Pampoenkraal: Mans weer in hof

Daniel Cornelis Malan, Cornelius Lourens Greyling, Zenzele Mzikayise Patric Yende, Othard Johann Klingenberg en Ignatius Michael Steynberg in April in die hof. Nog twee beskuldigdes is intussen tot die klagstaat gevoeg. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die sewe mans wat van die broers Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka se moord op die plaas Pampoenkraal in Mpumalanga aangekla word, het weer Woensdagoggend vlugtig in die Piet Retief-landdroshof verskyn, waar die saak tot volgende maand uitgestel is.

Die dorp was glo dié keer doodstil met geen betoger of polisieteenwoordigheid in sig nie. Betogings word gedurende vlak 4 van die afsonderingstydperk verbied.

Talle betogers het in April na die dorp opgeruk nadat Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) in hegtenis geneem is in verband met die Coka-broers se moord.

Maroela Media het vroeër berig die broers is op 9 April vanjaar op Pampoenkraal doodgeskiet nadat ʼn groep betogers die noodlottige dag plaaswerkers geïntimideer en aangerand het, na bewering om te verhoed dat hulle hul werk doen.

Die betogers het glo aggressief voorgekom en het boere wat op die toneel gereageer het met onder meer stokke aangeval. Verskeie boere is ook in die voorval beseer.

Landdros Sam Fankomo het einde April, ná ʼn borgtogaansoek van twee weke lank, borgtog van R10 000 aan die vyf beskuldigdes toegestaan.

Die landdroshof in Piet Retief, Mpumalanga. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Nog twee boere, Andre Pienaar (32) en Werner Potgieter (47), is in Mei tot die klagstaat gevoeg en ook borgtog van R10 000 toegestaan.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het vanoggend aan Maroela Media gesê die saak is nou tot volgende maand uitgestel sodat die klagstaat afgehandel kan word.

Die sewe mans moet weer op 23 Julie in die hof verskyn.

Nog twee moorde op Pampoenkraal

Potgieter, Greyling en Yende word aangekla van moord in ʼn onverwante saak wat spruit uit nóg twee moorde wat in Augustus verlede jaar op Pampoenkraal gepleeg is. Hulle moet volgens Nyuswa ook op 23 Julie weer in die hof vir dié saak verskyn.

Sifiso Joseph Thwala en Musa France Nene is verlede jaar dood nadat hulle en Christopher Sthembiso Thwala op 9 Augustus op die plaas aangerand is.

Greyling, Potgieter en Yende word in dié saak saam met Eliot Dlamini, Moses Dlamini, Sikhumbuzo Zikalala, Mzwakhe Dlamini en Nkosinathi Msibi van moord, poging tot moord, ontvoering en regsverydeling aangekla.

News24 berig landdros Dumisani Nxumalo het die beskuldigdes in dié saak almal vroeër vandeesmaand borgtog geweier en hulle is steeds in aanhouding.

Nyuswa het vanoggend gesê die beskuldigdes in dié saak het reeds hofstukke by die hooggeregshof ingedien om teen die borgtoguitspraak te appelleer. Nyuswa het voorts gesê die NVG gaan die aansoek om verlof tot appèl teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Hulle het behoorlik die boere in hulle fisier magtag!!!

gpsa ·

Die storie is steeds vir my baie deurmekaar. Klink steeds of die slagoffers in die hof sit, en die moeilikheid makers niks oorkom nie????

Elinette ·

Maar ons weet mos dis hoe dit werk. Dit is alles deel van die ont-populasie plan vir landbougrond.

Magda G ·

Ek dink ook die skuldiges sit agter die aanhitsing nou moet onskuldige mense die blaam kry. Invloed en leuens het al menigte mense gebreek

Renier johannes ·

Ja hulle moet die klomp agter alles op spoor en ook vervolg

Die Boerepompie ·

Die so demekkr as Piet Bylefeld nog huur was so hy dalk die kon uit klaar .Dit ly meer demekaar vir my

Anoniem ·

Ja nee, nou moet die boere daaronder lei terwyl dit die betogers moes wees wat hul moes toesluit en die sleutels weggooi. Hul besit die gawe om ‘n mens tot die uiterste te dryf, al is hul hoe skuldig moet die onskuldige party daaronder ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.