Panayiotou beweer uitsmyter reël moord op Jayde

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher in die hof. Foto: ANA

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher in die hof. Foto: ANA

Christopher Panayiotou se regspan het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof aangevoer die sameswering om sy vrou, Jayde, te vermoor, is deur Luthando Siyoni aan die gang gesit.

Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die moord op Jayde in April verlede jaar georkestreer het. Hy het na bewering Siyoni, ʼn uitsmyter by sy nagklub, betaal om ʼn huurmoordenaar te kry om Jayde te vermoor. Sizwezakhe Vumazonke, die beweerde huurmoordenaar, het Jayde glo met Sinethemba Nenembe se hulp ontvoer en haar vermoor.

Panayiotou se regspan het egter Dinsdag, tydens sy derde poging om op borgtog vrygelaat te word, aangevoer daar is teenstrydighede in Siyoni se verklarings wat hy na sy inhegtenisname afgelê het. Volgens Terry Price, Panayiotou se regsverteenwoordiger, is Siyoni deur die polisie aangerand en gedwing om die verklarings af te lê. Siyoni het intussen ʼn staatsgetuie geword.

Price wou ook weet waarom Panayiotou se DNS nie op die geld, wat glo vir die huurmoord betaal is, gevind is nie. Volgens hom is Siyoni, sy vriendin en Vumazonke se DNS wel op die geld gevind. “Dit raak nou al hoe duideliker die plan om Jayde te vermoor is deur Siyoni aan die gang gesit vir redes wat net hy sal weet.”

Price het ook die ondersoekbeampte, Kanna Swanepoel, se verklaring dat Jayde baie geld uitgegee het en haar man gedwing het om ʼn huis te koop, bevraagteken. “Waar kom Swanepoel aan hierdie inligting?”

Panayiotou het intussen ook Dinsdag weer gekla oor die toestande in die St. Albans-gevangenis waar hy aangehou word. Price het aan die hof gesê sy kliënt se ouers, Costa en Fanoula Panayiotou, rou oor Jayde se dood en was baie lief vir haar. “Ons glo sonder twyfel Christopher is onskuldig.”

Landdros Abigail Beeton het die saak tot 19 Mei uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theresa B ·

Dat hy nog wragtig daar oop-oë kan staan en lieg……………………………………!!
Party mense het net geen menslikheid nie.

m ·

Hierdie gaan nou weer een van daai sake word wat lank gaan aanhou. Hierdie sot gaan elke trick in die boek probeer om los te kom. Nou kla hy nog oor die se toestande. Wil hy nou in n hotel ingeboek word. Party mense se vermetelheid ken geen perke.

Anoniem ·

Net jammer niemand het na jou vroutjie se klae geluister toe sy vermoor is nie…………………….

Gerda ·

Al wat ek kan sê sterkte vir sy ouers en Jayde se ouers. Jou kind bly jou kind maak nie saak wat nie.

Griki ·

Nou watter motief sou die uitsmyter hê om haar te vermoor. Die geld het nie sy DNS opgehad nie – al ooit gehoor van handskoene, mnr Price? Daar word beweer haar skoonouers was baie lief vir Jade, maar haar skoonpa het geweet van haar man se rondlopery en niks daaromtrent gedoen nie. Met sulke vriende het mens nie vyande nodig nie.

My bloed kook ·

My bloed kook sommer, wat verwag mens nou meer van Terry Price, wat Jade se Pa in hof geskouer het? Terry Price swak verskoning, handskoene, jy gaan seker aanvoer die ou in die voertuig wat skakel is nou ‘n gebleikte Siyoni of wat? Siyoni het ook Panayiotou se selfoon geleen en homself gebel en in beide se stemme gepraat, wow Siyoni jy is magic! Verder moet sy ouers nie jok oor so iets nie, Mnr Panayiotou Snr, if you loved her, you would have sorted your son! Mnr Stander volg dit bietjie op, dalk steek daar waarheid in dat die Pa druk geplaas het en Panayiotou besluit het om die probleem tussen hom en sy Pa te verwyder. Verder Christopher het Jade gesmeek net om te bly lewe, jy lewe en dan wil jy nog luuks lewe ook, jy het haar die reg ontneem, so byt vas, voel hoe voel dit om aan die ontvang kant te wees!!!!!!!!!!!!!!!!

Nog iets ·

Kyk na die foto, duidelik kan jy sien, die Pa verseker hierdie seun, moenie worry op ‘n manier gaan ons die ding maak verdwyn, dalk deur ‘n advokaat wat onbenullighede gaan opdruk in staat saak en staat getuie,( Mnr Stander berei asb Siyoni goed voor, dit is duidelik dit is die roete), dalk deur dreig, omkoop ….. maar seun moenie worry Pappa sal sorg. Pappa hierdie keer het jou seun te ver gegaan, hy kon hierdie vrou net los as hy haar nie wou he nie. Verder lyk jy darem goed vir ‘n man wat nie lekker in die tronk bly nie!!!!!!!!

Chris ·

Et tu Brutus? Miskien moet jy die storie aan Wilbur Smith probeer verkoop. Hy is talentvol genoeg om ‘n fiksie verhaal hieruit op te tower. Die tragiese sy hiervan is dat ‘n pragtige jong vrou, haar lewe op ‘n brutale wyse verloor het, deur barbarisme en hebsug en dit alles le ver op die agtergrond, vanwee hierdie voorgrond “fiksie” van die “arme verontregte verdagte.” Dit is nou tyd, en verskoon my Frans, dat die SAP en die NVG hulle gatte in rat moet kry en hierdie “verontregtes” vir eens en vir altyd in die ratte van die regstelsel gooi. Shalom aan die familie en geliefdes van die SLAGOFFER, Jayde.

Joann ·

Hier gaan ons weer met n Oscar saak. Lieg soos n vlieg en jok soos n bok.

Liani ·

nou hoekom so Siyoni haar dood wou he wat het sy dan geweet van hom dis hy wat haar laat vermoor het!!

Pops ·

Rykmans seusn. Oscar. Schrien. Die ou. En hulle issues met vrouens. What is that about?

Devil's Advocate ·

Dink hy sou beter gedoen het indien hy beweer het dat die mistress jaloers was en Siyoni gekontrakteer het om van Jayde onslae te raak sodat sy by hom kon wees …

pop ·

Pappa weet van die misstress< so hy het dit goedgekeur!!!!!! Dalk was hy mooi voorbeeld vir seun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.