Panayiotou, medebeskuldigde weer in hof

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die huurmoord op sy vrou, Jayde, het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Panayiotou en Sizwe Vumazonke, wat Jayde glo doodgeskiet het, het in die hof verskyn en die saak is tot 2 Desember uitgestel wanneer daar na verwagting ʼn verhoordatum vasgestel sal word.

Panayiotou sal na verwagting voor 2 Desember weer ’n poging aanwend om op borgtog vrygelaat te word.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy op ʼn saamrygeleentheid na die Riebeek College, waar sy ʼn onderwyseres was, gewag het. Haar liggaam is die volgende dag in KwaNobuhle buite Uitenhage gevind.

Panayiotou is kort daarna in hegtenis geneem. Die staat beweer hy het Luthando Siyoli genader om ʼn huurmoordenaar op te spoor wat sy vrou sou vermoor. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit en het glo vir Vumazonke genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 en Siyoli R30 000 ontvang het.

Aanklagte teen Siyoli is egter verlede maand teruggetrek aangesien hy nou as staatsgetuie in die saak sal optree. – The Herald

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Panayiotou-saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.