig. Nou die burg en loop daaroor. Alten ek hoop jy lees die baie mooi. Dissipline in skole is chaoties en hoekom? Meeste van ons ken daai antwoord. Laat ek dit nou weer duidelik stel. My huis, my geld, my dissipline. Ek laai vir hom af met sy tassies by die naaste polisie kantoor. Daai sogenaamde slim Regter kan hom aanneem en groot maak.

Alten ·

Soos ek reeds gesê het (joh dit voel asof ek alles ‘n paar keer moet herhaal): ek is ‘n groot voorstaander van dissipline, ek is net gekant teen lyfstraf as die manier om dit toe te pas.

Vermeende ·

Slim mense maak gewoonlik die dwase besluite soos hierdie.
Tug speel n baie groot rol in opvoeding dit leer n kind dat daar grense en reels in die samelewng is waarvoor jy verantwoordbaar gehou word.
Wat is dit anders as onwettige aanhouding as jy jou kind sou hok.
Kyk na die samelewing vandag, kinders het nie meer respek of aanvaar gesag nie en dit kom alles terug na opvoeding en tug.

Ek glo soos my oorlede pa altyd gese het, as jy vra vir n pakslae dan sl ek hom graag vir jou gee, die frees vir daai belt van hom is die oorsaak dat ek tot vandag reels en wette respikteer en nog nooit in n sel was of n rekord het nie.
Hy moes my meer geslaan het dan was ek sekerlik n ryk man vandag.

Andrea ·

Ek stem. Pakslae, nie aanranding nie, maar pakslae wanneer dit nodig is, leer n kind dat sy optrede gevolg het. My kinders, pas uit hul tienerjare, het kleintyd pakgekry. Ek word nog altyd gekomplimenteer orals waar hul gaan met hul mooi maniere en ordentlike optrede. Dit sou beslis nie só gewees het as hul nooit pak gekry het nie.

Alten ·

Maar @Vermeende, dit wys mos juis dat lyfstraf nie regte respek leer nie! U het ‘n illusie van respek wat deur vrees ingeboesem is.

Ek stem saam dat ‘n gebrek aan respek agv ‘n gebrek aan tugtiging is, maar hierdie tugtiging moet in ander vorme geskied om respek, en nie vrees, in te burger.

Johann ·

En so breek die ANC en sy blatante anargiste als af wat deel uit maak van gesag, dissipline, gevolge vir jou aksies, gesins strukture, verandwoordelike ouerskap: KEUSE VAN ASSOSIASIE! TERRORISTE organisasie wat als en almal met n OK vir als en almal se gedrag koop om aan bewind te bly. So gaan die tronke vol verandwoordelikeouers wees terwyl moordenaars en verkragters en bose barbare se REGTE vooropgehou word? Sorry vir jou “regter”, maar jy sal my nie voorsê oor hoe ek my kinders grootmaak nie!

Alten ·

Aangesien die regering en die justisie totaal onafhanklik van mekaar is, het die ANC geen effek op hierdie uitspraak nie.

Tweedens, die ANC is nie anargiste nie. Anargiste glo dat daar geen regering moet wees nie. Na my wete veg die ANC bek en klou om juis die regering te bly?

Selfbeskikking ·

Ons waardes is onversoenbaar. Ons moet nou begin onderhandel vir selfbeskikking. Daar is geen ander uitweg, ons kan nie saam met die res van die land verder afgetrek word nie.

ECT ·

@Alten – jy is nou regtig wat die ou(er) mense sou sê; “Glads onnorig!” en die Engelse sou sê;” “incorrigible”.

Verduidelik dan tog, asseblief, mnr./mej. Kinderlose-Alten, hoe sou jy jou bloedjies ‘geweldloos’ gedissiplineer het? Weet jy ooit dat geweld nie noodwendig fisies te wees nie, maar dat verbale geweld nét so afbrekend kan wees? As mens heeldag op ‘n kind gil en allerlei dreigemente uiter, kan jy hom/haar vir sy/haar hele lewe skade aandoen.

Veronica ·

As die regering wil besluit hoe ek my kind moet dissiplineer, dan moet die regter maar v nou af hulle kos ,klere en skoolgeld ook betaal asb?

honourable member ·

Dis hoekom vandag se kinders so ongemanierd is. Niks soos n goeie pakslae nie. Sterkte vir julle met klein kindertjies wat soos loonatieks gaan grootword. Hulle weet baie mooi wat hulle regte is

Alten ·

Ekskuus tog, maar dit blyk asof u net so oningelig soos die res van die honourable members is. Lyfstraf was tot die uitspraak toe nog wettig. Dus was “vandag se kinders” aan lyfstraf onderwerp, nie waar nie?

Willem ·

Alten – met alle respek my geleerde vriend – wag tot jy jou eie kindertjies het. Ek het ‘n materiaallyfband gebruik as my ultima ratio wanneer praat nie meer gehelp het nie. Daarmee kon ek my kinders nooit seermaak nie al het ek my arm hoe hoog opgetel maar daarmee was die boodskap duidelik: Genoeg nou! Soos ek sê – wag maar tot jy drie orrelpypies van jou eie het. Al hierdie ouers wat hier reageer het miskien nie jóú vermoë om so rasioneel te argumenteer nie maar húlle het die een ding wat jy self erken het jy nié het nie: ondervinding…

Susan ·

Pakslae het nie vir my kinders gewerk nie, dit het hulle net aggresief en stouter gemaak. Hulle het blykbaar begin dink as hulle nie hou van wat jy doen nie, dan slaan hulle jou, want dit is wat jy met hulle doen. Hulle luister egter baie mooi vir hulle pa sonder enige lyfstraf. Ek dink die probleem in ons samelewing is eerder ‘n afwesigheid van die ouers in die kinders se lewens, veral die pa’s. Albei ouers werk nou en as julle doodmoeg by die huis kom is dit somtyds moeilik om kinders te prioritiseer. Kan nie sien hoe lyfstraf enigiets gaan regmaak nie.

Veronica ·

Dan moet die minster maar asb ook sommer my kind se kos,klere, skoolfonds,medies ens. ook betaal aangesien ek nie meer n sê in die saak het nie!!

Tania ·

As die klipgooiers ‘n goeie pakslae op sy tyd gehad het en nie van jongs af in beheer was nie, sou daar minder gestaak en gebrand word.

Liefie ·

Voeter sal ek hulle voeter….natuurlik binne perke en as enige jan rap en sy maat hulle snaters wil oop maak is hulle welkom om hulle groot te maak. My huis my reels….as dit jou nie pas nie vat dan jou goed en trek so maklik soos dit maar onder my dak maak ek kinders met maniere groot nie die nuwe spoiled brat monsters wat n sielkundige pleister vir alles kry nie!

Onthou my lesse ·

Alten – jy ondersteun hierdie land se ondergang met jou stellings dat ‘n pakslae op sy tyd nie goed is nie.

Ek is n lopende voorbeeld van hoekom kinders pak moet kry – indien ek nie my loesings gevat het nie was ek DEFINITIEF nou al op straat of besig met verkeerde dinge. My ouers was streng maar ekt n rebelse gees. Ekt my lesse geleer en ek onthou hulle nog sowat 10jr later.

Alten ·

Kan mense asseblief net die onderskeid tussen lyfstraf en dissipline maak? Lyfstraf is ‘n vorm van dissipline afdwing, maar dis nie die enigste vorm nie. Dit is ook al bewys om ‘n baie oneffektiewe vorm van dissipline te wees (sien http://m.huffingtonpost.co.za/entry/adrian-peterson-corporal-punishment-science_n_5831962 vir ‘n goeie opsomming). Dus sal dissipline as ‘n geheel nie verdwyn nie. Ek is ‘n groot voorstaander van dissipline, maar fisiese geweld is nie die oplossing nie.

Anoniem ·

‘N pakslae deur ‘n ouer om ‘n kind te dissiplineer is beslis nie fisiese geweld nie. Dis nie naastenby in dieselfde klas nie. Alten, jy het ‘n groot probleem met al die kommentare, gaan soek hulp as jy mishandel was as kind om dit te oorkom. Dit is reg om seun pak slae te gee as seun na pornografie kyk – Alten, dis bewese statistic dat pornografie na seksuele misdade kan lei. Verder, Alten se die Bybel ook dat kinders hul ouers moet eer, selektief om slegs te noem dat ons die regering moet gehoorsaam…! As die regering ‘n wet skep wat teen God se Woord is, moet jy kies om aan God gehoorsaam te wees en nie aan die regering nie!

Jan ·

Huffingtonpost? Daar is die probleem. Onthou, lyfstraf. Nie doodslaan met ysters ens. nie. Die ou waaroor die saak gaan het sy kind aangerant. Dit was duidelik nie lyfstraf. Daar is groot verskil. Pasop om die bybel te gebruik. Daniël sou afgode moes begin aanbid het as hy na die regering geluister het.

Alten ·

@Jan indien u die artikel gelees het, sou u sien dat Huffington post na verskeie studies verwys. Ek’t net gedink dat mense liewer ‘n artikel as verskeie wetenskaplike studies sal wil lees.

Dan @Anoniem, eerstens, dis bietjie lafhartig om nie jou naam te deel in ‘n debat nie. Tweedens, pakslae, lyfstraf, of wat ook al jy dit mag noem, is al bewys om tot verhoogde geweld onder kinders te lei. Bron: http://www.apa.org/pi/prevent-violence/resources/violent-behavior.aspx

Derdens, jy kan jou ouers eer sonder om lyfstraf te kry. Daar is hordes ander vorms van dissipline toepas. Dit vereis egter dat ‘n mens bietjie verder dink.

Vierdens, ek verdedig op GEEN manier pornografie nie. Dit is vir my een van die afgryslikste goed wat in ons samelewing bestaan. Ek sê bloot dat daar alternatiewe vorme van tugtiging is wat baie minder negatiewe gevolge het.

Johann ·

Alten. Duidelik kry jy NOU die aandag wat jy dalk tekort gekom het? Dalk miskien agtergrond oor jouself en die rede vir jou passievolle ondersteuning van die nuutste magsvergryp deur nogal n “regter”? Is jy n ouer? N kind? Aktief deel van n gesin? Beleidende wedergebore kind van God? Vrygespreek van die wet van verdoemenis EN SAAM MET DIT verandwoordelik om te WAAK en BID. Veral teen die aanslag van die bose om die bose self wat aan bewind is van ons land deur die bose se eie mags sugtigheid te ontbloot en te laat val. Ek onderwerp my as vrygekoopte NIE aan die wat die boosgeid self elke dag pleeg en verkondig in die naam van “regte” nie. Duidelik verstaan of ervaar jy nie wat te lief om net so te los beteken nie…Tipies van iemand wat wat vashaak aan gedeeltilike skrif aanhalings maar nie die WOORD en WAARHEID self ervaar nie? En jys seker OK met die moedswillige benaming van die nuutste “reg van kinders om nie blootgestel te word aan een godsdiens” OGOD? En jy slaan die “geloof spyker” op sy kop. Die basiese verandwoordelikheid van enige ouer teenoor sy kinders, is by VERRE meer as net die twee gelowe waarna jy verwys. Johann

Alten ·

Righto @Johan
– Ek het in die NG Kerk groot geword en is nog elke Sondag in die kerk.
– Ek kom uit ‘n klein dorpie met ‘n baie Afrikaanse gemeenskap uit.
– Ek studeer regte.
– Ek het ‘n boetie en ‘n sussie wat baie jonger is en ek moes hul baie oppas toe hulle jonger was. Ek het dus al ervaring van konflikoplossing tussen kinders en hoe om met disrespek te handel.
– Ek glo dat God ons almal lief het en dat ons deur sy seun Jesus Christus gered word en ek weet dat ek sonder sy genade niks sou kon vermag nie.
– Ek steun die OGOD beweging, want ek weet as Christene in die minderheid was en ons kinders verplig was om aan Moslem godsdiens deel te neem, ek ‘n probleem daarmee sou gehad het. Die kerk leer jou nie wiskunde nie, so die skool moet jou nie geloof leer nie.
– Ek glo dat ouers ‘n enorme verantwoordelikheid het om hul kinders tot die beste van hul vermoë groot te maak. Ek glo egter dat dit sonder die gebruik van lyfstraf kan, en moet, gebeur.

