Panayiotou borgtogaansoek weer uitgestel

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou se derde aansoek om borgtog is Donderdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof uitgestel.

Die hofverrigtinge het eers kort voor 12:00 begin ná verskeie verdagings, onder meer sodat die staat en die verdediging in landdros Abigail Beeton se kamers kon vergader rakende dokumentasie wat moet deel vorm van die hofrekord.

Marius Stander, die staatsaanklaer, het versoek dat die saak tot Vrydag uitgestel word sodat hy sekere verklarings kon voorberei wat voor die hof gebring moet word. Stander het nog nie aangevoer waarom die staat meen dat die verdediging geen nuwe feite het om die nuwe borgtogaansoek op te baseer nie.

Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy ʼn huurmoordenaar gekry het om sy vrou, Jayde, in April verlede jaar te vermoor. Daar word beweer dat hy ʼn uitsmyter by sy nagklub, Luthando Siyoni, gevra het om Sizwezakhe Vumazonke te kry om Jayde te ontvoer en te vermoor.

Siyoni het intussen ʼn artikel 204-getuie geword. Dit beteken hy is vrygespreek van vervolging indien hy geloofwaardige en betroubare getuienis vir die staat lewer. Terry Price, Panayiotou se regsverteenwoordiger, het dit vroeër die week bevraagteken of Siyoni se verklaring aan die polisie toegelaat moet word. Volgens Price het die polisie Siyoni aangerand en hom gedwing om die verklaring af te lê.

“Hy het verskeie polisiebeamptes ingelig dat hy aangerand is. In die verklaring het Siyoni weer aan [Kanna] Swanepoel, [die ondersoekbeampte], gesê dat hy deur polisiebeamptes aangerand is. Ek is uit die veld geslaan dat Swanepoel nie enige van Siyoni se bewerings ondersoek het nie en is net so verras dat hy nie toegesien het dat Siyoni na ʼn dokter toe geneem is vir sy beserings nie. Dit is duidelik dat Swanepoel meer geïnteresseerd was om Siyoni te dwing om Panayiotou [by die moord] te betrek,” het Price gesê.

“Luthando Siyoni het aanvanklik afstand gedoen van sy reg tot ʼn prokureur totdat hy homself heeltemal by die misdaad betrek het en die polisie meer as genoeg bewyse gegee het om nie net vir Panayiotou in hegtenis te neem nie, maar homself ook,” het Price gesê.

Panayiotou het in sy verklaring beweer dat Siyoni moontlik verbind kan word met dwelmhandel. Hy het gesê klankopnames van ʼn gesprek tussen hom en Siyoni oor Jayde se huurmoord was bedoel om die polisie in hul ondersoek te help om inligting uit Siyoni te kry.

Panayiotou word al sedert sy inhegtenisneming verlede jaar by die St. Albans-gevangenis aangehou. Hy is vroeër borgtog in die Port Elizabeth-landdroshof geweier en weer in die hooggeregshof in Grahamstad toe hy teen die uitspraak appelleer het.

Die saak is tot Vrydag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mariné Lourens ·

Dagsê Frederik

Dankie vir jou kommentaar. Kanna Swanepoel is die ondersoekbeampte in die saak. Die berig is gewysig om dit so aan te dui.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Sarel Strydom ·

1) As jy weet jy moet vandag gereed wees vir die Hof, hoekom was die Staatsaanklaer se verklarings nie gereed nie. 2) As die Borgaansoek solank duur,hoe lank voor die saak self voorkom. heiemand in die Odersoekspan weer droog gemaak en gaan die man vry uitstap? Wag vir volgende aflewering. Gaan seker rydag weer uirgestel word.

Piet Snot ·

Sarel, ek erken jou reg om kommentaar te lewer. Moet dit egter asb. nie misbruik om jou onkunde oor ons regstelsel uit te stal nie.

Joann ·

Die man moet nou ophou lieg. Hy is die brein agter alles. GEEN BORTOGASB.

yster 74 ·

Dis was n kwade dag toe Jade ontvoer en vermoor is. Onnodig. As n mens in jou eie huwelik Anders begin voel oor dinge, skei eerder. Sal interessant wees wat in hofsaak gebeur. Maar dat daardie pragtige vrou vermoor moes word verstaan ek nie. Hoop die hele lot wat verantwoordelik is vir haar dood sit vir altyd in St Albans.

jaco ·

Die swart man wat medeplichtig was aan die moord op n wit vrou kom los As hy betrouwbare getuienis lewer. Dis net nog n bewys dat ons ANC-beheerde regstelsel bitter min omgee as wit mense vermoor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.