Panayiotou bly agter tralies

Christopher Panayiotou tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Die hooggeregshof in Grahamstad het Dinsdag Christopher Panayiotou, die man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op sy onderwyseres-vrou gereël het, se tweede aansoek om borgtog geweier.

Panayiotou het verlede week voor die hof verskyn tydens sy appèlaansoek teen ʼn vorige besluit om hom borgtog te weier. Regter Glen Goosen het Dinsdag in ʼn 25-bladsy-uitspraak gesê dat Panayiotou in aanhouding sal bly.

Panayiotou is voorheen borgtog geweier omdat hy ʼn moontlike vlugrisiko is, aangesien hy ʼn Sipriese paspoort en familie in Siprus het. Landdros Abigail Beaton het ook bevind dat hy teregstaan op ʼn skedule ses-aanklag en dat die onus dus op hom gerus het om te bewys waarom dit van belang is om hom op borgtog vry te laat. Beaton het gesê hy het nie daarin geslaag om dit te doen nie.

Panayiotou bly in aanhouding in die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth. Panayiotou en sy medebeskuldigdes moet weer op 13 Augustus in die hof verskyn.

Panayiotou het Luthando Siyoli glo betaal om die huurmoord op sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit. Siyoli het glo vir Sizwe Vumazonke genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 en Siyoli R30 000 ontvang het.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy gewag het op ʼn saamrygeleentheid na Riebeeck College, waar sy ʼn onderwyseres was. Haar liggaam is die volgende dag buite die Kwanobuhle informele nedersetting in Uitenhage gevind.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

annette ·

Dat hy nog die vermeetelheid het om aansoek te doen vir borg gaan my verstand te bowe. Jy het MOORD gepleek my ou! Jammer die doodstraf is afgeskaf. Teen die tempo wat mense moor en plunder sal hierdie land binnekort net uit kriminele bestaan.

Issabelle ·

Annette ….. hierdie land is in elk geval vrot van die kriminele & dit word elke dag net meer & meer !!! JZ , ANC & hulle trawante wat ook deel is van die misdaad …..

Issabelle ·

Well done aan die regter vir die baie wyse besluit …… hou hom in die tronk want dit is waar hy hoort ….. geen genade vir jou nie

Tammy ·

Baie dankie aan die regter vir n uitsekende besluit. Ons kan nie sulke mense buite laat rondloop om nog verder kwaad te doen nie. Hy kan in die tronk sit en dink oor hoe hy sy vrou verraai het en haar verneder het met n buite egtelike verhouding. Siestog, nou smeek hy vir genade. Wens ek kon die besluit oor sy vonnis neem. Hy sal op vrot in die tronk.

neelsie ·

Wat wil so n mens buite doen?Weer moord pleeg?
Hy is n moordenaar.
Waarom die saak so uitrek?

faith ·

verloor die sleutel hy moet nooit weer uitkom nie. geregtigheid moet geskied hy het n lewe geneem vir wie hy suppose was om lief te he

faith ·

ek wil ‘n vraag vrae en gaan seker gepeper word. hoe slaap ‘n prokureur/advokaat as hy weet sy klient is skuldig aan moord maar probeer hom los kry?

MJ ·

Faith, dis ‘n geldige vraag. Ek is self ‘n prokureur en baie mense vra my daardie vraag. Om jou vraag te antwoord vanuit ‘n prokureur se oogpunt – onthou, ons vertel die kliënt se weergawe aan die hof, en dan moet die hof self besluit oor sy lot. ‘n Prokureur mag nie die hof mislei nie. Ons maak seker dat indien ‘n beskuldigde wel tronk toe gaan, die proses reg verloop het. Vir daardie prokureurs wat wel die hof mislei en onwaarhede aan die hof voorlê, vra ek dieselfde vraag as wat jy vra. My gewete sal my ry as ek ‘n leuen vir die hof vertel. Geen kliënt is jou integriteit werd nie.

George ·

Waarom word die saak so uitgerek? As die man skuldig is, vonnis hom en kry dit oor en verby. Ek is al moeg om van sy wandade in die pers te lees.

Marius ·

Hy kan baie gelukkig wees dit was nie my kind wat hy laat Dood maak het nie want dan was hy nie naby enige tronk vandag nie maar ook op ñ verlate plek waar hy nooit weer iemand sou leed aan doen nie….

bea ·

Hy verdien erger as net tronk, gaan seker soos oscar wees na 10maande uit kom…hoop hulle al 2 kry selfde wat hul aan die vrouens gedoen het…hulle is skuim van die aarde..

V ·

Al verskil is Oscar het nie iemand betaal om n moord te pleeg nie.Dink inelkgeval Oscar se storie is nie naastenby dieselfde as Panayiotou sin nie.

Nico ·

Soveel mense vra hoekom vonnis hulle hom nie net en kry klaar as hy dan skuldig is nie. Wie sê hy is skuldig?! Is hy al verhoor? (En ek bedoel nou nie deur die publiek nie.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.