Palestynse militante glo deur SA gewerf

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Israel het Woensdag gesê hy het op ʼn Palestynse militante operasie toegeslaan wat vermoedelik deur Iranse intelligensiebeamptes vanuit Suid-Afrika bedryf word.

Israel is al lank in ʼn skadu-oorlog met Iran gewikkel. Iran ondersteun Islamitiese guerrillas in die Gasastrook en Libanon en daar word wyd geglo dat die land se kernprogram deur Israeliese saboteurs geteiken word.

Israel se Shin Bet-veiligheidsagentskap het gesê drie Palestyne van die besette Wesbank is van spioenasie en terreuraanklagte aangekla nadat hulle erken het dat hulle Iranse opdragte aanvaar het, insluitend die voorbereiding van ʼn selfmoordbomaanval en om die hanteerders van Israeliese SIM-kaarte vir selfone te voorsien.

Die agentskap het nie meer inligting gegee oor enige van hierdie beweerde beplande aanvalle of spioenasiemissies nie en ook nie gesê of enige hiervan al naby aan uitvoering was nie.

Die Shin Bet-agentskap het in ʼn verklaring gesê die verdagtes se kontakpunt was ʼn Palestyn wat in Suid-Afrika woon en deur Iranse intelligensie gewerf is. Die verklaring het nie enige aanduiding gegee of die Suid-Afrikaanse regering bewus is van die beweerde Iranse aktiwiteite of die Palestynse man se doen en late nie.

Die pro-Palestynse sentiment is sterk in Suid-Afrika wat ʼn gespanne verhouding met Israel het, maar die Shin Bet-verklaring insinueer dat die land effektief as ʼn Iranse spioenasieplek gebruik word. “Dit het tydens die Shin Bet-ondersoek duidelik geword dat Iranse intelligensie Suid-Afrika gebruik as ʼn beduidende arena om anti-Israel agente in die Wesbank op te spoor, te werf en te bestuur,” het die Shin Bet-agentskap gesê.

Die agentskap beweer verskeie Iranse beamptes het vanaf Tehran, die hoofstad van Iran, gereis vir die operasie.

Die Shin Bet-agentskap het nie gesê wanneer die beweerde operasie aan die lig gekom het of wanneer die verhoor teen die drie verdagtes sal begin nie. Die agentskap het ook nie bekendgemaak of die drie verdagtes al regshulp bekom het en hoe hulle op die aanklagte teen hulle sal pleit nie.

Reuters kon Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) nie onmiddellik bereik vir kommentaar nie. Nelson Kgwete, woordvoerder van Dirco, het egter aan EWN gesê Suid-Afrika is nie betrokke by enige buitelandse konflik nie en dat die departement geen kennis dra van anti-Israeliese werwingsoperasies wat vanuit Suid-Afrika bedryf word nie.

Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, het Woensdag aan verslaggewers gesê die saak is ʼn bewys daarvan dat Iran op ʼn “ondermynende en terroristiese manier” te werk gaan.

ʼn Shin Bet-veteraan wat ʼn onderhoud op Israel Radio toegestaan het, het aangevoer die beweerde band met Suid-Afrika kan ongekend wees. “Skynbaar het die Iraniërs vrugbare grond in Suid-Afrika gevind,” het die oud-beampte, Adi Carmi, gesê. “Ek kan nie onthou dat Suid-Afrika al ooit deur die Iraniërs gebruik is as ʼn terroris-werwingsgebied met die doel om aanvalle uit te voer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

marous ·

Stuur asseblief ‘n battaljon na hierdie vervloekte land….

JC ·

Israel (en by implikasie Amerika) kom binnekort!!
Die ANC het hulle ooreenkoms (skikking) met die Afrikaners (en met die ondertekenaars VSA en die ander lande v/d Westerse wereld) eensydiglik verbreek, en die lande is nou bewus van wat hier aangaan.

