Palissadepenne deurboor man  

Nooddienswerkers op die toneel. Foto: Rescue Care

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is in ʼn kritieke toestand na ʼn Durbanse hospitaal geneem nadat hy Saterdagaand deur penne van ʼn palissadeheining deurboor is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê nooddienste is omstreeks 20:30 na die toneel naby die stadion op NMR-laan naby Gobleweg in Stanford Hill ontbied.

“By paramedici se aankoms op die toneel het die man onderstebo aan die heining gehang. Die penne het albei se bene deurboor. Die man het na bewering uit ʼn groot boom langs die heining geval en op die penne beland,” het Jamieson gesê.

Paramedici, nooddienste en die Durban-brandweer het besluit dat die heining afgesny moes word om die man te bevry.

Die brandweer het ʼn gedeelte van die heining losgesny en dit versigtig na die grond laat sak.

Paramedici het die man gestabiliseer terwyl die brandweer die res van die heining om die man afgesny het.

“Die oomblik toe die man bevry is, is hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Dit is nog nie duidelik wat die man in die boom gesoek het nie. Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Marius L van Niekerk ·

Die man was sekerlik honger en op soek na ‘n toebroodjie ……….

Skybird ·

Net soos die Leeu geval, die Natuur is ook g@tvol vir rowers/huisbreukers ! Kla die gladde boom aan en die palisade as medepligtige, hahaha.

Lynette ·

Nie duidelik wat die man in die boom gesoek het nie???? Vir my is dit so duidelik soos daglig!!!!!!

Pettra Strydom ·

Duidelik soos daglig!…. Al het dit in die duisternis van die mag gebeur!

Gemaskerde Sopbeen ·

“Dis nie duidelik wat die man in die boom gesoek het nie.” REGTIG? Die kans is 99,9% dat hy in die boom geklim het in ‘n poging om OOR die staal heining te kom. Dis Suid Afrika waarvan ons praat hier……

Dinarie ·

Niemand klim in n boom naby n vreemde huis omring deur n pallisade heining 20h30 in die aand met eerbare bedoelinge nie.
Ergo. Die man is waarskymlik n skirminkel wat daarop uit was n misdaad te pleeg

Max ·

Wil ek ook weet. Wie betaal. Karma kry hulle een vir een. Sy kom kry vir jou en dis seer.

Carolina ·

Ek het ook gewonder wie gaan betaal vir die heining wat stukkend gesny is. Brandweerstasie. Of is dit nou weer die eienaar se probleem.

Daan ·

Die man ,boom.

n vinnige begryper het net n halwe woord nodig???

Pop ·

Hy het ook seer sekerlik nie uit die boom geval nie. Hy het hom misgis met hoe ver hy moet spring om oor te spring. Nou sit daar mense met skade aan die heining.

hendrik ·

Hy gaan die eienaar van die perseel met die palasade beskuldig van rassisme.

Nettie ·

@hendrik – hy gaan die eienaar van die perseel van rassisme aankla omdat die boom groen is en die palisade GROEN geverf is???

Pettra Strydom ·

Duidelik soos daglig al het dit in die duisternis van die mag gebeur.

Randie ·

Lag te lekker vir almal se kommentaar. Ja wraggies, seker heel onskuldig piekniek gehou in die boom, of iets.

Andrea ·

Hahaha! Wel hy sal seker aanhou oefen sodra hy uit die hospitaal ontslaan is…

Boet Fasie ·

Dit is die doel van ‘n palisade heining om ongenooide besoekers en gaste te vang voor hulle kan oortree.

Sterretjie ·

Ai….die boom n lekker uitkyktoring. Bome moet meer geskud word!! Sjoe……eina toe! Boomklim se kampioenskap toe verloor.

Dienks ·

Verseker was hy daar vir verkeetde redes… Hy het wel gekry waarvoor hy gesoek het…moeilikheid!

Alida ·

Laat dit vir hom n les wees. Hy was nie daar vir die pret nie.

Koos ·

Een ding is verseker – nou gaan die ANC een of ander indaba hou, en een of twee ministers gaan besluit heinings sonder waarskuwings dat jy kan seerkry is onwettig. Hoor my vandag. Casper de Vries was destyds reg toe hy gespot het oor motorbestuurders wat plakkers op hul karre gaan moet plak eendag: “Pasop, hierdie ### ding kan jou omry”.

Zazu ·

En nou lê die boomklimmer op my en jou onkoste in die hospitaal. Tssk!! En eerbare mense wat aangerand word wag in die selfde hospitale vir 72 uur voordat daar na hulle omgesien word want die “boomklimmers” moet eers gehelp word!

damon ·

nou is die heining af en is daar onbelemmerde toegang tot die erf en dalk die huis ook. Eks so moeg van hierdie alewige gesluit, beveiliging, wegsteek van goed in jou eie huis.

Randie ·

Ons moet net hoop hy sterf nie, want dan word daardie Stadion seker na hom vernoem…

Sue ·

Die goed waarmee jy uitkom laat my skaterlag jou lawwe mens??????

Lekkerlag ·

En in die boom was daar ‘n Boef.en die rooi bloed gras groei daar om!

PJC ·

Hierdie is ń ou gewoonte van misdadigers om van bome gebruik te maak om oor pallisade heinings te kom. Ongelukkig vir hulle kan dinge soms lelik skeef loop. My ondervinding is dat hierdie heinings baie gevaarlik en meer doeltreffend sa ń elektriese heining is.

Sue ·

As mens n bietjie down voel moet jy net na so n berig, al die kommentaar kom lees. Ek het my nou skoon moeg gelag vir al die grapjasse. Dankie vir julle almal?

humor ·

Dankie. Ek het nou lekker gelag. “Dit is nog die duidelik wat die man in die boom gesoek het nie”.. Whahahahaa! Dis maklik. Hy wou die sterre van nader bekyk. KYK en sien die boom is in ‘n stuk veld, langs die mense se erf. En dit was donker.. Duh.

Wonder ·

Baie dankie vir die lekker lag! Is net ons Suid Afrikaners wat die humorsin in alles kan sien.
Die man was vindingryk. Hy het ons net gewys hoe maak jy palissade sotaties!

Annelize ·

Dis nou misdaadvoorkoming vir jou! Wat soek hy daardie tyd van dag in ‘n boom? Ek betwyfel dit sterk of hy besig was om ‘n dokumentere program te maak oor die gedragspatrone van Naguile.

lizl ·

Ai … so `n moedswillige heining ! Hoop daardie heining het `n goeie prokureur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.