‘Panayiotou het R70 000 betaal om Jayde te laat vermoor’

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou (28) het glo R70 000 betaal om sy vrou, Jayde, te laat vermoor, het die Port Elizabeth-landdroshof Donderdag gehoor.

Dié bewerings het aan die lig gekom toe die staatsaanklaer, Marius Stander, die eerste verklaring van Kanna Swanepoel, ʼn ondersoekbeampte in die saak, gelees het. Die staat beweer Jayde (29) se huurmoord het Panayiotou R70 000 uit die sak gejaag, met R40 000 wat aan die skieter betaal is en R30 000 aan die middelman. Volgens die staat was Panayiotou die meesterbrein agter sy vrou se moord.

Swanepoel het in sy verklaring gesê Panayiotou se pa, Costa, het Jayde as sy eie dogter gesien en was baie lief vir haar. Costa was glo bewus van die buite-egtelike verhouding wat Christopher al die afgelope drie jaar met een van sy werknemers gehad het. Hy het glo aan sy seun gesê om die verhouding te beëindig en gesê hy sal nie enigiets erf as hy daarmee voortgaan nie.

Die staat het verder gesê Jayde se ontvoering en moord was veronderstel om soos ʼn rooftog te lyk en was voorafgegaan deur talle mislukte pogings. Jayde is aangerand en in ʼn motor se kattebak gegooi. Sy is twee keer in die rug en een keer in die kop geskiet.

Stander het ook transkripsies van bandopnames voorgelees van gesprekke wat tussen Panayiotou en sy medebeskuldigde, Luthando Siyoli (31), plaasgevind het. In een van die opnames vra Panayiotou vir Siyoli of die polisie iets oor hom gevra het.

Vlugrisiko

Volgens Stander is Panayiotou ʼn vlugrisiko wanneer daar na die erns van die saak gekyk word. Indien hy skuldig bevind word, sal hy lewenslange tronkstraf kry, wat bydra tot die waarskynlikheid dat hy sal vlug. Stander het verder genoem Panayiotou se familie besit eiendom in Ciprus en hy het ʼn Ciprus-paspoort.

Volgens die staat is Panayiotou ook in die skuld gedompel wat uitstaande paaiemente op sy voertuig, R2,2 miljoen vir ’n eiendom in Lovemore Heights en meer as R500 000 op sy huis in Stellen Glen insluit.

Die staat glo Panayiotou is verder in skuld gedwing om Jayde sowel as sy minnares gelukkig te hou en dit is hoekom hy besluit het om sy vrou te laat doodmaak.

Panayiotou is in hegtenis geneem enkele dae nadat Siyoli, ʼn uitsmyter by ʼn nagklub wat deur Panayiotou besit word, deur die polisie aangekeer is. ʼn Derde verdagte, Sizwezakhe Vumazonke (30), is later in hegtenis geneem. Al drie beskuldigdes is aangekla van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en sameswering tot moord.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Christine ·

Geen genade vir jou Mnr moordenaar, sluit hom toe en gooi sleutel weg!!! So n ou moes nou di doodstraf kon kry!!! Vieslike gemors!!!

anel van rensburg ·

lewenslank in die tronk!! doodstraf is te “sag” vir so iemand…. Hy moet sit en NOOIT in aanmerking kom vir parool!

Afrikaner Hart ·

Hy is n hond,en ek beskou hom as de grootste Vark tessun sy makkers, regte Mafia tipe mannetjie,as ek hom so kyk!!!

Fransie ·

Anders as met Oscar, was hierdie ‘n lank BEPLANDE daad. Geen bail nie asb. Innige simpatie met sy arme ouers en suster, ook met Jayde se familie.

rian maartens ·

Smeer hom vol konfyt en maak hom langs n miernes vas.!!

rian maartens ·

Smeer hom vol konfyt en maak hom langs n miernes vas.!