@Smackeroo ·

Alten. Ek dink dis duidelik dat jy wel nie kinders het nie. Elke ouer maak sy kind/ers groot tot die beste van sy vermoë om suksesvolle individue in die samelewing te wees en nie kriminele nie. Verduidelik asb vir ons almal hier, indien jy wel kinders het, hoe jy te werk gaan om hul te dissiplineer?! Jy oordeel die hele blad se kommentators. “Each to his own” so nou wil ek graag weet. Hoeveel kinders het jy en hoe hanteer jy die verskillende ouderdomme om hulle te dissiplineer. Ons wag in angs.

Marts ·

En dan was die verpligte weermag ook nog stopgesit!!!!!!!!!!!

Alten ·

En wat presies sou die doel van verpligte weermag in Suid-Afrika wees? Na my wete is ons in geen oorloë betrokke nie (behalwe vir handjies vol troepe wat as vredebewaarders in die DRK en soortgelyke Afrika-lande gestasioneer is). Kinders sou basies twee jaar van hul lewe gaan mors om die grens te patroleer en daar sou gevolglik groot gapings in die arbeidsmag ontstaan.

So sê my asseblief: hoekom moet ons verpligte diensplig hê?

Alten ·

@Pieter
Mense op hierdie blad dink ek is so verskriklik liberaal omdat ek teen lyfstraf is. Ek is regtig nie. Ek is een van die mense wat op Stellenbosch nog veg vir geslagsaparte koshuise, iets wat hulle wil hê weg moet val.

Om te verskil van u sienings op een punt maak my nie ‘n liberalis nie.

Verder, ek is seker ek sou diensplig geniet het. Ek kom uit ‘n seunskool uit waar baie van dieselfde idees toegepas is (maar nee geen lyfstraf nie). En hoewel die dissipline wat saam met diensplig kom goed is, sou dit net jare van mense se lewens mors.

Neilia ·

Al wat ek sê is gaan kyk na Brittish bratz want die onopgevoede lummels het nie pakslae gekry.

Mk ·

My kinders kry hul handling 5 op hul tyd hul weet tot waar Lyn getrek is en kom kyk gerus hul maniere en hul het respek teen oor my en vir hul self en ander mens ..ek slaan hul net op hul agter end nie rug been kop nie

Henk Stander ·

Geagte Maroela media, ek het al verskeie kere julle bedank vir die koerant en oulike rubrieke wat julle vir ons gee. Ek wil julle wel nog ń ou gunsie vra:

Hier is ń persoon wat op elke lesers plasing aanmerkings plaas. Toe ons die stuk oor lyfstraf klaar gelees het, het ons sommer geweet hier gaan nou weer so aandag honger persoonlikheid uitslaan en ,op elke logiese reaksie van julle lojale lesers, onlogiese en opruiende aanmerkings maak.

Blok asseblief hierdie soort mense. Hulle misbruik die reg tot vryheid van spraak, hulle belemmer ook ons almal se reg tot vryheid van spraak en dit is volgens ons landswet nie aanvaarbaar nie. Dit is baie duidelik dat die persoon geen werklike gedagte rondom die onderwerp het nie, maar eerder konflik wil aanblaas.

So doen, asseblief ons en julle ń guns en verwyder daardie persoon.

Groete en nogmaals dankie vir ń puik koerant

Alten ·

Hallo Henk.

Ek neem aan u verwys na my, aangesien ek die enigste persoon is wat ‘n ander siening het.

Eerstens, ek is nie aandag honger nie, ek voel net baie sterk oor die saak, net soos al die ander lesers. Die enigste probleem wat u met my het is dat ek nie u standpunt deel nie.

Tweedens, ek sou argumenteer dat ek al persoon is wat logiese argumente maak, aangesien ek my menings met bronne en studies staaf. Ander lesers kan dalk hier iets by my leer. Om ‘n gepaste gesegde te gebruik: deur ‘n mening te lug sonder om dit met feite te rugsteun, pluk jy ‘n lat vir jou eie gat.

Derdens, ek belemmer nié u reg tot vryheid van spraak nie. Al hoe ek dit sou kon doen is as ek sê dat u nie kommentaar mag lewer nie…
Maar dis dan presies wat u Maroela Media vra om met my te doen? So u wend eintlik ‘n poging aan om mý reg tot vryheid van spraak te ontneem?

Vierdens, alles wat ek sê is in lyn met die siening wat ek huldig en wel binne die perke van die reg tot vryheid van spraak in ons Grondwet.

Ek is jammer dat u so bedreig voel deur my siening. Ek wil ook net hê wat beste vir die kinders en mense van ons beeldskone land is.

Robert ·

@ alten: as jy die bybel wil aanhaal sorg dat jy die regte goed aanhaal, gaan lees spreuke dan kom jy weer terug.

Eric ·

@Alten, jy verskaf bronne en studies om jou mening te staaf…maar meeste van ons hier het lewende bronne (kinders) en nie ‘n stukkie geskryf om ons meening te staaf nie.
Almal het hul eie opinies hoe om hul kinders groot te maak…en so moet almal die vryheid he om sodoende te doen wat vir hul die beste pas.

jaco ·

hoe gaan hierdie oortredings gemonitor word? gewone misdade word dikwels nie eens ondersoek nie wees:
1 “gebrek aan bewyse”.
2 “ons het nie n voertuig om uit te gaan en jou te help nie”
3 “jou velkleur is verkeerd so ons mag jou nie help nie”
4 “ons verstaan nie jou taal nie”
5 “ons sit in die aanklagkantoor op die foon, besig met privaatgesprekke”
en so kan my lys verskonings aangaan en aangaan. So wees gerus liewe ouers, slaan maar julle stout kinders. niks gaan van hierdie nuwe regsriglyn teen kinders slaan kom nie

Ander Annie ·

Alten wat is ‘n goeie pak slae op die boude dan? Ek praat nie van aanranding nie. Ek praat nie van slaan dat die bloed loop nie. Nee wat, as my Seun droogmaak en hy het sy waarskuwings verontagsaam, gaan ek sy boude afstof. Juis daarom is hy vandag goed gemanierd en ‘n aangename jong man. Niemand praat van bloedvergelding nie.

Brood en konfyt ·

Ai iemand was verveeld… ‘n gewone pakslae het niemand nog skade gedoen nie. Aanranding is iets anders. Daar is n groot onderskeid. Ander metodes werk nie noodwendig nie. Dit hang af van kind tot kind wat werk en ook van die situasie. ‘n Pakslae op sy tyd, is soos brood en konfyt.

Hoe nou? ·

Iemand was verveeld… daar is ‘n groot verskil tussen ‘n pakslae en aanranding. Pakslae het niemand nog skade gedoen nie. Dit hang egter af van kind tot kind en situasie. Pakslae op sy tyd is soos brood en konfyt. Die pad vorentoe lyk maar duister as die ouer se opvoeding tuis nou al so aangeval word.

E ·

Die probleem is nie by ouers wat hul kinders ń pak gee nie. Die probleem is by ouers wat hul kinders werklik mishandel. Ek glo as die wet deurkom sal daar baie minder gevalle van mishandeling teenoor kinders wees. Om die boompie te buig stel nie net pak voor nie, maar straf werk net so goed. Vir die outjies wat harde velletjies onder die stewe het, werk ń pak nie, maar glo vir my as die xbox of geliefste speelding weggevat word sal daar volgende keer 2 keer gedink word.

Jan ·

En Alten gee jy asb n voorstel wat werk?
Almal stuur asb jul kinders na Alten as hulle aanjaag en verkeerd doen.
Hy het die resep vir dissipline.??

Trixi ·

EK STEM VOLKOME SAAM MET ALMAL HUL MAAK NIE ONS 2KIDS GROOT NIE EN DIT STAAN IN DIE BYBEL TUGTIG JOU KINDERS ONS KAN NIE SNOWFLAKES GROOT MAAK NIE PAKSLAE WERK DIE BESTE EK GAAN NIE IN DIE TRONK SIT AS EK ONS KIDS PAKSLAE GEE NIE EK STEM SAAM WAAR WIL HUL AL DIE OUERS VAN ONS LAND AKOMODEER IN DIE SELLE AS DAAR NOU NIE EENS PLEK IS VIR N KLOMP HIGH JACKERS MOORDERNAARS DIEWE ENSV IS NIE DIS ABSURT VERBY

Alten ·

@Trixi
Wel, wat die regter gesê het, is dat “redelike tugtiging” nie meer ‘n verweer is nie. Dit beteken dat jy strafregtelik vervolg kan word. Jy kan egter ook deliktueel vervolg word. Jy kan dan beveel word om ‘n boete te betaal, en ek is seker daar’s genoeg plek in ons banke vir nog ‘n bietjie geld.

Johann ·

Alten Alten. Ai tog om te dink dat baie van ons jou misgeplaaste, naíewe passie as REGS STUDENTgedeel het. Dit was natuurlik totdat die realiteit van VOLWASSENHEID en iets soos n werks ondergoud sonder statistieke, navorsing, iemand ANDERS se artikels ens jou wakker ruk. Soooo baie wat die oom met jou wil deel, maar ek los dit eerder vir eendag wat die rerige erige wêreld jou tussen die oë klap. Hiers een: anargie IS die “state of the ANC nation”, eens die denke van n terroris…altyd! Wat my hart breek is dat jy jouself actually glo? Christen wat die manifestasie van valsheid en boosheid self ondersteun…OGOD? Sterkte met jou keuses vorentoe.

Alten ·

Anargie se definisie: “absence of government and absolute freedom of the individual, regarded as a political ideal.”

Statistieke is al wat totaal objektief en vry van persoonlike opinies is.

OGOD is nie die manifestasie van boosheid nie. Dit haal nie geloof uit skole uit nie. Dit haal verpligte geloof uit die skole uit. Geloof mag nogsteeds op ‘n opt-in basis beoefen word.

Pop ·

Om te moor en te steel en vroue te mishandel is ok. Disrespek en luiheid, en om arrogant te wees is ook ok.Moet net nie jou kind tugtig sodat hy nìe eendag bogenoemde doen nie, en dis onwettig.

Erick ·

‘Hou die tug nie terug van die seun nie ;as jy hom met die roede slaan,sal hy nie sterwe nie. Jy sal hom wel met die roede slaan,maar sy siel van die doderyk red.’
Spreuke 23:13 -14
‘Wie sy roede terughou,haat sy seun;maar hy wat hom liefhet,besoek hom met tugtiging.’
Spreuke 13:24
Tugtig julle kinders.
‘En Petrus en die apostels antwoord en sê : Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan mense.’
Handelinge 5:29
Ons aanbid nie mense nie. Daar waar regerings Sy wette wil veronagsaam moet ons God gehoorsaam. Hy is verhewe bo aardse magsinstellings.

Neem net oor ·

Snaaks hul neem die land oor maak soos hul Wil. Maak net wette soos hul Wil vat wat nie aan hul behoort nie. vat ons boere se gronde. Nou Wil hul Kom baas wees vir my kind wat ek gemaak het. eks jammer dis my kind ek sal sy boude ver hom smeer as ek moet my kinders weet ek vra somer soek jy weer hantibahotika Dan weet hy nou Kla gepraat maniere en Respek begin by die huis en my kinders het goeie maniere en glo my hul kry baie baie liefde

Alten ·

Snaaks hoe u na “hulle” verwys. U besef dat daar heelparty Afrikaners betrokke was by die skryf van die Grondwet? Die regter het slegs die wet toegepas.

