Panayiotou glo byna onterf oor minnares

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher tydens 'n vorige verskyning in die hof (Mei 2016) Foto: ANA

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher tydens ‘n vorige verskyning in die hof (Mei 2016) Foto: ANA

Christopher Panayiotou se pa het gedreig dat hy “niks met hom te doen wil hê nie” nadat hy van sy seun se buite-egtelike verhouding met Chanelle Coutts te hore gekom het, het die Port Elizabeth-hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Speurder ao Leon Eksteen het vir die tweede dag in hofsaak van Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes, getuig. Die hofsaak duur reeds agt weke lank.

Panayiotou, Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko staan tereg op aanklagte wat verband hou met Panayiotou se vrou, Jayde, se moord in April verlede jaar.

ʼn Hofsaak-binne-ʼn-hofsaak duur tans voort om te bepaal of ʼn video-opname tussen die beweerde middelman Siyoni en Panayiotou wat tydens ʼn polisie-operasie op 29 April 2015 verfilm is, toegelaat gaan word.

Eksteen was verantwoordelik om oproepe te fasiliteer wat Siyoni aan Panayiotou gemaak het voor die polisie se operasie.

Tydens kruisondervraging Dinsdag het Terry Price, vir die verdediging, Eksteen gevra of hy ooit aan ʼn polisiebeampte genoem het dat Costa Panayiotou gedreig het om sy seun, Christopher, te onterf.

Eksteen en die Panayiotous was al 16 jaar lank vriende voor Jayde se moord. Hulle het egter intussen vervreemd geraak nadat Christopher in hegtenis geneem is in verband met die moord.

“Ons was vriende en daar was ʼn tyd wat Costa vermoed het dat Christopher nog ʼn verhouding het,” het Eksteen getuig. Toe Christopher en Chanelle se verhouding bevestig is, was Costa woedend. Eksteen het aan die hof gesê hy het Costa hoor sê: “Ek wil niks met hom (Christopher) te doen hê nie.”

Price het aan Eksteen gesê Costa het egter twee verklarings afgelê waarin hy ontken dat hy dit ooit gesê het. “Costa het nooit die woord ‘onterf’ gebruik nie. Hy ontken dat die gesprek ooit plaasgevind het,” het Price gesê.

Eksteen het egter volgehou dat die gesprek wel plaasgevind het, en hy het afgelei dat Costa bedoel dat hy sy seun wil onterf. “Costa het gesê hy vermy Christopher weens die Chanelle-kwessie en dat hy hulle gaan afskryf.”

Die staat voer aan Panayiotou het sy vrou se moord georkestreer omdat sy ʼn finansiële las was.

Die hofsaak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

So hy word geglo ·

So Costa word geglo Terry Price, regtig almal om julle lieg net Christopher die man van die vrou wat tereggestel is en sy ouers praat die waarheid. Jy tas ander mense se eer aan, om n skurk los te kry, dit sê ook baie van jou karakter Terry Price, dankbaar ek is nie jou familie!

vettie ·

Regtig? Terry Price het ‘n werk, dit is sy brood en botter. Hy kan nie kies en keur nie. Wat sal gebeur in ons land as al die advocate net agteroor sit en besluit ons verdedig nie sus of so nie. Lei jy aan klein mieliepit sindroom?

Luister ·

Ek verstaan regtig nie hoekom die staat nou juis sê dat Jayde ‘n finasiële las vir haar man was nie. Hy wou waarskynlik net eenvoudig van haar ontslae raak sonder om te skei.

Baie interessant ·

Luister, ja dit is baie interessant, daar moet n motief wees vir die moord en al rede wat kop en skouers uitstaan is die feit dat sy n finansiele las geraak het in die sin dat hy 2 huise moes onderhou, hy het mos gejeuk waar hy nie moes en hy kon nie skei dan raak die verlies groter, hy moes helfte van alles aan haar afstaan en hy sou sy Pa se geld verloor, so dit beteken nie Jayde was spandabelrig, sy het geen waarde vir hom gehad. Goeie motief en dan daarmee saam misdaad element wat alledaags is in die land.

Alida ·

Dit maak mens siek. Die man is die meesterbrein agter alles dan probeer die Adv hom nog loskry. Die prokureurs en advokate maak miljoene. Hoe leef jy met jou gewete saam as jy ‘n skuldige mens loskry en jy weet voor jou heilige siel hy is skuldig. Verwyder daardie moordenaar uit die samelewing want hy het duidelik nog nie van die skeihof gehoor nie.

Denise ·

Dit is belaglik om te se sy vrou was n finansiele las vir hom sy het self gewerk en hoekom van haar op so n gruwelike manier ontsla raak jy kon maar net geskei het . Die pragtige vrou kon nog geleef het as jy soos n beskaafde man opgetree het jy het haar beroof van n lewe !!!

poot ·

Die hele storie raak nou erger as die Oscar sage. Is daar regtig niks anders om oor te berig nie?
Ek is al so G..vol as ek Maroela oopmaak om die “kiekie” van die twee te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.