Karin van Ede ·

Almal wat verantwoordelik en betrokke was hier by moet vir die leeus gegooi word sodat hulle vrees, angs en pyn beleef en ervaar net soos hul slagoffer moes!!
Die belastingbetalers se geld word gemors deur hierdie gewetenlose goed (kamptig) “lewenslank” in die tronk te akkomodeer. Hulle moet kos gegee word en kry gratis mediese behandeling!!Sommiges studeer selfs en stap beter gekwalifiseerd uit die tronk as wat ek en jy ooit sal kan doen omdat ons dit eenvoudig nie kan bekostig om verder te studeer om sodoende vir ons kinders ‘n beter toekoms te kan gee nie.
Dit gaan al te heerlik in die tronke!!Dikwels word daar beriggewing gedoen oor selfone wat ingesmokkel word vir gevangenisse en meestal is dit met die handewerk en hulp van ‘n korrupte bewaarder!!Waar gaan alles heen?
Nee wat gooi hulle vir die leeus.
Verdeel die geld wat gespaar word regverdig en eweredig (omdat daar nie meer vry losies aan moordenaars verskaf word nie) tussen Ouetehuise/dienssentrums vir bejaardes. So kan dit dan vir baie pensioenarisse moontlik gemaak word om die kort rukkie wat daar nog van hul lewe oor mag wees te geniet sonder om bekommerd te wees oor karige pensioengeld wat skaars genoeg is om vir verblyf te betaal. Elkeen het steeds hul trots en dit kan nie lekker wees om op jou oudag in ander mense se oe te kyk vir geld omdat feitlik jou hele maandelikse pensioen net so gaan vir verblyf nie.
Sorg net dat die leeus goed honger is voor hulle die moordenaars vir ete kry!!!

Nella ·

Ek stem volkome met jou saam Karen, uitstekende oplossing!!!!

Kaaiman ·

Karen, jy’s wreed suster! Daar is mos wette wat die misdaad sal pas – jy sal sien. Die vir die leeus gooi idee van jou is middeleeus! En om te sê dis ‘n fees in die tronk! Ou girl, jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie. Vertrou ons regstelsel – dis die regte ding om te doen! Hulle sal ‘n gepaste straf kry.

Eileen ·

As ek reg kan onthou was Christopher en Jayde omtrent 2 jaar getroud, maar altesaam so iets soos 8 jaar saam. Hy is alreeds 3 jaar in ‘n verhouding met die ander vrou. VERWAT het hy dan met Jayde getrou? Is dit agv druk van sy familie dat hy met haar getrou het, of is dit ‘n geval dat die mannetjie sy brood altwee kante gebotter, gejêm en sommer ook gepeanut butter wou hê? Hy moet die swaarste straf denkbaar kry, hy het geweet hy speel met vuur, dat dit beter sou wees om een van sy verhoudinge te beeindig, nou is daar soveel mense se lewens vernietig, agv van sy vraatsigheid, en dit sluit die lewens van die mense wat hy gehuur het om dood te maak (want hy is ‘n lafaard om dit self te moes doen, of Jayde vir ‘n egskeiding te dagvaar), sowel as die moordenaars se familie. Dan praat ek nie eers van sy eie familie, en die familie van Jayde, en al hul vriende nie. Nee wat die mannetjie moet vir ‘n baie lang tydperk sit!

Nadia Verster ·

Eileen, jy vat die woorde so uit my mond uit! Dis presies wat ek ook die heel tyd wonder. Hoekom het hy dan voort gegaan met die huwelik in die eerste plek?? Kyk nou al die pyn en hartseer wat die wetter veroorsaak het.

neelsie ·

Verwyder sulkes uit ons samelewing-permanent.
Huweliksontrou het n mode geword.
Die hart van n volk is sy huisgesin.
Besin oor die lewe……draai terug na God.

Retha ·

Hy verdien die doodstraf, wat hy gedoen het is onvergeefbaar, hy sal vlug so hy moet nie eers borg kry nie. Ek stem, gooi die vuilgoed almal vir die leeus, madam minnares ook. Sy verdien niks beter nie. Die vuilgoed gaan nog op ons rekening in die tronk sit en ons gaan sy hotel geld betaal. Mag hy vrot in die hel en sy saam met hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.