Panayiotou glo genader om staatsgetuie te ‘verwyder’

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher Donderdag in die hof. Foto: ANA

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher Donderdag in die hof. Foto: ANA

Die Port Elizabeth-landdroshof het Donderdag tydens Christopher Panayiotou se borgtogaansoek gehoor hy is glo genader met ʼn aanbod om ʼn staatsgetuie te “verwyder”.

Panayiotou is een van drie verdagtes wat in verband met die moord op sy vrou, Jayde, in hegtenis geneem is. Klagtes van sameswering tot moord, moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede is teen hom aanhangig gemaak.

Terry Price, Panayiotou se regsverteenwoordiger, het ʼn verklaring aan die hof voorgelees ter ondersteuning van sy kliënt se borgtogaansoek. Die verklaring is saamgestel deur Alwyn Griebenow, nog een van Panayiotou se regsverteenwoordigers.

In die verklaring word aangevoer dat Panayiotou deur ʼn persoon genader is wat aan hom gesê het die Nasionale Vervolgingsgesag het reeds vergader en besluit dat hy nie op borgtog vrygelaat sal word nie. Die persoon het glo ook aan Panayiotou gesê die enigste manier om die saak te laat “weggaan”, is om R40 000 te betaal om Luthando Siyoli, ʼn beskuldigde in die saak, te laat vermoor. Siyoli gaan glo vir die staat getuig.

Die persoon het Panayiotou glo in die St. Albans-gevangenis besoek. Griebenow het glo die gevangenis se besoekersregister nagegaan en die persoon se besonderhede gekry waarna hy dit aan ao. Kanna Swanepoel, die ondersoekbeampte, oorhandig het.

Price het intussen ook in die hof aangevoer dat hoewel die staat aanvoer hy het ʼn baie sterk saak teen Panayiotou, daar nie ʼn motief vir die moord aangedui is nie. Panayiotou het in sy verklaring gesê hy en Jayde was verlief en dat hy nie by haar dood sou baat nie aangesien hulle buite gemeenskap van goedere getroud was.

Price het na ander sake verwys oor waarom Panayiotou op borgtog vrygelaat moet word. “Shrien Dewani is op borgtog vrygelaat en later vrygespreek. Oscar Pistorius is op borgtog vrygelaat en later aan strafbare manslag skuldig bevind.”

Panayiotou se borgtogaansoek is tot 20 Mei uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eileen ·

Ag siestog! Arme idioot! En is dit my verbeelding maar lyk die foto nie baie soos ‘n toneel uit een van die Roxy flieks nie? – die seun wat in die kryt moet baklei, en pa wat hom sus en moed inpraat nie. Dat ‘n ouer so blind kan wees vir sy kind se foute! Apartheid gaan ook seker die skuld hiervoor kry!

Issabelle ·

Ek stem saam …. hy moet sit want hy verdien dit …. hy praat van sy regte wat geskend word in die tronk , maar wyle Jayde het nou GEEN regte meer nie !!! Wat se kos verwag hy dan ook in die tronk …. KFC , MC Donalds of Fish & Chips ……

anon ·

hkm skei mans ni nou moet hul hul vroue laat vermoor weet van 2 gevalle in limpopo dat mans ontslae geraak het van hul vroue

Debbie ·

wanneer gaan daar geluister word na mense wat staats getuies word….. hulle kom dan oor een om met die waarheid uit te kom ……. dan word die “beplanner” nog steeds vrygespreek… tipiese voorbeeld…. Dewani Saak…. daar was getuies wat staats getuies geword het…. nou sit hulle alleen…. sonder die hoof beplanner !!! gaan my verstand te bowe… hoe werk ons regstel!!!!!!!
Hierdie man moet sit want hy het dit als beplan !!!

Maggie ·

Ek sal ook by my kinders staan deur dik en dun. Wel gedaan Costa! Aangesien ek nog groen koring op die lande het bly ek tjoepstil en sal nie veroordeel nie.

chris ·

Ja regtig Maggie mens wonder wat die klomp se reaksie sal wees as die bordjies omgeswaai word.

Rudi ·

Ai tog. Almal skinder graag en praat dan oor rokies en vuurtjies. Ja, partykeer is daar ‘n vuurtjie waar daar ‘n rokie is, maar ander kere is dit net ‘n rookskerm!

Wally ·

Ek sal maar wag totdat die saak in die hof besleg word. ALMAL wat skuldig bevind word verdien sekerlik om sommer laaaaank opgesluit te word – SONDER parool!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.