
Die mans verlaat die hof op Piet Retief te midde van ‘n swaar polisieteenwoordigheid. (Skermgreep: Tania Heyns/Maroela Media)
Landdros Sam Fankomo het bevind dit is in belang van geregtigheid dat Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) op borgtog vrygelaat word.
Die groep het sowat twee weke gelede vir die eerste keer – te midde van gewelddadige betogings buite die hof – in die hof verskyn. Hulle is sedertdien in aanhouding.
Maroela Media het vroeër berig ʼn video-opname van die gebeure wat die noodlottige skietery op 9 April op Pampoenkraal voorafgegaan het, wys glo dat die boere nie aggressief opgetree het, soos die staat beweer nie.
Die beeldmateriaal wys hoe betogers op die plaas aankom en plaaswerkers verjaag. Dit wys ook hoe die eerste oorledene in ʼn konfrontasie met sy broer, wat in dié stadium op die plaas gewerk het, betrokke raak.
Die video beeld egter nie die gebeure tydens die skietery uit nie.
Die broers se dood spruit glo uit die optrede van ʼn groep betogers wat op die noodlottige dag plaaswerkers geïntimideer en aangerand het, na bewering om te verhoed dat hulle hul werk doen.
Die betogers het na bewering aggressief voorgekom en het boere wat op die toneel gereageer het met onder meer stokke aangeval.
Verskeie boere is ook in die voorval beseer.
Hou Maroela Media dop vir meer inligting oor die borgtoguitspraak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Mag geregtigheid geskied.
Dit is uit en uit ‘n kleur-gedrewe ding.
Ek is bly daar is ‘n video wat in hulle guns tel.
Dankie Liewe Vader dat U almal se gebede verhoor het. Wees nou en ook op die dae wat voorlê met hulle. Ons weet dit gaan nie ‘n maklike pad wees nie. Amen.
Kom ons kyk hoeveel borg die boere gaan moet betaal seker weer belaglik verby! Goeie nuus ten minste dat hulle borg gaan kry na 2 weke