Panayiotou sal op 4 Junie weet of hy op borgtog vrygelaat sal word. Hy staan tereg op die moord op sy vrou, Jayde, wat op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer en later vermoor is.
Jayde se ma, Michelle Inggs en Jayde se suster, Toni Inggs, was vir die eerste keer sedert haar moord in die hof. Michelle het van tyd tot tyd na Panayiotou gestaar waar hy in die beskuldigdebank gesit het. Sy het gedurende die verrigtinge Toni se hand styf vasgehou.
Michelle het saggies begin huil toe die staat besonderhede bekendgemaak het van hoe hulle hul saak teen Panayiotou sal bewys. Staatsaanklaer Marius Stander het gesê die staat sal die verbintenis tussen Panayiotou, die middelman en die skieter bewys. Daar word beweer dat Panayiotou met sy medebeskuldigdes, Thando Siyoli en Sizwezakhe Vumazonke, saamgesweer het om Jayde te laat ontvoer en vermoor.
Panayiotou se regsverteenwoordiger, Terry Price, het egter gesê die staat “suig baie van die bewerings teen Panayiotou uit sy duim”.
Die hoofaspekte wat gedurende die langsame aansoekproses betwis is, was of Panayiotou ʼn vlugrisiko is en of hy die vermoë het om met die getuies in te meng. Landdros Abigail Beaton het gesê sy het tyd nodig om haar bevel te oorweeg en het die saak na aanstaande week uitgestel.
Panayiotou sal tot dan in aanhouding bly.
Waarom nog verder die staat se geld en tyd mors. Laat die gemors maar net daar sit waar hy nou is. Hoekom moet hy uitgaan, om nog verdere bewyse dood te smeer. Dalk sal dit goed wees om hom uit die enkelsel te haal en tussen ‘n klomp in een sel te sit. (Hy sal dalk later staan)
As hy skuldig is behoort slegs die laaste lettergreep in sy van toegepas word.