Sann ·

Dankie Jan. Jy vat die woorde so reg uit my mond (mbt Daniël se verset teen die koning, en Huffington Post as bronverwysing) terwyl “Alten” homself as geagte kenner en bewaker oor almal se menings aangestel het! “Common sense is not so common, anymore. “

Alten ·

Ek is nie ‘n bewaker oor almal se menings nie. Ek is bloot die ander kant van die argument. Weereens, ek het die artikel as verwysing gebruik omdat ek nie gedink het mense sou wetenskaplike studies van 60 bladsye wil lees nie. As u die artikel gelees het sou u kon sien dat hul verskeie studies aanhaal.

En meeste van die mense op hierdie blad dink ‘n sterk argument word gevorm deur menings te maak en my te beskuldig van bydra tot die land se ondergang. Dalk kan ek dan ook argumenteer dat common sense nie meer so common is nie…

LV ·

Die media het hierdie uitspraak herltemal uit verband geruk,dis nou fopnuus op sy ergste! Die feit is die pa het die perke van redelikheid oorskrei,uiteraard kom dit neer op aanranding. Daar is nooit gese dat tug binne perke nie mag plaasvind nie.

Alten ·

In effek is dit gesê. Aangesien die verweer van redelike tugtiging nie meer geld nie sal enige aanklagte teen ‘n ouer wat sy kind slaan as aanranding gesien word, ingevolge art. 12 van die Grondwet en die Domestic Violence Act 116 van 1998.

Sien groot probleme ·

Weeshuise gaan oorloop en tronke gaan vol wees. Staat pluk ‘n lat vir hul eie gat. Hulle gaan vir al die kindertjies moet sorg terwyl die ouers in die tronk sit. Pakslae is nie mishandeling nie. Of die Bybel in die ou Testament praat van tug beteken nie nou moet ek die ou Testament uit my Bybel skeur nie. Ek dink hier sal eers deeglike navorsing gedoen moet word voor daar ‘n nuwe wet uitkom.

Pakkie ·

Ek sien ene Alten het meer as almal oor die onderwerp te se. Antwoord vir alles. My eie waarneming is dat kinders en ouers se verhoudinge met mekaar baie verswak en dit is as gevolg van geen pak slae. Ja daar is baie ander maniere van straf maar wat is die gevolge daarvaan? Vat die kind se foon weg of hok hom vir ‘n maand. Vir daai HELE tydperk is die kind/ouer verhouding in sy peetjie in want in wese word ‘n onaangenaamheid uitgerek vir veel langer as nodig. Dan vra mense nog hoekom die verhouding met hul kinders en veral tieners so swak is. DIS OMDAT DAAR ‘N ALEWIGE STRIEMING OP DIE GESONDE VERHOUDING TUSSEN OUER EN KIND IS AGV UITGEREKTE “SAGTE” STRAF METODES, PUNT. Kyk maar, die kind wat ‘n goeie pakslae kry sit nou nou weer by pappa en die saak is verby en die verhouding versterk. As jy jou kind liefhet, tugtig hom/haar sonder woede en vesterk dan onmiddelik die band om jou liefde te bevestig en alles agter die rug te sit. Dis wonderlik want dan is die verhouding versterk en ons is in die rus en sonder verdere konflik. Die gevolge van beheersde lyfstraf is goeie verhoudinge waar ander strawwe ouers en kinders uitmekaar dryf. Kyk maar. Die mees ongepoetse en ongemanierde kinders is dan ook juis die bloeitjies wat altyd in konflik met hulle ouers moet leef en dis alles die ouers en lafhartige sielkundige bloedvloeiertjies se skuld. Word wakker Alten.

Alten ·

Tog bewys studies die teendeel? U praat van u waarnemings. Dit is nie ‘n bron of statistiek wat getoets kan word nie, terwyl die bronne wat ek verskaf het (scroll deur die artikels indien u dit gemis het) getoets kan word.

Johan ·

Alten jou ma was seker die regter en ek daag jou om net vir n week skool te gee, dan praat ons weer.

Alten ·

Nee my ma was nie die regter nie. En ek het al klassies by minderbevoorregte skole aangebied. Die probleem is nie ‘n gebrek aan lyfstraf nie, inteendeel, van wat ek hoor klink dit asof dit baie in daardie gemeenskappe toegepas word. Lyfstraf is nie gelyk aan dissipline nie. Daar is ‘n gebrek aan dissipline. Soos bewys deur studies wat ek al verskeie kere op hierdie blad gepost het, is daar baie meer effektiewe maniere van tugtiging.

Alten ·

Wel dit kon nie vir meeste mense op hierdie blad logika leer nie…

Schalk ·

N goeie pak slae op sy tyd is reg. Ons sal aan die regering onderdanig of gehoorsaam wees wanneer die regering aan die Woord van God gehooorsaam word. Godvresende regering nie n afgods regering nie.

dries du toit ·

My liewe Alten. Jy bly hamer op die Bybel wat se jy moet jou regering eer. Ongelukkig my vriend,in ons ou landjie HET ons nie n regering nie. Net n spul korrupte patete

Alten ·

Haha! Maar nieteenstaande, ons het ‘n besonder goeie justisie en hul pas net die Grondwet, wat onder meer deur Afrikaners geskryf is, toe.

Erick ·

‘As die sotheid vassit in die hart van die seun,die tugroede sal dit daaruit verwyder.’
Spreuke 22:15
‘Die roede en die bestraffing gee wysheid;maar ‘n seun wat aan homself oorgelaat word,steek sy moeder in die
skande.’
Spreuke 29:15

Veritas ·

Alten ek merk dat jy noem dat ‘tugtiging’ en ‘pakslae’ nie noodwendig sinoniem is nie. In die ou vertaling word daar aan die ouers opdrag gegee om ‘ nie die roede te spaar nie’. As dít nie opdrag is om lyfstraf toe te dien nie, dan weet ek nie so mooi nie.

Klaus Zwiegler ·

Sorry- Eksteur my lankal nie meer aan die sinnelose wette wat die piesang regering en hlle liberale meelopers maak nie. As my kind nonsens aanjag -voeter ek hom.Dis omdat die land al so diep in die wettelose Sodom en Gomorrah dispensasies verval het dat dissipline lankal by die agterdeur uit is. Dis omdat die Suid Afrikaner sy rug op sy God gedraai het dat die land in anargie verval het. Moenie meer kla oor die stygende kriminele element nie-daar is nie meer dissipline nie. Die land maak kriminele groot. As lysfstraf so “ongrondwetlik is” is dan moet tronkstraf- wat erger is- ook maar afgeskaf word. Die land en sy ongedissiplineerde liberale meelpers kan maar gaan bars- en voeter my kinders – die stupid regime help my nie hulle grootmaak nie en hulle sal my ook nie voorskryf wat om te doen nie- basta! Dis vandat “menseregte” die voordeur ingesluip het dat God se regte by die agterdeur uitgesmyt is. Die land en sy liberale meelopers gaan nog duur betaal vir hulle arrogansie.

Alten ·

Aitog. Is u bewus dat ons regsisteem op die Romeins-Hollandse reg gevestig is? Die wet wat direk uit die wette van die kerk ontwikkel het? Aanranding was onder die wette van die kerk ook ‘n misdaad.

Dan kan mense ASSEBLIEF ophou om SA ‘n anargie te noem? Ons het ‘n regering, dus is ons nie ‘n anargie nie. Asseblief. Ek vra mooi.

Tronkstraf is glad nie vergelykbaar met lyfstraf nie. Tronkstraf word deur die staat opgelê na ‘n verhoor en daar word nie op jou reg tot liggaamlike integriteit inbraak gemaak nie.

U besef dat “menseregte” vir u die reg tot lewe gee en dat u, sonder “menseregte”, nie die reg sou hê om u opinie op ‘n forum soos hierdie te lug nie. Sonder “menseregte” sou die regering ons almal kon stil maak en doen net wat hul wil. As ek u was sou ek my sterre dank vir “menseregte”.

Meeste van die “kriminele wat ons land grootmaak” is juis kriminele omdat hulle toe hulle jonk was aan geweld bloot gestel is. Lees gerus: https://www.thelocal.de/20160620/why-us-gun-violence-is-so-much-worse-than-germanys-gun-control-germany

Laastens, die “stupid regime” kan, en mag, aan u voorskryf wat om te doen as u optrede op iemand anders (u kind) se regte inbraak maak. Net soos wat hulle mense kan keer wat u huis wil kom beset.

Roelien ·

Ag, hulle kan nou net sowel maar vir 6 jariges stemreg ook gee vir die volgende verkiesing. Die effek is dieselfde. Kinders regeer en ouers moet spring.

Adriana ·

Dis van geen straf dat kinders hand uit ruk by skole. Dis mos okay as n kind met n mes of n geweer opdaag om n ander te besksdig. Dis die regering se skuld dat kinders al van vroeg af seks het in die skool of rape sake. Wat van aanranding tussen kinders. O ja dis van geen straf. Niemand moet my kom vertel hoe ek my kind moet groot maak nie. Die mense wat heel moontlik daai besluit maak is heel moontlik van hulle wat net gemaak het soos hul wil terwyl hul groot geword het. En dalk heel moontlik boelies was. So geen wet wat mens gemaak is sal my stop om n ouer vir my kind te wees. Almal sal eendag voor God staan. Niemand is hoër of beter as n volgende een nie.

Eish ·

Wys jou nou net weer die heethoofdige volkie van ons. Alten het almal ore aan gesit want hy werk met feite en die res van ons n mengsel van emosie en Bybelverse. Gaan lees die stuk waarna hy verwys. Kyk hoekom hy sê wat hy sê. Ons hou nie eers die tien gebooie nie, maar pakslae word nou verhef tot die oplossing van alles wat verkeerd is. Alten, jy het jou man gestaan en kry my stem.

Paulus ·

Eish/Alten, as ek so julle opmerkings lees, dan is “studies” vir jou/ julle “feite” en die Bybel is nie feite nie, maar iets wat ons gerieflik kan ignoreer as dit in stryd is met die land se wette of sekere “studies”. Dit is daarom ook g’n wonder dat die meeste gelowige mense hier nie julle “studie logika” aanvaar nie, maar bly by eenvoudige duidelike bybelse logika: tug jou kind wat jy liefhet, ook met roede, indien benodig.

Alten, nog nêrens gehoor hoe jy wegkom van die roede wat die Bybel leer nie, ek hoor graag jou verduideliking, dankie.

Johann ·

More Eish en Alten. Shame; het mammie of pappie daai boudjies eens dalk te hard gepiets en nou soek julle saam vergelding en aandag? OF HET HULLE JUIS vir Eish en Alten onaangeraak gelos soos hulle was en jammerlik nou is? Of is EISH ook n regs student? Of is Eish een van daai mense wat agter die eerste die beste Alten aanhardloop want Eish, self kan hy nie noodwendig instaan vir n eie redenasie nie? Hoor al vir Alten en Eish as tieners..ISSI EKKI…SALLI DIT DOENI…JYS NI MY BAAS NI..EK GAAN POLISIE TOE…HAAT JOU…JY VERWOES MY LEWE…EKT NET GEPROE…DAGGA IS MEDISYNE…SEKS IS MY REG…JA MA HULLE HET DIT OOK GEDOEN…EKS MY EIE BAAS…JY SALLI VERSTAAN NI…JA MAAR…ES BETER AF SONNER JULLE…EK GAAN REGTE SWOT EN EENDAG ALMAL VERKEERD BEWYS MET IEMAND ANDERS SE ARTIKELS…MY NAAM ALTEN MAAK OP SOSIALE MEDIA…EN EISH GAAN MY PEL WEES…whahahahahha!!!!!! Soveel misgeplaaste passie om jouself te laat geld. Lees tog die oom se vorige kommentaar oor die REGS STUDENT Alten wat ALS wetend is. Kan maar net lag en hoop vir die beste….

