Panayiotou-appèlaansoek vandag aangehoor

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Christopher Panayiotou, die veroordeelde moordenaar van sy vrou, Jayde Panayiotou, se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding sal Woensdag in die Port Elizabeth-hooggeregshof aangehoor word.

Adv. Terry Price, vir die verdediging, het verlede jaar die appèl teen sy kliënt se moordskuldigbevinding ingedien.

Die dokumente lui dat die verhoor grootliks ten gunste van die staat geswaai het. Dit gaan sover as om regter Dayalin Chetty as bevooroordeeld ten gunste van die vervolging te bestempel.

Panayiotou dien tans ʼn lewenslange tronkstraf-vonnis uit in die St. Albans-gevangenis.

Chetty het Panayiotou, Zolani Sibeko en Sinethemba Nenembe verlede jaar gevonnis vir dié moordsaak wat die land geruk het.

Nenembe het lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede gekry. Sibeko is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir sameswering tot moord.

Maroela Media het vroeër berig Luthando Siyoni, die vermeende middelman in die Panayiotou-saak, is vroeër vasdeesmaand in hegtenis geneem buite Port Elizabeth byna ses maande nadat sy immuniteit van vervolging herroep is.

Siyoni het vroeër erken dat hy ʼn huurmoordenaar help opspoor het om Jayde te vermoor. Hy het Panayiotou uitgewys as baasbrein agter sy vrou se moord.

Hy sal Vrydag aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Genieve ·

Hoekom borg??? hou hom daar want hyt haar laat doodmaak siek verby

T ·

Die foto maak mens se hart so seer, ai so mooi vrou so mooi begin waarvoor sy gedroom het dit is so harsteer en wat erg is hy het net mooi geen skuld oor dit nie ….

Johann ·

Sprekend van sy totale gewetenloosheid. Gaan oor hom, hoe hy benadeel word… nie n sweempie van berou oor wat hy van skuldig bevind is nie?

Ten minste pas hy goed in in die huidige SA, waar almal appeleer en her appeleer en weer en nog tyd en geld aanwend om hul onskuld te bewys, selfs is hulle sonder twyfel skuldig?

Cherokee ·

In ‘n geval soos betrokke sal dit vir buitestaanders altyd ‘n vraag bly of verdedigings amptenare soos Terry Price in hierdie geval, werklik dink dat die beskuldigde nie skuldig is nie en of hy bloot op tegniese punte verdedig. Of hy net ‘n tipe van skaak speel en of hy dink dat die beskuldigde wel op verdediging geregverdig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.