Panayiotou hoor oor aansoek om appèl

Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: ANA)

Christopher Panayiotou, veroordeelde moordenaar, se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnisoplegging is in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein afgekeur. Hy het die aansoek drie maande gelede ingedien teen die vonnis wat regter Dayalin Chetty in die hooggeregshof in Port Elizabeth hom opgelê het.

Die appèlhof het verlede week die uitspraak gelewer. “Die aansoek om verlof tot appèl word afgekeur, omdat daar nie ʼn redelike vooruitsig op sukses bestaan nie en daar geen ander rede is waarom ʼn appèlaansoek aangehoor moet word nie.”

Jayde Panayiotou (Foto: Facebook)

Panayiotou is skuldig bevind op die moord van sy vrou, die onderwyseres Jayde Panayiotou. Hy is in November verlede jaar tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in haar moord.

Jayde is in April 2015 buite haar huis in Kabega Park ontvoer en buite KwaNobuhle doodgeskiet.

Panayiotou se medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe, is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis, plus ʼn bykomende 15 jaar op aanklag van roof; Zolani Sibeko is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

PJC ·

Hierdie ou verdien geen simpatie nie. Mans vermoor te maklik hulle vrouens en meisies. As jy nie meer jou lewensmaat wil hê nie los jy haar maar moor, aikőna.

Karolis ·

Uiteindelik. Hoop hy gaan nou rustig sit en dink of sy rondneukery die moeite werd was.

Von ·

Vreemd dat hy nie besin het voor hy tot die daad oorgegaan het nie nou soek hy wat… genade.????

christa ·

hy eerder dankbaar wees die doodstraf is af gestel. Hy verdien eerder die doodstraf, dieselfde wat hy vir sy vrou gegun het. Gaan sit maar jou tyd om sodat jy goed kan besin

JJ ·

So bly hy gaan nou sit. Hy verdien wat hom toekom in die tronk!!!! Hoekom, maar hoekom het hy haar nie net gelos nie. Hoekom moes hy haar laat doodmaak om van haar ontslae te raak. Dis verskriklik hoe party mense dink. RIV Janyde – jy het baie beter verdien!

Kowa ·

Fantasties!!!!!!!!! Vir een vrou is daar regverdig opgetree teen haar moordenaar. Hoop daar word nog ‘n paar so swaar gestraf dan sal die ander besef dis makliker om te skei as om te vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.