Arno ·

Ek is lief vir my kind, daarom sal ek hom ‘n pakslae gee as hy dit verdien. My Bybel sê dat hy nie sal doodgaan nie. So ek voer net my Bybelse opdrag uit. Niemand sal vir my kom vertel hoe ek my kind moet tugtig nie.

Marius ·

‘n Kind se boudjies het spesiaal so vetlagie om net genoeg van die raps te voel om seer te wees, maar nie ‘n letsel te laat nie. Dis nie sielkundige manipulasie wat myns insiens groter letsels laat nie. Alten, die navorsing waarna jy verwys is ook gedoen om ‘n vooraf verwagte bevinding te bevestig. Massamoordenaars het interessant genoeg gemiddeld nooit lyfstraf gekry nie. Dit dui op geen verband nie, maar lyk nogal as bevestiging as ek dit so wou hê.
‘n Pakslae sê nogal dat ‘n kind aanvaar daar is ‘n hoër gesag oor hom aangestel. Die feit dat my kind moet buk sê hy gee erkenning daaraan.
‘n Pakslae is dikwels die enigste manier om ‘n kind uit sy verwarde opstand te ruk en dien as het ware as ‘n “herset-knoppie” wanneer sy rede omvergegooi is. Meeste ouers sal weet waarvan ek praat.
Gewoonlik is ouers soos Alten baie gelukkig en hy het dalk een van daardie stroopsoet kinders wat net maklik is. Myne het so bietjie meer hulp nodig. Nie baie nie, maar tog. Hulle klouter gewoonlik na ‘n paar minute oor my want ek dink dit gee hulle ‘n sin van sekuriteit in my as pa. Ek wonder nie oor wat die volgende kreatiewe manier van straf moet wees nie. Ek dink kinders is minder selfversekerd in die alternatiewe huishoudings nie. Nie aanranding nie. Dit is ook nie wenslik nie.

Alten ·

https://www.thelocal.de/20160620/why-us-gun-violence-is-so-much-worse-than-germanys-gun-control-germany

Hierdie artikel wys hoe lyfstraf, wat wettig is in Amerika, tot verhoogde misdaadsyfers vergeleke met Duitsland, waar dit onwettig is, lei. Dit wys ook hoe alternatiewe vorme van tugtiging suksesvol geïmplimenteer kan word.

Ek kon geen inligting of studie oor die massamoordenaars of lyfstraf kry nie, so ek sal geen uitlating daaroor maak nie.

Die bostaande artikel dui egter op hoe hierdie beleid suksesvol in ‘n land toegepas kan word.

DIS nou moeilik ·

Hierdie is voorwaar ‘n tameletjie. Aan die eenkant die ouers wat kinders so slaan dat dit mishandeling is. Gaan hierdie wetgewing dit keer? Ek glo nie! Die wat kinders wil mishandel om watter rede ookal gaan dit steeds doen. Dit sal ook nie altyd uitkom nie. Aan die ander kant die wat daarmee grootgeword het en eintlik nie slegter daaraan toe is en dus hul eie kinders so grootmaak/groot gemaak het. Ekself het pak gekry as kind en my twee het slegs op laerskool as hul darem nou regtig onmoontlik was en na genoeg waarskuwings ‘n hou of twee gekry en dan ook agterna verstaan hoe dit nodig was. Vandag is my kinders opgevoede, welaangepaste, ordentlike grootmense wat respek het vir ander. Dis moeilik, ek is eerlik ek sit op die draad hiermee en is net bly ek hoef nie kinders vandag groot te maak nie!

Rina Kotze ·

Die Bybel se: ‘n Pak slae Kan ‘n kind se lewe red!

Wat boekdele spreek!

Want hoeveel mense in SA is nog Bybels korrek? Nee almal Wil polities korrek
wees!
Wel, die gevolge van keuses van SA en die wereld is katastrofies!!!

FC ·

Alten

– Jy se jy ondersteun OGOD maar, tog se jy is ‘n Christen. Wat is jou definisie van ‘n Christen?
– As jy bietjie lees is daar studies wat wys pakslae is goed vir kinders en as jy verder lees sal jy sien dat daar ander studies is wat wys dat die ondersteuners van geen pakslae se studies het fundamentele foute.(Google dit)

Alten ·

‘n Christen is iemand wat in God en in sy seun Jesus glo en weet dat hy/sy sonder die Here se Heilige Gees niks kan vermag nie.

Christene kan ook OGOD ondersteun. Dit is nie ‘n anti-Christen beweging nie. Indien Islam op dieselfde wyse gedomineer het, sou dit ook aangespreek word.

Ek het u studies probeer Google, maar kon niks kry wat daardie mening rugsteun nie. Kan u asb webskakels verskaf soos ek al vele kere gedoen het?

Rudi ·

As lyfstraf so verkeerd is, dan is God die wreedste persoon in die heelal, want Hy het Sy Seun ter wille van ons oortredinge gestraf met die kruis. Jesaja 53 vers 10 se, “dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak…” God is regverdig en dit was uit liefde.

Spreuke 13:24 se” Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.” 20:30 “Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste.” 22:15 “As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.” 23:13 “Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.” 23:14 “Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.” 29:15 “Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar ‘n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.” 29:17 “Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.”

Bybelse tug wys liefde!

Peanut ·

Nou begin n mens met sielkundige oorlog voering waar jy n kind gaan straf vd volgende tyd perk en dit gaan die atmosfeer in die huis nog meer spannings vol maak. Met n pal slae is die Kind dikmond vir 30minute waarna daar onverskoning gevat word en alm almal beweeg aan

Johann ·

Johan…van die ander Johann. Alten het dalk JUIS n hou of twee te veel weg? En nou kan die student van regte sy warm boudjies van toe verdedig?

Valerie ·

Het saam met seuns skool toe gegaan wat met sambokke deur hulle “god vresende” pa’s geslaan is oor onbenullighede; dit was so erg dat die tienerseuns in die middel van somer langbroek skool toe moes dra. In ‘n ander voorval het ‘n bekende aartappel boer valse profeet ook die Bybel op sy manier herangskik en toe het my vriend agv. daarvan sy seun ook aangerand ten aanskoue van sy familie lede. Die uitslag? Ses jaar van geen gesprek tussen pa en seun nie. Dit is beter dat dit nou onwettig is; daar is te veel mense wat doodeenvoudig nie hul perke ken nie.
Vrou slanery is nog steeds ‘n aanvaarbare praktyt in menige SA huishoudings behalwe as mense hul blind daarteen wil staar. En snaaks genoeg, is daar net een motivering agter die aanrandings, maar ek sal dit nie noem nie. Die wat aangerand word weet die redes.

Snippie ·

ASB. Mense wat nie kinders het nie, moenie op die berig kommentaar nie want book slim gaan jou nie ondersteun nie.
Ook nie as jy jou jonger boetie of sussie groot gemaak het nie, dis glad nie dieselfde as om jou eie groot te maak nie..Boeke en google kan ook nie jou help in groot maak nie..elke kind is uniek party kort pak slae en party nie.
My dogtertjie is sensitief en hard praat of sakgeld aftrek luister sy vinnig.
My seuntjie is anders hard praat geld dreigemente van sakgeld werk nie hy kry n hou op die boud anders loop hy oor en jaag katte kwaad aan.
Dis n seuntjie en dan luister hy vinnig..
Soos bogenoem elke kind hul eie persoonlikheid eie mens van hulle kort pakslae en van hulle nie..
So asb moenie kommentaar as jy nie kiddies het nie..

Pieter ·

Snippie,
Ek hoop Alten lees jou kommentaar sommer ‘n honderd keer want hy kan baie daaruit leer.

Ashley ·

Alten, jy is 100% reg. Dankie daarvoor. Hierdie slaners gaan eendag deur hul kinders verwerp word, glo my. Nes julle hul ouers dalk verwerp het.

Dries ·

Daar is baie meer wat pak gekry wat hulle ouers en onderwysers dankbaar is daarvoor, ons waardeer hierdie daad van liefde

Marius ·

Alten gebruik Duitsland as voorbeeld en een of ander Amerkaanse studie en kom dan tot konklusies. Ek dink jy moet dit gewonne gee. Die sambokslaners is uiterste voorbeelde. Dink tog nou net so bietjie. Jy is geregtig op jou opinie Alten. Laat vaar nou die aangoudende skakels tot een of ander studie. http://goodparent.org/corporal-punishment/research-on-corporal-punishment/evidence-favoring-the-use-of-disciplinary-spanking/
Lees maar die bogenoemde studies wat juis pakslae as uiters effektief in die grootmaak van verantwoordelike en gebalanseerse kinders. Dis die probleem met studies. Jy kry die uitslag wat jy wil hê. Waar daar ‘n verhouding is, werk pakslae goed.

Stan ·

Heeltemal my ervaring Marius. Dit is onmoontlik om al die veranderlikes in menslikewetenskappe in gedagte te hou en kan gedrag nie ‘predict’ word nie want ‘n mens kan altyd ‘n keuse maak. Wat my wel bekommer is dat ouers se regte gekortwiek word en is dit ‘n aanval op familie regte wat ‘n geweldige effek in die samelewing gaan hê.

Alten ·

So daar is inderdaad studies ten gunste van dit! Die oorwegende meerderheid van studies het egter die teendeel bewys.

Bianca ·

I agree with you completely! Altan keeps on bringing up studies conducted. Do you have any idea how many of these studies are proved to be wrong only a few days later? And then a few days after that you get the first group disproving the second group again. Here is another study for you http://www.dailymail.co.uk/news/article-1240279/Children-smacked-young-likely-successful-study-finds.html

Alten, I do think it is marvelous that you continued to stick up for your ideas and opinions but you came to a gun fight wielding a knife. Most of the commenters have children. You claim to have been like a babysitter for your younger siblings. That is NOT the same as being a parent.

No decent parent goes to a smack on the bum for no reason. All of those ideas you have, they try them too… but at the end they resort to what they know to work.

If you touch a stove top and you burn yourself, you will never forget that you should never place your hand on a stove top. Same thing. People learn when they get a physical reminder.

Johann ·

Liewe ouers( all puns intended). Alten is n student…n REGS student!!!!Ons ouerskap ervaring staan nie n kans teen sy studies en statistieke en regsmenings en bronne en ANC klipgooiers grootmaak attitude nie! So kom ons gee hom kans om eerder te gaan swot vir die reality van grootmens wees in n RERIGE ERIGE wêreld waar ouers slapelose nagte het oor die well being van ons kinders, onder die aanslag van die vals profete met hulle kennis…en statistieke…en navorsing…en bronne…en en en en.

Alten ·

@Johann
Ek sou argumenteer dat ek meer in voeling met die “regte wêreld” as u is. Ek lewe in ‘n wêreld waar mens daagliks aan dwelms en sulke goed blootgestel word.

Hoekom is dit so moeilik vir u om ook statistieke te verwys?

Pieter ·

Niemand is slimmer as hy wat nog nie weet dat hy nog baie het om te leer nie.

Chris ·

Ek gee nie om wat die bybel of Alten sê nie. My kinders se gatte sal brand as hulle nie wil hoor nie. Ek ken nou 4 kinders wat produkte is van mammies wat hulle kindertjies sonder pakslae groot gemaak het. Hulle is onsmaaklik en sukkel vandag om gesag by die werk te aanvaar. Nee wat, ek sal bly by dit wat werk.

Dries ·

Excellent! Chris, maar die Bybel sê wel op die regte tyd is ‘n pak slae ‘n goeie ding.

