Panayiotou-moord: Derde verdagte se naam bekend

Sizwezakhe Vumazonke in die hof. Foto: Twitter

Sizwezakhe Vumazonke in die hof. Foto: Twitter

ʼn Derde verdagte het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn in verband met die ontvoering en moord van Jayde Panayiotou (28).

Brig. Marinda Mills, polisiewoordvoerder, het gesê Sizwezakhe Vumazonke (30) het vlugtig in die hof verskyn en sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning op 19 Junie. Hy is Sondag in New Brighton in hegtenis geneem.

Vumazonke het Dinsdag aan die landdroshof gesê dat sy geswelde regteroog toegeskryf kan word aan polisielede wat hom aangerand het. Mills het aan Maroela Media gesê dit is moontlik dat Vumazonke tydens sy inhegtenisneming beseer is, maar sy is nie bewus van so voorval nie.

Panayiotou se man, Christopher (28), het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn en sy medebeskuldigde, Thando Siyoli (31), het verlede week verskyn.

Panayiotou, wat ʼn onderwyser by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage was, is vermoedelik twee weke gelede buite haar woonkompleks in Kabega Park in Port Elizabeth ontvoer. Haar liggaam is ʼn dag later in ʼn afgeleë gebied naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind.

Volgens Mills is daar ʼn moontlikheid dat nog inhegtenisnemings kan volg. Sy wou nie bespiegel oor die motief vir die moord, die polisie se ondersoek of berigte dat dit ’n huurmoord was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sê net ·

Ek bespiegel dat die sogenaamde inhegtenisnemings wat nog kan plaasvind, die “ander vrou” gaan wees. Hou dop.

J.Z ·

Daar is net een manier om die dinge te stop,bring terug die dood straf,so maklik soos dit.

Maronel ·

Ek glo daar is nog ‘n vrou. Nie net die Chanelle Croutt wat hul beweer dit is wat swanger is met sy baba nie.. En dit het iets met die polis te doen…. Stories loop vinnig in PE

pop ·

Shame en nou het jy n toegeswelde oog. En ons moet seker nou die polisie daarvoor verkwalik, en ons afgryse wys, You must be joking!!!!!

Hennie ·

Hy moet bly wees dit is ‘n blou-oog en nie ‘n “body-bag”, wat ek sou verkies.

pop ·

Maroela ek kom agter geen van my kommentare word geplaas nie, nou wonder ek, of dit kom nie by julle uit nie, of eks die tannie waarvan julle nie hou nie

Ruaan ·

Ek stem saam jou. Die doodstraf moet terug kom. Dit sal beslis die probleem oplos oor die oorvolle tronke as ook mense sal weer hulle wonderlike brein gebruik en dink aan na gevolge

Sune van Heerden ·

Dagsê Pop

Dankie vir jou boodskap!
Jou kommentaar is definitief geplaas, soms neem dit net ‘n rukkie vir die webwerf om te “cache” voordat die kommentaar verskyn. As jy haastig is om jou kommentaar te sien, is jy welkom om die F5-knoppie te druk en te kyk of dit dan laai.

Dankie vir jou aktiewe bydrae op Maroela Media.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eish! ·

Sjoe, hoeveel mans is nodig om een enkele vrou uit die weg te ruim? Hoe meer siele hoe meer skuldiges en gewetens. Dit sal altyd iewers uitkom as meer as een weet van iets. So manne as jul ‘n moord beplan kry iemand om jou vuilwerk te doen, dan sal meer skuldiges gevang word.

Chris.K ·

Gaan daar genoeg grond wees om al die,te begrawe met die doodstraf.
Soos dit nou aan gaan in die land.
Miskien moet hulle verasing oorweeg.
Ek se ook bring terug die doodstaf!!!

Erika ·

Panayioutou het seker gedink wel, Oscar het 18 maande gekry, Dewani het niks oorgekom nie, so hoekom sal hy nie ook met moord wegkom nie. Ons reg stelsel is ‘n absolute grap. Kan nie dink daar is ‘n ander oplossing as om die doodstraf terug te bring nie. Die persoon wat jou moet beskerm is te slapgat om jou self dood te maak, hy moet 3 of 4 ander mense kry om jou vuil werk te doen.

Peet Schabort ·

Mariné, kyk na die spelling van ‘Panayio(u)tou” by die hoofopskrif.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.