Panayiotou-moordsaak: Polisie het middelman ‘gedruk’ om te getuig

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens 'n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Die Port Elizabeth hooggeregshof het Vrydag gehoor die polisie het die vermeende middelman Luthando Siyoni opdrag gegee om die sakeman Christopher Panayiotou te impliseer in die moord van sy vrou Jayde.

Siyoni was vir die sesde dag in die getuiebank, hierdie keer onder kruisondervraging van die verdediging, in Panayiotou en sy twee medepligtiges se hofsaak.

Volgens adv. Terry Price het die gesprek by die polisie se georganiseerdemisdaad-eenheid plaasgevind met minstens vyf polisiebeamptes teenwoordig wat Siyoni “onder druk geplaas het” om die sakeman te impliseer.

“Hulle het vir jou gesê wat jy moet sê en doen,” het Price aan Siyoni gesê.

ʼn Trankskripsie van ʼn opname van die gesprek is aan die hof voorgehou. “Die laaste oproep is die laaste oproep. Dit is jou laaste kans. Jy sal hom [Christopher] nie weer en weer kan bel nie. Jy moet nou baie mooi dink voor jy hierdie oproep gaan maak, jy moet weet wat jy gaan sê,” lui ʼn uittreksel uit die opname.

“[Christopher] moet weet hoe ernstig dit is. Hy moet weet jy is paniekerig. Jy moet vir hom sê jy moet wegkom want die polisie is op jou spoor – dit is die woorde wat jy vir hom moet sê, ‘as die polisie my kry, weet jy wat gaan gebeur’. Hoe moeilik is dit om dit te sê? Dit is presies wat jy moet sê.”

Siyoni het aan die hof gesê hy het nie Panayiotou uit sy eie gebel nie, en die polisie het “geskree” terwyl hulle hom die opdrag gegee het om te bel.

“Die beamptes was so ongevoelig, hulle het jou gedwing om Chris te bel, ʼn uur ná hy sy vrou begrawe het, en Chris het vir jou gesê hy het pas sy vrou begrawe. Hy het ʼn paar keer nie geantwoord nie,” het Price aan Siyoni gesê, wat dit beaam het.

Siyoni het bevestig die gesprek het plaasgevind terwyl Price volgehou het dat die uitsmyter nie ʼn keuse gebied is nie; hy is aangesê wat om te doen, en hulle het hom met tronkstraf gedreig as hy dit nie doen nie.

Siyoni het toegegee dat hy vreesbevange was om net te dink dat hy St Albans-tronk toe sou gaan.

Siyoni, ʼn staatsgetuie, het vroeër vandeesweek ʼn ommeswaai gemaak oor sy middelmanstatus toe hy aangevoer het die polisie het hom gedreig en gemartel om verklarings af te lê.

Price het dit Donderdag duidelik gemaak dat hy nie sal poog om Siyoni met sy ondervraging te diskrediteer nie, maar hy sal die uitsmyter vra om hom te help bewys dat die polisie hom aangerand het.

Die staat voer aan Sinethemba Nenembe het Sizwe Vumazonke tydens April verlede jaar bygestaan om Jayde te ontvoer en te vermoor, in opdrag van haar man. Vumazonke, wat die vermeende skakel was tussen Siyoni en die ander sluipmoordenaar, is intussen oorlede.

Jayde is na ʼn afgeleë deel op die buitewyke van Kwanobuhle geneem, waar sy vermoor is. die staat voer aan Vumazonke het haar twee keer in die rug geskiet, en een keer in die kop.

Zolani Sibeko was die laaste verdagte wat in hegtenis geneem is, 15 maande ná die moord.

Die hofsaak hervat Maandag.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lolapot ·

Wat ‘n gemors. Twee getuies vir die staat het nou al hulle weergawe verander and ‘n derde een is sommer ewe skielik oorlede. Vir jare al beweer elke aangeklaagde die polisie het hulle gedwing of gemartel, dis ou laai daai. Is die onskuldige geimpliseer of is dit ‘n geval van die skuldige wat gaan wegkom met moord??

Buitestander ·

Lyk my die ondersoekker het maar ‘n bietjie droog gemaak wat hulle die saak erg benadeel.

varkie ·

Selfde as met Henning se saak so die real culprit gaan weer wegkom ons regstelsel suck

Dit sal jammer wees ·

Ou varkie, dit sal jammer wees en die grootste onreg vir Jayde. Al stap hy, n gewete is n getroue werker! Verder weet almal, hy sal nie welkom voel nie. My gebed is egter dat Geregtigheid geskied.

Pop ·

Varkie dis die polisie ondersoekbeampte wat suck, en dis oor hulle ordentlike polisie beamptes laat bedank met onregverdige werks etiek. Nou is die polisie net so korup soos die regering waaronder hulle werk. Intussen is dit carte blanch vir moordenaars.?

Onregverdig ·

Dit is n bietjie onregverdig teenoor Kanna en Marius Stander, hul het goeie werk gedoen. Dit is nie te sê Luthando praat die waarheid nie, hierdie is ervare manne hul weet hoe die wet werk. Om mense te druk om die waarheid te praat, is soms ongelukkig al wat werk, dink gou 1 oomblik aan Jayde wat se reg het sy gehad, kon sy kies ja of nee. Elkeen wat deel van die setup was het n aandeel aan haar dood, noe verwag hul genade en mooi praatjies, opstekery, jy kan mos hoor hoe TP pap dik aanmaak!

Uiltjie ·

Die ondersoekbeamptes wou twee vliee met been klap doodslaan ipv kry eers die moordenaars en inkrimineer dan vir Christopher! Nou is die Ou los, met gewigte , spaarplanne en als!

Sjoe ·

So maklik gaan dit nie wees nie, die stukkie van: TP – Hulle het gesê jy moet sê jy het die 80 000.00 van Christopher ontvang en dat jy nie alles vir Vumazonke gegee het nie! Siyoni – Nee . Hierin lê staat se redding en CP se onaangenaamheid. Net jammer Siyoni vir n paar rand het jy jouself in die middel van n groot gemors gekry en jy dink jy kry nou opregte regshulp, hulle mors jou verder!

Besorgdheid ·

Die vreeslike besorgdheid oor hoe n getuie behandel is, TP ek weet jy moet vir jou klient opstaan, al weet jy dit is byna onmoontlik, maar regtig op n ander se goed fokus eerder as self jou eie saak sê nie vir my hy is onskuldig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.