Quinn ·

Eerstens soos dit in die tereg gese is het die regter nie die reg om die wet net te verander nie. Tweedens dit is baie duidelik dat die regter die vonnis uit n emosionele en persoonlike stand afgelê het en dit is ook hoekom ek glo dat die ouer sy appèl sal wen

Kiwi boer ·

My vrou was ‘n landdros in SA in die jare 1980-90 en vertel dat geen veroordeelde wat vroeer lyfstraf gekry het weer vir “seconds” gekom het nie. Alten, ek het nie al die driwwel gelees wat jy geskryf het nie maar die draad daartvan is genoeg – jy het waarskynlik nie ‘n pa gehad wat jou pak gegee het nie en daarom jou teenkanting. My pa het my goed geslaan met ‘n sweep wat my oupa vir my geggee het maar die belangrike is dat my pa se liefde vir my nooit te betwyfel was nie. As 60 jarige kan ek maar net met liefde terugdink aan ‘n pa wat baie vir my opgeoffer het. Groete

Dries ·

Sekulêre humanisme is ‘n baie groot gevaar vir die koninkryk van GOD. ek aanvaar wel daar is tye wat ‘n ander vorm van tugtiging as ‘n pak slae wel reg sal wees en nie ‘n pak slae nie, maar daar is ook tye wat ‘n pak slae noodsaaklik is, Die boek Spreuke praat self ook van die tugroede. ‘n Vraag wat gevra moet word is die owerhede besig om ons te forseer om te kies tussen gehoorsaamheid aan die owerheid ten koste van gehoorsaamheid aan GOD of nie?Onder normale omstandighedee sê die Bybel ons moet die owerhede gehoorsaam, maar daar is perke!

Dries ·

Daar is derduisende ouers in SA wat hulle kinders innig lief het , wat selfs hulle lewe vir hulle kinders sal aflê, maar ook daaraan glo om op die regte tyd ‘n pak slae te gee, omdat hulle lief is vir hulle kinders. Dit werk en dis die grootste snert dat dit mens sielkundig knak. ek aanvaar daar is ook ‘n regte omstandigheid vir ‘n ander vorm van tug. ek wil dankie sê vir my oorlede ouers en onderwysers wat my in liefde slae gegee het.

koos ·

hoe gaan hierdie nuwe “regsbeginsel” toegepas word?
– Kan die bure my gaan verkla as hulle hoor ek slaan my kind?
– Kan my kind self polisie toe gaan en my gaan aankla? (ek wonder hoe hy daar gaan uitkom. dis 10km van ons huis af…)
– ek is n enkelouer, so as ek nou in hegtenis geneem word vir “aanranding”, wie kyk dan na my kind terwyl ek wag om op borgtog vrygelaat te word?
– En gestel daars nou n hofsaak en ek, as ENKELOUER, kry tronkstraf, wie kyk dan in daardie 2 jaar na my kind? AL my familie is of in Namibië of in Kanada.

Boet Fasie ·

‘n Kind moet getug word, sielkunde werk nie altyd nie., maar ongelukkig as jy wit is en jy slaan jou kind kan jy aangekla word van poging tot moord en jy kan ook borg geweier word want jy is ‘n gevaar vir die samelewing.

Sputnik ·

Eish! Is my huisgesin en nabye familie dan die enigstes waar die kinders baie goed uitgedraai het as studente, as volwassenes en in hul beroepe, sonder dat ons swepe en plakke en skoene moes gebruik om hul te mishandel? Is hulle die enigstes wat soortgelyk-gebalanseerde vriende, neefs en niggies, ooms en tannies het? Wat nie dwelms gebruik en “op die afdraand” is nie, want as mens hierbo lees klink dit of dit maar erg rof gaan daarbuite.

Willie ·

Met hierdie wet sal mens mee kan saamleef en die voluit ondersteun. Sien die ding werk so. Veronderstel die boete is R1000 vir ‘n pakslae, dan sou dit vir pa R5000 gekos het om die outjie groot te kry. ‘n baie goeie belegging. (kan elkeen van die pakslae nog onthou en waaroor dit gegaan het). Myself sou ook soveel per kind moes opdok, hulle onthou ook nog tot vandag presies waaroor dit gegaan het. Ook ‘n baie goeie belleging in hulle opvoeding. Wat mens egter teen is is die ‘ouers’ wat heeldag en aldag aan die kinders timmer (mens kan dit net so noem) en skreeu op hulle. Hoop nou maar die wet maak die spul wat so loop en skreeu en timmer aan die kinders bankrot.

WOU ·

Sjoe Alten… mag jou ogies oopgaan…passop dat dit nie met ‘n big-bang oopgaan nie. dan gaan jy baie geskok wees. Kinders grootmaak is nie vir sussies nie en ook nie vir iemand wat hulle met “navorsing” besig hou nie. En nee, ek het geen bewyse wat die stelling van my rugsteun nie behalwe ONDERVINDING!

Paulus ·

Eish/Alten, as ek so julle opmerkings lees, dan is “studies” vir jou/ julle “feite” en die Bybel is nie feite nie, maar iets wat ons gerieflik kan ignoreer as dit in stryd is met die land se wette of sekere “studies”. Dit is daarom ook g’n wonder dat die meeste gelowige mense hier nie julle “studie logika” aanvaar nie, maar bly by eenvoudige duidelike bybelse logika: liefdevolle tug vir kind wat jy liefhet, ook met die roede, indien benodig.

Alten, nog nêrens gehoor hoe jy wegkom van die roede wat die Bybel leer nie, ek hoor graag jou verduideliking, dankie.

Boerseun ·

@Alten, Anc regerig en alle liberales wat glo dat dit reg is dat die regering inmeng in die huishouding. Ek glo geensons dat
kindermishandeling reg is nie. Daar is verskillende soorte kindermishandeling nie net fisies nie, jy kan n kind geestelik breek sonder om aan hom te raak. Vir my gaan dit oor ‘n geloofsoortuiging en horses for courses. Ons het met lyfstraf grootgeword toe ons kleiner was en dit het gewerk. Ons is nie toe ons ouer is steeds geslaan nie. Ek ps dit op my eie kinders toe. Die straf moet die oortreding match en elke situasie is anders. Ek gaan nie toelaat dat die ANC hipokrate vir my vertel wat in my huis gaan gebeur nie. Die grap van n regering kan nie eers die grootste kriminele president in Afrika vasvat nie.

Alten ·

1. Lees op ‘n ander kommentaar my skrewe oor liberalisme asseblief. Ek het klaar my posisie duidelik gemaak.
2. Dis nie die regering nie, dis die justisie.
3. Indien die justisie nie sou inmeng in huishoudings nie, sou dit onmoontlik wees om gesinsgeweld te stop. Aangesien u nie in kindermishandeling glo nie, is dit dan seker nodig dat hul inmeng?
4. Ek stem 100% saam dat mishandeling op ander maniere kan gebeur en dit is ook verkeerd.
5. Die ANC skryf glad niks vir u voor nie. Die hof het net beslis dat ‘n verweer ongeldig is. Die wet teen aanranding kom uit die kerk (Romeins-Hollandse reg wat deur die Rooms-Katolieke kerk deur Europa, en deur die Nederlanders na SA gerespireer is) se wette uit.
6. Dit is itv die Grondwet ongeldig verklaar. Daar was heelparty Afrikaners betrokke by die skryf van die Grondwet.

Willem ·

daar is n rede hoekom ons land en die wereld as geheel in so gemors is en soveel kinders dwelmverslaafd is en seksueel aktief is. tugtig it tugtig. soms is n fisiese hou op die boud net die regte medisyne vir n stout kind. Daar is obviously n punt waar fisiese slae aanranding word, maar ek glo meeste ouers wat hulle kinders liefhet weet waar die grens is. geen regering of hof se plek om ouers dit voor te skryf nie. en ja vir my is dit beslis n geloof ding. ek glo dit werk want ek is so grootgemaak en dit het gewerk. punt

Riaana ·

Ek dink dis belaglik ek sit met 3 kids So my sewe jarige seuntjie kan vir my se wat hy wil goed of sleg. My 3 jarige mag tantrum oor als en net leer dis hoe mens emosie wys. En dan my 1 jarige wat n lang pad vir hom hy moet nog deur tantrums en als gaan. Ek tigtig ek straf op verskillende maniere. Hoekie sit. Uitskryf en niks werk werklik nie behalwe n pakslae. In ons huis gebeur dit min maar wanneer die kids pak kry is dit vir n goeie rede. Ons was 5 kids en almal het pak gekry. Soos die ou mense se meer pak as kos. Dis n huis waarin ons groot geword het. Ons is okey. DAAR IS N GROOT VERSKIL TUSSEN N PAKSLAE EN MISHANDEL… EN DIT HET VERSKILENDE BETEKENISSE EN UITWERKINGS OP KINDERS. OUERS WAT MISHANDEL WAS SELF MISHANDEL AS KIND. SO HULLE KOM UIT N GEBROKE HUIS UIT WAAR HUL NIE LIEFDE KEN NIE. EN GOD IS LIEFDE. WAAR GOD(LIEFDE) IN N HUIS WOON KAN DAAR NIE MISHANDELING PLAAS VIND NIE. DAAR IS DAN TE VEEL RESPEK EN LIEFDE. EN DAN VRAE ALMAL WAAR IS GOD… HOE KAN HY DIE DINGE TOE LAAT… MAKLIK OM IEMAND TE BLAMEER. KYK ROND IN ONS WERELD WAT GAAN OM ONS AAN. DIS SLEGTE MENSLIKE KEUSES. GOD IS NIE N PIT STOP NIE. AS HY IN MEER VAN ONS HARTE LEWE SAL DIE LEWE NIE SO VERDRUK WEES NIE. KINDERS IS KOSBAAR….

Zet ·

Sjoe Alten vir iemand wat nie kinders het nie het jy darem baie te se. Werk jy dalk vir die staat dat jy almal so wil aanvat en jou reg wees op almal wil afdwing? Tot jy nie jou EIE kinders het nie (nie boeties en sussies nie) kan jy nie saampraat nie. Ek voel dis elke ouer se keuse om n gepaste straf uit te dink vir hul kind. Ek self praat baie en straf op ander maniere, maar soms is n pak op sy eie tyd nodig vir n situasie. NIEMAND sal my se hoe ek my kind moet tugtig nie

Johan ·

Ek dink Alten werk vir die selfoon maatskappye sodat hulle meer data kan verkoop, want niemand kan so aanhou sonder betaling nie en dit nogal n student in eksamentyd.

Johann ·

Kyk, behalwe DATA is Alten volgens my op meer as net n navorsings statistiek en artikel “high”…dink hyt te veel CONCERTA of REDD BULL in…shame, maar ekt semmi soort van waardering vir sy tenacity….whahahahahha…nee wat, eerder nie. Meer n jammer borderline pity party reël vir die bron van bolla?

Alten ·

@Johan
Dit wys net dat ek sterk oor die saak voel. Ek offer my leertyd op om in ‘n interessante debat betrokke te raak. Dis jammer dat meeste ander mense nie konstruktief tot hierdie debat bydra nie.

@Johann
Dankie vir u semi soortvan waardering. Ek aanvaar dit as ‘n kompliment.

Ekke ·

@Alten
Die laaste skakel wat jy aanhou plaas het as ‘n “studie” is niks anders as ‘n artikel nie. Dit bestaan uit individue se persoonlike opinies en afleidings. Maw presies wat die persone wat verwys na verhoogde misdaad agv die afskaffing van lyfstraf doen. Die persone wat se stellings of opinies jy dan afskiet as gebrekkig agv ‘n gebrek aan bronne.
Daar is ander studies wat ek glo dalk ‘n bietjie beter kwaliteit sal wees as die opinie stuk waarna jy verwys om jou punt te staaf.

Van jou kant af is dit dus nie meer net jou opinie versus ander se opninies nie maar eerder ‘n poging om almal wat van jou te verskil verkeerd te bewys en hulle te kry om logies daaroor te dink soos jy… dit is wat ek verstaan uit jou skrywes uit.
Jy anrwoord van die persone met stellings soos gebrek aan common sense, hulle LUISTER nie na jou nie en aldus moet jy jouself aanhoudend herhaal ens.