Hierdie “demokratiese bestel”, en onderdrukkende (met behulp van die” howe” ) en verfoeilike een-man-een-stem regime, se einde is skynbaar naby…

Eish ·

Eish! Verbaas my nie in die minste nie. Die openbaring van Jaques Pauw se boek het ons n goeie beeld gegee van wat werklik aangaan in die intelligensiediens en die ongure karakters wat hul daar bevind. Verseker sal hul nie n koeken klue hê van die klas van onheilighede wat hier aan’t broeie is nie.

Cherokee ·

Eish, saamgaande met jaques pauw se boek moet jy altyd wanneer jy sy naam noem, weet en ingedagte hou presies wie en wat hy is. Sy boesemvriend (of een van hulle) se naam is op die omslag – max du preez (klein letters met opset). Pauw is een van diè wat teweeg gebring het wat die land ervaar – de klerk was bloot ‘n pion in die hande van liberaliste soos hyself en pauw. Moet nooit vergeet dat pauw was ‘n medewerker vir juis dìt waarin Suid Afrika beland het.

FM ·

Ek sal nie verbaas wees as terroriste hulp uit SA teen Israel kry nie. Kyk maar na die gedeeltelike toemaak van die Israelse ambassade in SA. Mettertyd sal dit duidelik word.

PJC ·

Die ANC se beheptheid met die palestyne gaan nog vorentoe in hulle gesigte(amper sê ek gevrete) ontplof.

Ben ·

So ‘n jaar of twee terug was daar ‘n gerug wat die ronde gedoen het, dat ISIS soldate op ‘n minister se plaas hier in Suid Afrika opgelei word? Ons moet ook onthou dat vandag se regeerders deur ‘n vorige Suid Afrikaanse regering asook die VSA as terroriste beskou was. So tegnies word Suid Afrika deur terroriste geregeer. Die feit dat die VSA hulle geherklasifiseer het en toe met die Ghadafie episode hulle weer as Terroriste geklasidiseer het se baie. So veel so vir die VSA en W ereld (UN) se “Oorlog teen terrorisme”. Blind om hulle eie twee wereld oorlog bondgenote te help. In die rug gesteek ja…
Stem saam met PJC – die Wiel, hy Draai.

HPV ·

Ben, om ISIS “soldate” te noem is ‘n belediging vir enige ware soldaat. Nee hulle is nie soldate en sal nooit soldate wees nie.

jaco ·

die Israeli’s hou nie van die palestyne nie en gee hulle dus die Palestinian Aurhority, waar hulle ‘n mate van selfregering het.Hierdie Palestynse “staat” het reeds diplomatieke verteenwoordiging die wereld oor en kry ook buitelandse hulp. Die uiteinde is dan n Palestynse staat en ‘n “two state solution” tussen Israel en die Palestynse gebied wat Israel tans beset.
Die ANC steun die stigting van ‘n Palestynse staat.
Die ANC hou nie van die wit mense van SA nie, maar is ongelukkig hewig anti-Israel. hulle sal dus nie Israel se hantering van die Palestyne goedkeur en in SA toepas nie. ek dink egter dat dit kan werk: dwing al die wit mense in ‘n sekere gebied in en gee ons ‘n mate van selfbestuur daar. onmiddelik is die nonsens wat die ANC die wit mense so gereeld van beskuldig dan weg en met selfbestuur van ‘n “staat” van so 3.5 miljoen mense kan ons dalk nog suksesvol wees op ons eie. Diplomatieke verteenwoordiging en buitelandse hulp sal ook nie uitbly nie.
Eks ernstig: so n Isreali-Palestynse “two state solution” model kan ook in SA werk.

Gerhard Bezuidenhout ·

Hierdie klomp in SA wie die terroriste werf en oplei sal nog houtgerus sit dan is die Israelis op hulle.

bgj van der westhuizen ·

ja die anc regering van suid afrika is besig om n gat vir hulle self te grawe wat hulle nie kan bekostig nie hulle vergeet die jode staan w ereld wyd saam teen die wat teen hulle is en suid afrika sal net 2de kom bepaal eerder by sake wat suid afrika raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.