Pampoenkraal: EFF wil landdros verkla

Betogers Vrydag buite die Piet Retief-landdroshof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die EFF in Mpumalanga sê hy gaan die landdros verkla wat borgtog toegestaan het aan vyf mans wat aangekla word van die moord op twee broers op die plaas Pampoenkraal vroeër vandeesmaand.

Landdros Sam Fankomo het Vrydag borgtog van R10 000 elk aan Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) toegestaan.

Fankomo het bevind daar is geen gronde wat daarop dui dat die beskuldigdes met ’n gemeenskaplike doel opgetree het toe hulle op 9 April na Pampoenkraal – in die omgewing van Dirkiesdorp – is om plaaswerkers te help wat glo deur ’n groep betogers geïntimideer en aangerand is nie.

Die aanklagte teen die mans sluit in moord, poging tot moord, ontvoering en regsverydeling.

Die EFF sê hy neem met “weersin kennis van die straffeloosheid waarmee die gewoontemisdadigers wat nou tereg staan op verdere aanklagte” borgtog toegestaan is.

“Die ongevoeligheid van die hof vir die openbare protes en die oproerigheid weens die rassemoord van Afrikane deur Europese afstammelinge wat grond besit wat hulle voorvaders by inheemse Afrikane gesteel het, is ʼn regsverydeling wat wys hoe ongetransformeer die regbank is,” lui die verklaring.

Die EFF het ʼn beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gedoen om te appelleer teen die uitspraak en sê die howe kan nie medepligtig wees aan ongeregtigheid en die moord op grondlose mense nie.

“Die Ku Klux Klan- wit oppergesagsorganisasies juig omdat Afrikane wat lede van die regbank is in teenstelling staan met die doelwitte van slagoffers van rassisme.”

Die EFF sê hy gaan ʼn klagte by die landdroskommissie aanhangig maak oor die betrokke landdros se optrede in die saak omdat hy die “grofste onbevoegdheid” gewys het.

“Die regbank het ʼn verantwoordelikheid om die vertroue van slagoffers van rassegeweld wat oor drie eeue aan hul uitgedeel is, te behou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

65 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adri

Die EFF se rassistiese onderrok hang ver uit!

Persheks Adri

Ek wonder wie de hel is gewoonte misdadigers gggmmmfff beslis NIE die boere NIE! Die landdros het beslis ‘n brein wat werk beter as die EFF’ers. Rassistiese klomp wat net moeilikheid maak waar hulle gaan tsssk net

N

Jinne, die EFF speel sommer al die kaarte, gewoontemisdadigers, Europese afstammelinge, grond diewe, ku klax klan, rasisste. Ek wonder wat sê anti-apardheids vegters van all die stelling. Feit bly staan as jy wit is mag jy niks sê of doen nie. Maar laat jy net aan die EFF, ANC of Black first land first behoort kan jy rassistiese stellings maak soos jy wil. Hierdie situasie bewys weereens dat die EFF net betoog om die hof en media onder druk te plaas. Jy kan wit wees, en dit kan bewys word jys onskuldig, steeds sal hulle jou kop eis.

Werner

Die every for free party is so onosel hulle Gaan Al die plaaswerkers hulle werk Kos en hulle Gaan bloedneus kry die boere is gatvol

Alex

Ag siestog. Die rassiste het ‘n eiertjie te lê. Kinderlike denk wyse en so wil hulle stemme werf.