Panayiotou-moord: Vyfde verdagte in hof

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Die nuwe verdagte in die opspraakwekkende Jayde Panayiotou-moordsaak het Vrydag uitgevaar teen verslaggewers in die Port Elizabeth-landdroshof waar hy verskyn het.

Zolani Sibeko, in sy 30’s, het ooglopend ontsteld geword toe joernaliste van hom foto’s geneem het en het hulle toegesnou “julle maak my siek” en “julle het geen reg om foto’s van my te neem nie”. Sibeko se familielede, wat in die openbare galery gesit het, het ook ontsteld gereageer omdat die media van hom foto’s geneem het. Hulle het in ʼn stadium by ʼn hofordonnans daaroor gekla.

Sibeko is Sondag in hegtenis geneem nadat die polisie-ondersoek bepaal het Sibeko kan deur sy selfoon verbind word met die huis waar Jayde in April verlede jaar ontvoer is. Jayde se man, Christopher, word daarvan beskuldig dat hy die baasbrein agter die ontvoering en moord van sy vrou was, na bewering omdat sy ʼn “finansiële las” was.

Die staat beweer Panayiotou het Luthando Siyoni, ʼn uitsmyter by sy nagklub, betaal om ʼn huurmoordenaar, Sizwezakhe Vumazonke, te kry om die daad uit te voer. Siyoni het intussen ʼn artikel 204-getuie geword, wat beteken dat hy vrygespreek is van vervolging indien hy tot die einde van die verhoor eerlike en geloofwaardige getuienis lewer.

Die staat beweer ook dat Sinethemba Nenembe vir Vumazonke gehelp het om Jayde te ontvoer en te vermoor.

Louis van Rensburg was Vrydag teenwoordig om Sibeko te verteenwoordig. Van Rensburg het aan die hof gesê dat hy nog afskrifte van die dossier moet kry. Hy het aangedui dat Peter Daubermann Sibeko tydens die verhoor sal verteenwoordig. Daubermann is ook Nenembe se regsverteenwoordiger.

Marius Stander, die staatsaanklaer, het die hof versoek om die saak uit te stel. Hy het gesê hy wil aansoek doen dat die saak na die Port Elizabeth-hooggeregshof oorgeplaas word. ʼn Datum aan die begin van Oktober is reeds vasgestel vir die voorverhoorverrigtinge.

Sibeko staan tereg op aanklagte van sameswering tot moord, moord, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die saak is tot 27 Julie uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lida ·

Ek wonder hoekom is hier nie 99 kommetare soos in die Oscar saak nie. Die bloedsoekers kon mos nie genoeg kry nie. Hier is ook ‘n pragtige mooi vrou wreed vermoor, let wel koelbloedig vermoor !!!!

Sam ·

Die 99 komentare sal kom wanneer hy ook net 6 jaar kry. 6jaar vir moord bly maar steeds ‘n klap in die gesig vir die familie van die wat vermoor word. Darem speel hy nog nie die ‘dis alles oor my’ kaart soos Oscar nie. Toemar Lida, hierdie man sal NES Oscar sit en vrot vir hulle duiwels dade.

KarooKlong ·

Goeie punt Lida. Dalk omdat die Aanklaer nie ‘n sensasiesoeker is nie.

Joann ·

Arrogante pes. Hy moor en dan mag daar nie verslagewers wees nie. Lyk my die vrou se man het n hele mag gekry om sy vrou te vermoor. Hy slapgat.

johann cb ·

Kry Gerrie Nel om die saak te hanteer en daar sal 999 kommentare wees.

Lida ·

Ag dankie tog daar is ander en beter aanklaers as daardie nar wat per toeval wereld dekking gekry het. Nee my pal daar is ander wat beter is EN beskaafd is.

Ontstoke ·

Kan jy nou meer: ‘Jayde was ‘n finansiele las’ ! beweer hierdie vuilgoed! Nou gaan hy ook ‘n finansiele las word vir die belastingbetaler! In die gewaande “apartheidsjare” was daar bitter selde, indien ooit, sulke blatante en gewetenlose afgryslike dade gepleeg! Wat word van ons samelewing! Watter mens het die reg om te besluit dat iemand se lewe be-eindig word? Die Bybel se : ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand-as jy iemand se lewe neem of selfs medepligtig is, moet jy met jou lewe betaal!

Luister ·

Nog ‘n stuk vuilgoed! Hoeveel van hulle neem dit on ‘n weerlose vrou te vermoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.