Panayiotou-borgtogaansoek vervat in PE-hof

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou se borgtogaansoek sal Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof hervat word.

Panayiotou (28) word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein agter die ontvoering van en moord op sy vrou, Jayde, was. Daar word beweer Panayiotou het sy werknemer, Thando Siyoli, betaal om die huurmoord van sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit.

Siyoli het glo vir Sizwezakhe Vumazonke genader om die moord uit te voer. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000. Albei mans is in hegtenis geneem en staan saam met Panayiotou tereg op aanklagte van moord, sameswering tot moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede.

Die staat beweer Panayiotou het ʼn buite-egtelike verhouding met Chanelle Coutts gehad, ʼn werknemer by die OK Grocer in Algoapark waarin hy aandele besit. Volgens die staat was Panayiotou nie finansieel in staat om sy vrou en minnares gelukkig te hou nie en het daarom besluit om Jayde te laat vermoor.

Volgens die ondersoekbeampte, Kanna Swanepoel, is die meeste van die staat se bewyse deur middel van voertuigsatelliet-opsporing en selfoon-afbeelding versamel. Ander forensiese ondersoeke word steeds gedoen, het Swanepoel gesê.

Advokaat Terry Price tree as Panayiotou se regsverteenwoordiger op. Hy word glo as een van die top-advokate in Port Elizabeth beskou en het voorheen verskeie hoëprofiel-kliënte verteenwoordig, onder wie voormalige tennisster Bob Hewitt en die Amerikaanse sosiale vlinder Paris Hilton.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anet ·

Hierdie man verdien nie om borg te kry nie. Hy het sy vrou laat vermoor. Ouers ‘n pragtige dogter ontneem en dan praat ek nie eers van haar ander familie, vriende en leerders by die skool nie. Sy soort moet aan hulle nekke gehang word.

V ·

Laat die gemors sit.Hoe vermoor jy jou eie vrou dit vir geld GEEN BORG!!Moet mens toi-toi almal saam dat almal wat mekaar vermoor geen borg kry nie en lewenslank sit!Lyk my geld is belangriker as jou lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.