Panayiotou-beskuldigde vermoor glo ook bejaarde

Sinethemba Nenembe. Foto: ANA

Sinethemba Nenembe, ʼn beskuldigde in die moordverhoor van Jayde Panayiotou, het Woensdag eers in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn op ʼn ander moordklag.

Nenembe staan tereg vir die moord op Denise Webber (78). Sy is in Augustus 2015 in Kabegapark vermoor. Webber se hande en voete is vasgebind en sy is verwurg. Talle huishoudelike items is gesteel, maar later deur die polisie teruggevind.

Nenembe staan saam met drie ander mans tereg op aanklagte van moord en roof. Een van die ander verdagtes is Thanduxolo Vumazonke. Hy is ʼn familielid van Sizwezakhe Vumazonke, wat ook een van die beskuldigdes in die Panayiotou-saak was. Hy is egter kort voor die verhoor begin het dood.

Die saak teen Nenembe en sy drie medebeskuldigdes is tot 30 Januarie uitgestel. Nenembe het intussen ook Woensdag saam met sy medebeskuldigdes in die Panayiotou-saak in die hof verskyn. Die verhoor gaan Vrydag voort.

Panayiotou is in April 2015 voor haar huis in Kabegapark ontvoer en toe vermoor.

Lees alle vorige berigte oor die Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

leeuloop101 ·

die saak kan seker nie tot 30 janaurie wees nie sienend dat dit lank verby is, of meen MM dis tot 2018 uitgestel. die berig se feite is deurmekaar en maak dat dit moeilik lees.

Janie Monsieur ·

Dagsê leeuloop101,

Dankie vir jou navraag. Die saak teen Nenembe en sy drie medebeskuldigdes is inderdaad uitgestel na 30 Januarie 2018.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

AL ·

Die howe moet die swaarste straf vir geweldsmisdade gee. Moord is ñ nasionale sport vir kriminele. As jy dit eenkeer kan doen, is die kanse goed dat jy weer n moord kan pleeg na jy jou vonnis uitgedien het.

Jaap ·

Ja nee kyk net hoe sleg voel hy. Geen emosie, geen gevoel vir lewe nie.

Mike de Beer ·

As hy verhoorafwagtend aangehou was en nie borgtog gekry het nie was een moord afgeweer gewees.

Rina Vermeulen ·

Ja, nou wys dit net watse onbetroubare en gewentenlose getuienis die staat in die hofsaak het . So hoe kan dit ñ regverdige verhoor wees my opinie !So gaan dit met baie hofsake deesdae “sad but truth”. Rede vir min vertroue in regstelsel deesdae en ñ regverdige verhoor.

Helene ·

Panayiotou ooit skuldig? Was dit nie maar n geval van verkeerde tyd en verkeerde plek vir sy oorlede vrou nie?Het daai ou nie die vooruitbetaalde geld by Panayotiou geleen of gesteel nie? Klink of hierdie een n gewoonte misdadiger is. Hoe lank was haar bewegings dopgehou? Maklike teiken? Val die ondersoekers alweer oor hul voete en probeer sodoende n saak teen hierdie ou opbou met veronderstellings. Om n skelmpie te he is nie relevant in hierdie saak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.