‘n Aanhaling uit een van jou vorige “studies”:
“In medical and secular literature, there is great diversity of opinion about the short-term and long-term effects of various disciplinary methods, especially the use of disciplinary spanking. This statement reviews the issues concerning childhood discipline and offers practical guidelines for physicians to use in counselling parents about effective discipline.”

Hierdie artikel bevat GEEN statistieke rakende lyfstraf vesus ander ander metodes nie. Inteendeel dit verys na verskeie opinies rondom dit.

Die Huffington post is NIE ‘n betroubare navorsingsbron nie.

Ekke ·

Jy het nog nie kinders nie, ek glo jy sal ‘n goeie ouer wees, maar hou op om die persone wat wel kinders groot maak af te skiet en te kritiseer, want ek is bevrees dit is presies wat jy besig is om te doen.

Dit is ook bewys dat teorie en praktyk nie altyd bymekaar kom nie en nee ek gaan nie nou na daardie studies se skakels soek nie want ek gaan nou slaap.

‘n Radio omroeper het eendag gese voor hy kinders gehad het, het hy 4 verskillende teoriee gehad oor kinder opvoeding. Nou het hy 4 kinders en geen slim teoriee nie.

‘n Laaste stelling: Die studie metode wat vir hierdie tipe navorsing gebruik word is van die metodes met ‘n baie lae vlak van “scientific evidence” . Die beter studie modelle kan nie vir hierdie onderwerpe gebruik word nie. Een van die mees “significant” flaws van hierdie modelle is die vlak van subjektiwiteit wat daarmee gepaart gaan.

So ek vra weereens hou op om OUERS af te skiet oor hulle metodes van kinders grootmaak.

Alten ·

Ek kritiseer nie die ouers nie. Ek is seker meeste van hulle is goeie ouers. Ek kritiseer hul eng sienings dat pak die enigste manier is en dat dit die oplossing vir alle probleme is. Ek kritiseer dat mense dink ons leef in ‘n anargie en dat die regering hul kinders wil beheer. Ek staaf my menings met feite (sekerlik is misdaadsyfers nie subjektief nie (dit kom uit dien Duitsland artikel uit)). Min ander mense wend eens ‘n poging aan om enige stawing te gebruik.

Attie ·

Respek kom nie van self nie dit word vir jou geleer ek respekteer my ouers en ander mense omdat ek so groot gemaak is sonder pakslae sou dinge baie anders gewees het as Zuma se ma of pa hom biekie gemoer het as kind sou hy meer respek getoon het aan sy medemens en die land in n baie beter posisie gesit het as nou. Gee pak…dit werk

Attie ·

Respek kom nie van self nie dit word vir jou geleer ek respekteer my ouers en ander mense omdat ek so groot gemaak is sonder pakslae sou dinge baie anders gewees het as Zuma se ma of pa hom biekie gemoer het as kind sou hy meer respek getoon het aan sy medemens en die land in n baie beter posisie gesit het as nou. Gee pak…dit werk.

Kobus ·

Pakslae is nie die oorsaak van misdaad nie maar is beslis gebrek aan respek

Magrietha ·

Die kinders het reeds gee respek nie nou gaan hulle hand uit ruk.My geloof is die woord van God hulle noem dit bybel.God se tug die een wat jy lief het.Ek se nie slaan dood nie.Dit wat onwetig is maak hulle wettig dit is wettig is maak hulle onwetig hehehe julke deur die blare

Wikus ·

My siening: Eerstens, ongeag die straf wat jy jou kind gee om hom/haar te dissiplineer, as dit nie met omvouende Liefde opgevolg word nie, gaan daar erge nagevolge wees daarvan.
Tweedens, as jy nie jou EIE kinders al ooit groot gemaak het nie (aanneem kinders is ook jou eie kinders) kan jy nie jouself werklik uitlaat oor wat die beste praktyk in hierdie kwessie is nie. Om iemand anders se kinders, insluitend jou eie boetie of sussie te help grootmaak, aanvaar jy nooit werklik volkome verantwoordelikheid vir daardie kind nie. Ongeag hoeveel studies jy ook al gedoen het of opgelees het. Daar is net soveel, selfs meer studies deur sogenaamde kenners gedoen om die bybel verkeerd te bewys en almal te probeer oortuig dat als ontstaan het uit n toevallige ontploffing.
Derdens, kinders verskil. Wat vir die een werk, werk nie noodwendig vir die ander een nie. My ouers het hul bes probeer om my op alternatiewe maniere te kry om my te dissiplineer, na die 6de deur wat ek n gat ingeslaan weens disrespek aan my ouers, het my gat goed gebrand en dit sal ek nooit vergeet nie. Ek is hulle ewig dankbaar daarvoor.
Laastens wil ek bietjie raad gee as ouer. Moet NOOIT jou kind in woede straf nie. Dit is wanneer ver, te ver word. Stuur hom kamer toe, loop n draai, en dan gee hom/ haar die nodige straf. En onthou om ten alle tye altyd eers vir God te vra vir leiding.

Hannah ·

Julle gee hopeloos te veel aandag en reaksie aan die liewe Alten se kommentaar. Vra heel eerstens of sy ‘n werklike toegewyde Christen is? Glo sy in die Bybel? Het hy/sy kinders? ‘n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt! Kinders se veiligheidsnet is juis daardie pakslae op sy tyd. Dit is of hulle somtyds smeek vir daardie pak! Die HERE waarsku vir jou as jy nie jou verpligting en SY voorskrifte rondom opvoeding nakom nie. Gaan kyk maar na Dr Spock van Engeland se erkenning oor die geweldige fout wat gemaak is met sy verkondiging van geen pakkry! Gaan kyk hoe lyk Engeland se jeug…jy sal jou hande saamslaan. Ek het 2 ongelooflike kinders grootgemaak met pakslae wanneer dit nodig was – en ek prys die HERE dat hulle nou beide in kerke is wat pakgee voorstaan – dit gaan eintlik maar net daaroor dat jy Bybelgetroue voorskrifte moet navolg. Voorspoed en seen, goedheid en guns vir diegene wat met pakkry grootgeword het…en aan die wat dit nie gekry het – gaan hoor waar jou ouers die fout gemaak het!

Alten ·

Okay eerstens, ek is n hy. Tweedens, ek is ‘n Christen. Dit is regtig belaglik om my geloof te betwyfel omdat ek nie glo in kinders pak gee nie

Cobus ·

Baie sterkte aan al my mense wat kinders het. Hou koers en fokus met julle oë gerig op die God van Abraham, Isak en Jakob. Met SY Hulp SAL ons die wa deur die onstuimige rivier kry.

Anti-Alten ·

Alten, hierdie tannie het haar kinders pakslae gegee as hulle dit verdien het anders maak mens hulle vir die tronk groot. Weet jy waarom is ons land in die gemors waarin hy is? omdat die swartes glo mens slaan nie jou kind nie. Kyk waar staan ons nou! Hulle is goddeloos, wetloos, arrogant, brand en breek alles af, verkrag, en moor. Die Bybel sê duidelik (in Spreuke) dat ‘n goeie pakslae op sy tyd reg is. Nie MISHANDEL nie. Is jy dalk ‘nie’blank’ dat jy so sterk hieroor voel want hy redeneer net soos hulle.

Cobus ·

Ek is moeg om deur die verligtes van hierdie wêreld voorgeskryf te word. Ek ken my herkoms en my toekoms. Gemeet aan DEUTERONÓMIUM 28 sal ons elkeen sien of nie sien waar ons staan . Maar weë die verligte denkers met hulle wêreldse wysheid…Die wysheid van die wêreld is dwaasheid by God.
.

Drikus Kotze ·

2Tim 3:1-5 “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

1. Ons land het nie ‘n regering – dit is ‘n bende wat sy mede burgers besteel.
2. Die uitspraak word gelewer in die bende se guns, skep anargie. Daaruit kan die kommunistiese bende “SY” orde herstel, dan sal almal hulle prys(aanbid).
3. Diegene wat die wet ondersteun het duidelik in hulle lewe nie ‘n goeie drag slae gekry nie

Verstom ·

Niemand sal aan my voorskryf hoe om my kinders/kleinkinders groot te maak nie. Ek sal dit witwaks uit hulle voeter. My 2 seuns albei in die 30s was deur my alleen gefoeter en meer as een maal was vir my vertel hoe gedissiplineerd my kinders is. Hulle is nie kwaad vir my oor ek hulle pak gegee het nie, eerder dankbaar. Dieselfde wag vir my kleinkinders, kom wat wil!!!!! Watwou sielkundige grootmaak, vertel dit vir die hoenders. Die enigste sielkunde wat werk is handelinge 5 (fisiese hand). Ek stem met jou Drikus oor 2 Tim 3:1-5

Jacques ·

Kyk , my kind is my kind en ek glo elke ouer soos ek wil net die beste he vir sy kind . Geen wet gaan n kind reg opvoet sonder n pakslae op sy tyd nie , en ek praat nie van aanrand nie .
Gaan vra enige ouer persoon of hy pakslae gekry het as kind , en kyk of hulle klip gooi of afbrand dan praat ons weer . Die mense moet bykom >

ne? ·

Kinders is beslis nie dom nie, hul GAAN hul grense druk en al hoe meer en meer…hul lag al hul ouers uit in hul eie ouers se gesig (kyk net wat maak hul al met ander vorme van gesag)! Al wat EK kan se is: Sterkte vir diegene wat kinders moet grootmaak……. met gebinde arms….

Debbie ·

Hierdie wet is nie prakties nie. Wanneer dissipline toegepasword IS DIT NIE GEWELD nie. Dis korreksie met liefde.
Voorbeelde hiervan:
‘n Onderwyser wat ons op skool gehad het, het vir jou ‘n lesing gegee, en dan jou pak toegedien. Hy was lank voor ek in die skool was die top en geliefste onderwyser, en sover my kennis strek ook lank na ek die skool verlaat het. Dit was met liefde toegedien en ontvang.
My stiefseun het net 3 keer by sy pa ‘n pakslae gekry as ‘n jongeling. Sy ma en pa is geskei (nie om die rede nie) en jare later het hy self besluit om eerder by ons te kom bly. Tot vandag toe weet hy waar sy grense is en ons het ‘n baie goeie verhouding. En laastens:
Een van my werkers wat by ons vir 6 maande moes bly se seun kon sy nie beheer nie. Hy het op hulle 2de dag ‘n pak by my man ontvang en nooit weer drama gekry nie. In teendeel wanneer hy vandag 5 jaar later hier instap, sal hy eers by my man kom sit en gesels voor hy by sy ma gaan sit.
Die 0.5% kinders wat mishandel was oor die lewenswandel van die mensdom ( wat bitterlik jammer is en ek my hart oor uitstort) is nie ‘n verskoning vir die wet vir die 99.5% wat dit wel op ‘n gesonde manier kry en gekry het nie.

stefanie ·

Die regering kan nie eens die land regeer nie alles is n groot gemors nou wil hulle die ouers voorskryf hoe om hulle kinders groot te maak Ek het pakslae gekry as kind en veruil dit vir niks in die wereld nie ek wardeer my ouers opreg en veruil hulle vir niemand op aarde nie hulle is apsoliet my rolmodele en my liefde vir hulle is onverbeterlik Ek kan net aan hulle se dankie vir die liefde wat ek van hulle ontvang het ek respekteer julle opreg en was nooit bang vir hulle nie al het ek pakslae gekry op die regte tye

Johnnie ·

As ek my kind n pak slae wil gee sal ek dit doen want my Here het dit vir my in Sy wetboek op geteken en ek handel volgens Sy wet boek en nie volgens hierdie spul atihiste se wetboeke nie. As daai regeter in sy lewe n paar ordentlike pakslae gekry het sou hy nie sulke stupid uitsprake gemaak het nie. Ek glo in God sy woord want Hy het die mens geskape en Hy weet presies wat die beste is vir ons as mens.

