Panayiotou het groot huis glo vir Jayde gekoop

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Christopher Panayiotou het ʼn huis in ʼn gesogte area in Port Elizabeth gekoop en het glo beplan om saam met sy vrou, Jayde, van wie se moord hy beskuldig word, daar in te trek.

Die huis het vier groot slaapkamers, vier badkamers en ʼn groot oopplan leefvertrek, eetkamer en kombuis met ʼn ingeboude braai, het The Times berig. Die eiendom is in Panayiotou se naam geregistreer en het sowat R2,2 miljoen gekos.

Panayiotou sal Woensdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn waar sy borgtogaansoek sal voortgaan. Die staat sal na verwagting aanvoer dat Panayiotou se beweerde verhouding met ʼn werknemer hom daartoe gedryf het om sy vrou te vermoor aangesien hy nie die finansiële koste van twee vroue sou kon hanteer nie, het eNCA berig.

Panayiotou se beweerde minnares, Chanelle Coutts, kan moontlik ook geroep word om in die moordverhoor te getuig, het haar regsverteenwoordiger aan News24 bevestig.

Danie Gouws, ’n Port Elizabethse prokureur, het bevestig dat hy aangestel is om na Coutts se belange om te sien en dat hy meegedeel is dat sy ’n staatsgetuie sal wees.

News24

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Hierdie hele storie raak nou bietjie ingewikkeld. Het sy vrou geweet van die huis, of het sy nie. Ek dink hierdie is n baie gevaarliker mannetjie as wat enigeen dink. En die beweerde minnares klink vir my bang. Waarvoor????

nig ·

Huis gekoop – ag tog, net ‘n “eye-blind” of “window dressing”. Alles omdat hy geweet het wat hy beplan en dan nou kammig die gebruik om te sê haai hy sou haaar NOOIT laat vermoor kyk dan nou die huis wat hy gekoop het. Intussen….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.