Panayiotou-moordsaak nie vanjaar afgehandel

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Die moordsaak teen Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes sal eers volgende jaar afgehandel word.

Regter Dayalin Chetty het die saak Donderdag tot volgende jaar uitgestel weens die onbeskikbaarheid van beide regspanne. Die verhoor sal van 19 April tot 5 Mei en weer van 12 tot 30 Junie in die hooggeregshof in Port Elizabeth voortgaan.

Adv. Terry Price, vir die verdediging, het Donderdag nog ʼn aansoek voor die hof gebring om te versoek dat staatsgetuies beskikbaar gestel word vir konsultasie met die verdediging. Chetty het die aansoek geweier.

ʼn Verhoor binne ʼn verhoor is tans nog aan die gang, aangesien die hof moet besluit oor die toelaatbaarheid van ʼn video-opname wat tydens ʼn geheime polisieoperasie bekom is en waarin Panayiotou na bewering homself by die moord van sy vrou, Jayde, betrek.

Getuies met wie die verdediging wil konsulteer, sluit onder meer in Panayiotou se minnares, Chanelle Coutts, Donovan Vosloo, die man wat na bewering die inligting op Panayiotou se selfone uitgewis het en Wilma van de Bergh, ʼn rekenmeester. Price wil ook die geleentheid hê om met die beweerde middelman in die saak, Luthando Siyoni en sy meisie, Babalwa Breakfast, te praat.

“Chanelle Coutts se getuienis is noodsaaklik. Ons sal van haar hoor getuies is gedreig,” het Price gesê.

Christopher Panayiotou (heel regs met sy rug na die kamera) en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Port Elizabeth (17 Oktober 2016) Foto: ANA

Christopher Panayiotou (heel regs met sy rug na die kamera) en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Port Elizabeth (17 Oktober 2016) Foto: ANA

Adv. Marius Stander, die staatsaanklaer, het die aansoek teengestaan en gesê dit is die eerste keer wat die versoek geopper word en hy moet die geleentheid kry om met die staatsgetuies te konsulteer. “Ek is nie in ʼn posisie om te sê watter getuies die staat gaan roep nie. Die staat stel geen van die getuies aan die verdediging beskikbaar nie,” het Stander gesê.

“Die staat weet nie eens wat die verdediging vir hierdie getuies wil vra en of dit verband hou met die meriete van die saak, die verhoor binne ʼn verhoor of hul verklarings nie.”

Chetty het gesê hy is nie oortuig daarvan dat Panayiotou benadeel sal word as sy regspan nie met die getuies praat nie.

Dit het ook Donderdag aan die lig gekom dat Zolani Sibeko, een van die beskuldigdes, beplan om voor die einde van volgende week om borgtog aansoek te doen. Sibeko was die laaste verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met Jayde se moord, 15 maande nadat sy vermoor is.

Sibeko word glo deur middel van ʼn selfoon buite Jayde se Stellen Glen-woonkompleks geplaas enkele dae voor haar moord.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elaine ·

Ek wens die media wil ophou om die foto van die twee saam te gebruik. Dit is so verkeerd.

Nee Price ·

Nee Price, sodat jul hul kan dreig om ook onder eed te jok. Hoe weet jy Chanelle Coutts sal so iets getuig, dan meng die verdediging in met staatsgetuies, dit is juis een van die redes hoekom die man nie borgtog kry. Stander ondersoek die moontlikheid!

Mafia ·

Scary verby, die Panayiouto’s en hul verdediging herinner mens sterk aan Mafia, ek dink hul is tot baie baie meer lelike en wrede goed in staat!

Oops ·

Oops mens onderskat nogal due verdediging, hul integriteit is van die laagste laagste . Advokaat Stander kry beskerming vir Chanelle Coutts, hierdie mense speel nie!

Ja wat ·

Ja wat nou het ons al alles gehoor, n Advokaat wat sulke kanse vat, wens net Jayde kon ook die kanse gegad het, sy het nie eens die mees basiese mense reg gehad nie: die reg om te lewe nie!

Ek glo nie ·

Nee Uvonka ek glo nie, Marius Stander sal elke moontlike skuiwergat toemaak, ek is bly hykry bietjie tyd veral met Siyoni wat nou ook vir Mafia en verdediging bang is.

Hartseerste ·

Die hartseerste:
* sy is laat vermoor deur iemand vir wie sy lief was en met haar hele lewe vertrou het
* die geld wat sy by haar ouers geleen het is gebruik om haar moordenaars te betaal
* sy word deur die verdediging as spandabelrig beskou
* sy kon nie kies of sy beskerm wil word of nie, daar is nie eens beplan om haar te beskerm nie!
* al haar vriende, familie en kollegas word soos misdadigers in die hof behandel
* alle polisie beamptes se eer en waarde word aangetas
* die verdediging fokus so op wat met ander beskuldigdes aangaan asof hul omgee, so snoer hul die ander se monde (natuurlik vermoedelike dreigemente ook)
* Advokaat Staander en die hele Polisie mag jok en behandel hulle verkeerd, maar die wat die opdragte en geld gegee het asook die wat dit verder gereel het en die wat dit uitgevoer is onaantasbaar en hoef nie te praat nie, hoef nie te verduidelik nie en kry die beste beskerming.
* Die beskuldigdes kry kos, bederf van buite die tronk……. wat van al die ander daar binne?
Dit laat mens met die vraag, hoekom is die Grieke verhewe bo alles en sy bruid 6 voet onder die grond? Costa en Fanoula ek besef dit is jul seun, maar regtig hy moet nou begin verantwoordelikheid vat, vlg keer is dit dalk julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.