Christopher Panayiotou, die sakeman van Port Elizabeth wat die baasbrein was agter sy vrou, Jayde, se moord in 2015, se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding is afgekeur.
Regter Dayalin Chetty het Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth Panayiotou se appèlaansoek van die hand gewys.
Panayiotou se regspan het Woensdag aangevoer dat inligting wat tydens ʼn geheime polisie-operasie versamel is en sodoende Panayiotou by die huurmoord geïmpliseer het, nie teen hom gebruik mag word nie.
Terry Price, vir Panayiotou, het onder meer aangevoer die gesprek tussen Panayiotou en Luthando Siyoni, die vermeende middelman in die moord, wat op die video vasgevang is, kan nie as bewyse gebruik word nie, aangesien Siyoni as ʼn artikel 204-getuie ook ʼn beskuldigde was en ʼn medepligtige se getuienis nie teen ʼn ander beskuldigde gebruik mag word nie.
Hy het gesê daar is voldoende rede dat ʼn ander hof moontlik tot ʼn ander gevolg sal kom en hy het Chetty versoek dat die aansoek om verlof tot appèl goedgekeur moet word.
Staatsadvokaat Marius Stander, wat die aansoek teengestaan het, het op sy beurt gesê Price is verkeerd. “Die toets is nie of ʼn ander hof tot ʼn ander gevolg sal kom nie. Die toets is of daar ʼn realistiese kans bestaan dat die aansoek suksesvol kan wees,” het hy gesê.
Prokureur Peter Daubermann het ook aansoek gedoen om verlof tot appèl teen Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko, Panayiotou se medebeskuldigdes, se skuldigbevinding en vonnis.
Hou Maroela Media dop vir meer.
Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.
regter Chetty het goed gedoen. Die man was bereid om sy vrou te vermoor en wil nie die druk vat nie. Hoe lag kan mens daal. ‘n niks vermoedende vrou wat haar man life het en nog vanoggend langs hom wakker geword het.
Hy het sy vrou laat vermoor en klaar hou hom daar binne want hy was die breinbaas.
Lyk asof die lewe daar binne hom goed behandel sonder stres. Hy mooi groot geword daar.
Regter was weer reg.
Veels geluk maatjie, mag jy nog vele verjaarsdae in die tronk geniet.