Panayiotou en medebeskuldigdes saam in hof

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou, die man wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op sy vrou Jayde gereël het, sal Vrydag vir die eerste keer saam met sy medebeskuldigdes in die hof verskyn.

Panayiotou (28) is verlede week in die Port Elizabeth-landdroshof borgtog geweier. Hy sal Vrydag saam met sy medebeskuldigdes, Luthando Siyoli (31) en Sizwezakhe Vumazonke (30), in die hof verskyn.

Die drie mans word van moord, sameswering tot moord, moord met verswarende omstandighede, ontvoering en regsverydeling aangekla.

Panayiotou het Siyoli glo betaal om die huurmoord op sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit. Siyoli het glo vir Vumazonke genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy op ʼn saamrygeleentheid na Riebeeck College, waar sy ʼn onderwyseres was, gewag het. Haar liggaam is die volgende dag buite die Kwanobuhle informele nedersetting in Uitenhage gevind.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Hy is so gereeld in die nuus dat ek al sy van kan spel . . .

CR ·

Hoe lekker lag ek nou!!!!! Dankie vir daai een…. Ou Kristoffel pannekoek is hoe ek hom onthou

i.c ·

Hulle moet hom laat sit en suffer. Kan nie glo mense is so gemeen nie.

pop ·

i.c daar is wrede, gewetenlose mense daar buite. En baie keer klim hulle langs jou in die bed!!!!En dit is hoekom die doodstraf behoue moes gebly het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.