Panayiotou-moordsaak dalk op pad na hooggeregshof

Christopher Panayiotou tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou sal volgende week weet of hy in die hooggeregshof in Port Elizabeth verhoor sal word.

Panayiotou en sy mede-beskuldigde, Sizwezakhe Vumazonke, wat teregstaan vir die moord op Panayiotou se vrou, Jayde, sal Maandag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Hul vorige verskyning was op 13 Augustus, waarna die saak uitgestel is.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy op ʼn saamrygeleentheid na die Riebeek College, waar sy ʼn onderwyseres was, gewag het. Haar liggaam is die volgende dag in KwaNobuhle buite Uitenhage gevind.

Panayiotou is kort daarna in hegtenis geneem. Die staat beweer hy het Luthando Siyoli genader om ʼn huurmoordenaar op te spoor wat sy vrou sou vermoor. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit en het glo vir Vumazonke genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000.

Aanklagte teen Siyoli is egter verlede maand teruggetrek aangesien hy nou as staatsgetuie in die saak sal optree.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anet ·

Dit is so skokkend vir my dat iemand ‘n huurmoordenaar kan betaal om ‘n mens se lewe te neem. Ek hoop vertrou dat geregtigheid sal geskied en dat die skuldiges baie lank toegesluit sal word.

Dave ·

En net so skokkend is dit dat die staat ‘n moordenaar soos in Siyoli van blaam kan onthef om die aanstigter tot die moord vas te trek. Mickey Schultz die moordenaar van Brett Kebble, het die moord gepleeg en is skotvry omdat die regering hom genodig het om teen Agliotti te getuig. Wat ‘n swak regstelsel.

Yvonne ·

Ek stem heelhartiglik saam, Dave. Dis ‘n skande. En Mikey Shultz spog blykbaar daarmee dat hy weggekom het met moord! Ek het nie ‘n probleem dat iemand ‘n verminderde vonnis in uitsonderlike gevalle kry ter wille van die waarheid nie en veral ook om alle skuldiges aan die pen te laat ry, maar waarom op aarde ‘n moordenaar totaal vryskeld? Ek wonder of dit uniek aan SA is? Skande!

Dave ·

Skande is die woord daarvoor, Yvonne. Soos jy sê, verminder dan die vonnis indien meer skuldiges daardeur aan die pen kan ry maar om ‘n moordenaar bloot vry te laas as omkoop vir inligting is ‘n skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.