Nic ·

@ Alten: Jy het man alleen meer sin gemaak as al die ander kommentaar gesamentlik!! Van die kantlyn af is jy by verre die mees oortuigendste en geloofwaardige deelnemer aan hierdie gesprek. Ek is baie trots op jou, jou ope gedagtes, jou geduld, jou feite, jou balans en koel-kop wat jy regdeur behou het.
As jy eendag klaar studeer het sal ek jou eerder in my hoek wil hê as om teen jou in enige hof te staan!! Gaan die wêreld in met jou kop omhoog – jou toekoms gaan rooskleurig wees. Ek wens jou alle sukses toe.
@ al die ander wat so “wys” is (behalwe vir Eish) – julle maak my uiters bekommerd!

My mond hang oop ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Mense reken jy hoef nie ‘n kind te slaan om hom/haar te dissiplineer nie. Huh? Dan is God nou uiteindelik uitgevang op ‘n fout want daar staan pertinent in die Bybel “Hou die roede nie terug van jou kind nie”. Hy sê nie “praat mooi met jou kind” nie want ek glo Hy weet dit werk nie. Dis sulke eenvoudigheid van mense wat maak dat ons samelewing in die gemors is waarin hy hom bevind.

JG ·

Ek stem saam niks sal my keer om kind n pak slae te gee wanneer dit nodig is. my ma het my my gegooi met n klomp goed en syt my gevoeter maar weet julle wat vandag is ek n 40 jarige vrou en ek makeer niks nie ek het geen kwaad gevoelens en sielkunding makeer ek niks nie ek is immers dankbaar sy het dit gedoen want dit het my laat leer wat morele waardes is en waaroor die lewe gaan. vandag het ek kinders van mye eie en glo my ek foeter wanneer ek wil en my kinders is nogsteeds liefdevol en het geen sielkundige probleme nie. net omdat die regering en die res van hulle nie hulle kids slaan nie nou moet almal onder hulle val. om n kind st straf deur om goed weg te hou en weg te vat van hulle of om hulle in hoek gaan laat sit of toemaak in die kamer of tv weg te vat dit affekteer hulle nie want hulle sal altyd n way kry om dit weer te doen want maatjies vat selfone skool toe en niks keer hulle om die selfoon te gebruik vd maatjies nie. As kids nie n pak slae kry nie kan hulle wegkom met alles en hulle doen dit net weer en weer want hulle is untouchable en dan beland hulle op straat

Jacques ·

Balans is die sleutel tot die lewe, aldus Ed Cole. Die battery wat met twee negatiewe of twee positiewe pole werk moet nog uitgevind word. Die heelal werk met kontraste. Dag/nag, winter/somer, warm/ koud ens., dus ook liefde/tugtiging. Kinders wat “positief” groot gemaak word draai net so banaal uit soos dié wat heeldag geslaan en mishandel word. Daar is genoeg ouers wat hulle kinders “positief” groot gemaak het wat vandag mismoedig kan getuig dit was ‘n fout. Dis deel van die probleem in vandag se samelewing waar daar nie meer begrip is vir die feit dat sekere optredes gevolge het nie. Ek het baie pak gekry, maar tot vandag toe kan ek van geen brandboude getuig wat nie verdien was nie. Nee wat, die boom van kennis is in die kop, en sy wortels in die boude. En so nou en dan moet daardie wortels gestimuleer word sodat die boom beter kan groei.

Madeleine ·

Wat jy saai sal jy maai. Hou ons land dop oor 10/20 jaar. Ons gaan sit met n egosentriese; humanistiese nuwe generasie wat nie reggewys sal kan word nie. Wat n land saai sal die land maai.
ACDP ek steun jul volkome!!

Alten ·

Amerika sit klaar daarmee. Dit is weens die “self-esteem-movement” (Google Simon Sinek, hy het heelwat daaroor te sê). Lyfstraf is wettig in elke Amerikaanse staat. Dus kan hierdie egosentrisme nie aan ‘n gebrek aan lyfstraf gekoppel word nie.

Perspektief ·

N pakslae het nie dieselfde effek op alle kinders nie, so ook nie “hoek-sit” of praat nie…elke ouer moet sy kind lees, en die straf toedien wat werk vir daardie bepaalde kind. Die feit is dat dissipliene wel gekweek moet word…as ons tenminste daarop kan ooreenstem. Orde, reg & geregtigheid, respek vir gesag asook dissipliene is nie n inherente menslike kwaliteit nie…dit word gekweek.

Hennie ·

Dit is baie duidelik in vandag se samelewing dat daar geen dissipline meer is nie dissipline word vinnig aangeleer indien n kind in liefde getugtig word. Alten bly asseblief stil jy het nie kinders nie so moet nie praat oor iets waarvan jy NIKS weet nie

Alten ·

Baie dankie dat u op ‘n intellektuele vlak met my debateer. Om vir iemand te sê: “Bly stil, jy weet niks.” laat u nie ‘n debat wen nie.

U mag dan ook nie op die dade van die president kommentaar lewer nie, want u was nog nooit president nie. Omdat u dit mag doen, mag ek seker ook oor hierdie kwessie praat?

Willie ·

Dis hoekom hulle kinders so uit beheer is… kyk maar waar jy gaan, geen maniere nie, n skaamte…

Mad ·

Ai mense. Hier sal altyd mense wees wat ‘n debat wil voer. Dis elkeen se eie mening en geloofs oortuiging. Ek glo self aan ‘n pak op sy tyd en tog is daar mense wat dit heeltemal te ver voer. Hierdie ADHD goed het ons ouers met ‘n goeie pak op sy tyd behandel. Sielkundiges maak baie geld en ek glo iemand baat daarby. Moenie mense soos Alten kop toe vat nie want dis sy doel om ons wat anders voel warm te maak. Dis sy seining en dis al. Nie iets om oor te praat nie. Vat kommentaar van wie dit kom en wat dit werd is.

Dissipline ·

Dis hoekom bendegeweld en verkragting by skole toeneem, geen dissipline meer nie, ook aanrandings by skole deur leerders op ander leerders, oor kleurgrense heen. Daar is geen straf meer nie, daar word niks aan ‘n boelie of aanrander by die skool gedoen nie. DOEN ZO VOORT … die land is reeds in anargie gedompel, nou maak julle nog die kinders ook so groot. Lekker man lekker.

Andries ·

Baie dankie aan my ouers en onderwysers vir elke pak slae wat ek ooit gekry het . My dissipline vandag is die direkte oorsaak daarvan .

BEE ·

My dogter het sonder lyfstraf grootgeword, ekt haar wel gestraf; bv deur 2 weke nie met maats kontak te hê nie, werkies in die huis etc; sy het n absolute juweel uitgedraai!! Ek self glo nie daaraan om kinders te slaan of die ou mooi woordjie; tugtig nie.

Frans C ·

Wonder net wat gebeur nou in die weermag? As korporaal skreeu:”Troep staan op aandag en sluit jou hakskene.” sal die ou bloedjie seker sê:”Moenie op my skreeu nie,my Ma het my nie so groot gemaak nie.” “As jy mooi met my praat sal ek dit oorweeg om te doen”.

Wonder wat sal hul in die ou SAW gemaak het,waar CB en “Pack Drill in fulle battle dress en great coat’ nog in was en korporaals ‘n paar bakstene inpak net om seker te maak jy verneuk nie.
Of as jy op die ‘Obstacle course’ beland waar die eerste ou die heining platduik sodat ander oor hom kan hardloop of as die ou Bedford sonder werkende ‘speedo’ die pad buite Potch afkruie en die bevel ‘spring’ kom.

Dit is geen wonder ons land is in ‘n gemors nie en misdaad vier hoogty nie.

Jani ·

Dis as gevolg van ons nie ons kinders mag slaan nie dat hulle hand uit ruk en die kinders net kan maak soos hulle wil. Hulle het nie eers meer respek vir ouer mense nie omdat mens hulle nie mag maniere inslaan nie. Dankie tog vir al die pakslae wat ek gekry het. Pak slae in my huis sal ongelukkig maar bly…..

Alten ·

Hoe ouers teenoor gesagsfigure optree speel ‘n baie groter rol in hoe kinders eendag teenoor gesagsfigure gaan optree.

Bv. Ouers in hierdie kommentare minag die regering. As kinders dit sien, stuur dit die boodskap dat alle gesag nie gerespekteer hoef te word nie.

Om “maniere in te slaan” het nie eers naastenby dieselfde effek wat ‘n goeie voorbeeld het nie.

Ouma ·

Ek weet ek het soms op die randjie geloop in my jong dae. Maar juis om slae te vermy, het ek nié daardie treetjie té vêr gegee nie. Daarmee sê ek NIE dat jy jou kind moet slaan vir elke bakatel nie. Jy moet jou kind duidelik waarsku dat dit kans nommer 1 is en by 3 kry hy/sy pakslae. Slae moet die heel laaste uitweg wees. Moenie jou kind slaan dat daar merke is nie. Dit is wat my betref aanranding. Letsels aan die lyf, maar ook letsels op die hart. . En dan moet jy vir jou kind verduidelik jy het soveel kanse gehad, en al wat oorbly is lyfstraf. Moenie slaan as jy kwaad is nie. Want dan kan jy jouself te buite gaan. Gee pak wanneer altwee rustig is en kans gehad het om oor die oortreding te dink.

Wessel van Heerden ·

Wil net se dat tot omtrent 7 jaar oud het ‘n kind nie die verwysingsraamwerk om met hom in ‘n redenasie betrokke te word nie. ‘n Kind van 3 verstaan nie dood en pyn deur elektrisiteit as jy hom probeer waarsku om nie sy vinger in ‘n kragprop te druk nie. ‘n Warm wiks op die bout sal hom leer daar is ‘n gevolg. So red jy ‘n kind se lewe. Daar moet ‘n onmiddelike gevolg van sy aksie wees. Met ouer kinders kan daar gepraat en redeneer word. As my kind smeek vir ‘n wiks, sal ek dit vir hom gee in liefde.

Verstom ·

Geen hof sal aan my voorskryf hoe om my kinders/kleinkinders groot te maak nie. Ek sal dit witwaks uit hulle voeter. My 2 seuns albei in die 30s was deur my alleen gefoeter en meer as een maal was vir my vertel hoe gedissiplineerd my kinders is. Hulle is nie kwaad vir my oor ek hulle pak gegee het nie, eerder dankbaar. Dieselfde wag vir my kleinkinders, kom wat wil!!!!! Watwou sielkundige grootmaak, vertel dit vir die hoenders. Die enigeste sielkunde wat werk is handelinge 5 (fisiese hand).

Spook ·

Alten, ek gee op met jou, jou ouers moes jou wragtig meer geslaan het

dewet ·

Ek het sommer nou so lekker gelag vir die time out storie. Wat `n grap en ek kry mense jammer wat daaraan glo soos die perd hierbo wat `n “link” geplaas het. En sal my seuns en al sy maats darm lekker saam met my lag. oo Ja dan is tronkstraf ook nie reg as jy steel nie ons kan mos dat die een in die hoekie gaan staan vir n dag dan sal hy mooi leer. Duidelik weet party mense nie hoe om seun groot te maak. Volgend is dit seker verleerd om vir `n ouer mens te se oom of tannie ons is mog gelyk leer dan jou kinder sommer om te se hy en jou.

Morne Botha ·

Man ek voel n veer wat hierdie ongelowige wettelose sogenaamde regerings van ons te se het.Hierdie regering van ons het geen se oor my huis nie,anders as hulle leef ek volgens die Woord wat vir hulle niks beteken nie. Dis nie mishandeling as jy jou kind in liefde grootmaak en tugtig as die noodsaaklikheid daar is nie.My kind sal n hou op die boud kry soos dit hoort maak nie saak waar nie,ek mishandel hom nie en hy weet presies elke keer hoekom hy slae kry. Dissipline op die regte manier en met liefde kweek Godsvresende ordentlike kinders, ons toekoms. Huidiglik het hierdie land en my kind nie n toekoms nie, juis daarom. Konsentreer eerder om hierdie land te regeer sonder om al die geld te steel en los ons uit om ons eie kinders groot te maak soos ons dit goed dink en volgens die Woord.

louis ·

Voel vere vir die regering.as n kind n pak nodig het sal sy agterstewe n goeie loesing kry.

Morne ·

Alten, Duidelik is jy nie n pa nie. Geen mens kan n kind volgens boeke en statistieke grootmaak nie,jy sal en kan nooit ander lande met hierdie land van ons vergelyk nie.Miljoene Suid Afrikaners, enige ras sal aan jou se dat lyfstraf op die regte manier die enigste ding is wat werk, jy sien duidelik nie hoe dit deesdae op skool gaan nie, onderwysers word uitgelag. 20 – 30 jaar terug en langer het ditnie gebeur nie, want ons kinders het respek gehad en dit was op jou afgdwing op die regte manier, ek dink ek is een van die baie manne wat vandag sal se my pa en ma moes my harder geneuk het, dit sou net van my n beter mens gemaak het.

Connie ·

Gelukkig is my kinders nou groot. ‘n Pak op sy tyd is beter as ‘n bord kos op sy tyd. Nie mishandel nie. Met liefde tugtig soos die Bybel sê. Die regering sal nie vir my vertel hoe my kinders groot te maak nie.

schalk ·

Alten jy kort pakslae. Maar Liewe Jesus gaan dit vir jou gee….want hys die enigste regverdige!

Ek dink nie jy het al kinders nie, maar as jy een het is sy naam seker Julius Malema! Jaaa iemand wat geen dissipline of respek het nie!!

Gelukkig weet ek my Bybel praat waar, want hyt al die dinge al duisende jare terug voorspel.

N Ouer wat tug sonder liefde sal ook gestraf word, maar eks seker dat n ouer wat tug met liefde seerder kry as daai kind wie dit ontvang.

Ek maak my nie gebonde aan aardse wette nie. Daarom sal ek my kinders tug met liefde, en sal nie geoordeel word nie. Want aardse wette het geen ewigheids waarde nie…..

Alten ·

Beskou u ‘n vrou wat menstrueer as onrein? Want volgens die Ou Testament is sy.

Wat ek hierdeur probeer sê is dat alles in die Bybel nie presies letterlik geïnterpreteer moet word nie. Dit moet in die lig van daardie tyd se onvoldoende wetenskap, met mense wat regverdiging vir sekere goed, en die kulturele landskap gesien word.

Dan wil ek weereens uitwys dat u my persoonlik aanvat, liewer as die kwessie. Het u dan so min om betekenisvol oor die saak te sê?

Dissipline is belangrik, lyfstraf is nie.

ECT ·

@Alten – gee jou adres, asb. Ek is seker hier is baie ouers wat hul bloedjies met die grootste graagte aan jou so wou oorhandig sodat jy hulle op die ‘sielkundige’ manier kon grootmaak, sonder ‘n drag slae wanneer verdien.

Ek glo ook in ‘n kind ‘sielkundig’ reg grootmaak – met “Boere-sielkunde, plathand op die g*t”, ja! Ek (en baie ander) het op sy tyd ‘n oordeelkundige pakslae verdien en gekry en dit het ons die mense gemaak wat ons vandag is: normale, aangepaste, ordentlike, goed-georiënteerde mense met respek en self-dissipline.

Rina Kotze ·

Alten,

Regtig? Moslems wat in die Ou Testament glo? Hoekom baklei hulle dan met Jode, wat ook in die Ou Testament glo?

Vra maar net?

Net een vraag, hoekom bly jy dan in ‘n Moslem land?

Dan lees almal mos Spreuke wat daar staan om jou kind te tugtig.

Dalk kan gelowige Moslems en Christiene oor een aspek begin saamstem?

Dit sal interessant wees om te sien!

Alten ·

U verwar my met iemand anders. Ek bly in Suid-Afrika. Ook daardie persoon was inderdaad reg: die Quran en die Bybel stem tot ‘n baie groot mate saam. Feitlik die hele ou testament is in die Quran.

Mev. Steyn ·

nou laat die regering my kom probeer aanvat oor ek my kinders disiplineer.

Eks groot gemaak met ‘n pak op sy tyd en so sal ek my kinders ook opvoed.

laat wie ookal my aanvat en daai persoon sal dan ook sommer ‘n pakslae kry.

My kind, my reels, ek sorg vir hom, so sal maak hoe ek goed dink, basta die simpel regering!

Alten ·

Weereens. Dis nie die regering nie. Dis die justisie. Die ANC sit nie in die howe nie.

knor ·

ALTEN
Met jou heel eerste sin wat jy getik het, het ek jou nogal reg opgesom as ‘n jong kind wat regte studeer. “As wise as they come”. Hoe het ek dit reg gekry? Omdat ek ‘n seun meer as 30 jaar gelede geken het presies soos jy. Sy Pa wasn’t ‘n baie suksesvolle sielkundige m.a.w. hy was ook sielkundig groot gemaak. Hy was inteendeel die enigste een, in ons ouderdoms groep, wat so sielkundig, in die vroee 80’s groot gemaak was.

Hy is ook Uni toe en het ook “claim” gelê op sy Christenskap maar het ook erge “weird” sienings oor amper elke ding in die lewe gehad. Soveel so dat AL sy ou skool vriende totaal van hom vervreemd geraak het. Hy het aangegaan en klaar studeer en baie suksesvolle poste oor ‘n tydperk van 15 jaar beklee in groot internasionalle maatakappye. Maar met verloop van tyd het hy sy hele familie verloor op grond van sy sielkunde wat hy gebruik het om lewe te vorm (insluidend die van sy kinders).
Ek het hom so 10/12 jaar gelede raak geloop waar hy ‘n volslae mislukking op straat gesit het (sielkundige ineenstorting en dwelm misbruik).
HY SELF het sy mislukking toe geskryf aan sy pa.
Sterkte seun, jy sal met een oog oop moet slaap en leer om te luister want ek voorspel swaar tye vir jou (nee ek verdoem jou nie) en dan sal jy sit en onthou wat hierdie knorpot vir jou geskryf het.

Jacobus ·

Alten, u noem dat Artikel 12 van die Grondwet sê dat nie die Staat of Publiek mag geweld toepas teen enige persoon nie.

As dit so is soos u sê, dan kan die staat ook geen misdadiger straf nie; tronkstraf is mos ook ‘n vorm van geweld; dit ontneem die misdadiger van sy vryheid; sielkundige pyn en leiding, aanrandings van ander misdadigers ens.

So dan sal u saam stem dat ons ook nie misdadigers kan straf nie want die Regering/Staat speel dan die ouer rol in die gemeenskap en as die ouer by die huis nie straf kan toepas nie, kan die Regering/Staat dit mos ook nie doen nie.

Ek wag vir die dag wanneer een vand die “Born-Free” generasie in die hof staan as misdadiger bv. moord, verkragting ens. en aan die regter sê dat hy/sy nie gestraf kan word nie want as kind is hy/sy nooit gestraf nie want die grondwet beskerm sy regte om nie gepynig te word nie of om nie geweld te beleef nie.

Wat gaan die hof dan doen; die grondwet verontagsaam?

‘n Kind moet van so jonk as moontlik leer dat daar pynlike gevolge is vir sy dade.

En voor u sê dat tronkstraf gepas is, misdadigers skrik nie vir die tronk nie, dit is meer soos ‘n onbetaalde vakansie vir hulle.

Straf moet vrees inboesem, so leer jy wat reg en verkeerd is.

Daar is ‘n groot verskil tussen straf en mishandeling, leer asb. die verskil.

Francois le Cochon ·

@Jacobus – Is jy ook onderhewig aan pynlike gevolge van jou dade. As jy ‘n verkeersboete boete kry, kom daar iemand na jou huis en slaan jou? Nee jy word beboet. So is dit ook met kinders. Leer hulle wat is reg en wat is verkeerd. As hulle oortree ontneem hul van hul voorregte, so eenvoudig soos dit. As jy as ouers ook nie veel van ‘n voorbeeld vir jou kind is nie, sal geen tipe opvoeding vir jou kind help nie. So, voordat jy jou kind wil begin opvoed, maak seker jou eie lewe is onberispelik, anders gaan jou opvoedingplig beslis faal.

Veronica ·

Ek sal my kind pak slae gee. Watse nonsens is die. Oor 100% jaar is die land in sy kannon in dan wil hulle vra hoekom en niemand verstaan hoekom nie. Wel dit sal wees hoekom want julle wette beskerm almal to die kriminele geen wonder dinge is soos wat dit is nie. En nie almal van ons het ‘n sielkundige graad om ons kinders sielkundig reg te ruk nie. As jy nie die eerste keer wil hoor nie kort jy ‘n pak slae. Dit was altyd so en my pa het my geneek en ek sal hom altyd dankbaar wees, want dit is hoe mens leer en respek kry vir jou ouers. Die is eenvoudig belaglik. Sluit my dan maar toe maar my kind sal pak kry. DIE LAND IS ‘N HELSE GRAP!!!

Francois le Cochon ·

@Veronica – Dit is houdings van ouers soos jy wat hierdie besluit genoodsaak het. Leer net jou kind van kleins af, wat is ondelhandelbaar en wat nie, wat is sy/haar regte, en wat nie. As jou kind oortree, ontneem hom/haar van regte, dan sal dit nooit nodig wees vir ‘n pakslae nie!Wees lief vir jou kind, en moenie jou humeur op jou kind uithaal nie!

Pieter ·

Francois,
Om kinders sielkundig groot te maak beteken nie om ‘n swak ouer te wees en om die onhebbelike klein Pieter se Playstation weg te vat nie want jy gaan hom net kwaad maak. Sielkundig grootmaak beteken jy weet wat elkeen van jou spruitjies nodig het, bv Pietertjie se boudjies moet brand want dit is al wat sy ore oopmaak en sy humeur beteuel maar sy sagmoedige sussie Sannie kan bv op die regte pad gehou word deur net ernstig met haar te praat. Moenie dink kindertjies skrik vir in die hoekie staan nie, dit is die grootste grap. Voorregte ontneem laat onrus broei en wek argwaan. Ek praat uit goeie ervaring en het terloops oa ‘n graad in sielkunde wat van my ‘n baie beter pa gemaak het want ek het my kinders verstaan.

Alta ·

Alten jy gee my moed! Ek kan nie glo dat ouers wat so swak debat voer kinders moet grootmaak nie! Ek het self skool gehou sonder om enige lyfstraf toe te dien! Ek het respek gekry omdat ek dit verdien het en nie uit vrees nie! Hou op om Alten aan te val! Lyfstraf is die maklike uitweg as mens nie bereid is om navorsing te doen oor beter metodes om dissipline effektief toe te pas nie! Te veel kinders waarmee ek gewerk het, het sielkundige probleme a.g.v. Lyfstraf!! Dit moet gestop word en ouers moet opleiding kry!! As lyfstraf die beste oplossing is sou die rehabilitasie sentrums nie so oorvol gewees het nie!!!

Alten ·

Baie baie dankie. Goed om te sien dat iemand met die ondervinding wat ek tekort kom ook my ondersteun.

Andre Traut ·

Hahahahaaaaa hoe lekker lag ek nou. Kom probeer. Ek daag jou uit.

cuck ·

when I was boarding school the housemaster would give me six of the best and today i say thank.you

Johan ·

Alta ek is ook in die onderwys ek weet jy het dalk nie lyfstraf toegepas nie want jy het die leerlinge na n mans personeellid gestuur om dit namens jou te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.