Panayiotou-moordsaak: Uitsmyter ‘snork’ voor bekentenis

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher tydens 'n vorige verskyning in die hof (Mei 2016) Foto: ANA

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher tydens ‘n vorige verskyning in die hof (Mei 2016) Foto: ANA

Die moordbeskuldigde, Christopher Panayiotou, se uitsmyter het só salig geslaap dat hy gesnork het terwyl die polisie hom na Fort Beaufort geneem het waar hy ʼn bekentenis moes maak om sy baas by die moord op sy vrou te betrek, het die Port Elizabeth-hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Ao. Dirk Greef, wat nie direk by die ondersoek betrokke was nie, het in die voortslepende moordverhoor van Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes getuig. Die drie word aangekla van die moord op die onderwyseres, Jayde Panayiotou, in April verlede jaar. Sy sou Dinsdag 31 jaar oud word.

Die uitsmyter, Luthando Siyoni, wat ʼn staatsgetuie is en intussen as vyandig verklaar is en ontken dat hy die middelman was, het voorheen getuig hy was gespanne en van slaap ontneem voor sy bekentenis. Hy was ook honger en die polisiebeamptes hom niks te ete aangebied nie.

Greef het in April 2015 saam met ʼn kollega vir Siyoni na Fort Beaufort geneem. Greef het gesê Siyoni was so ontspanne en dat hy gelag het vir die polisiebeamptes se grappies.

“Terwyl ons gery het, het Siyoni gevra wanneer hy ʼn prokureur kan sien. Ek het gesê hy kan enige tyd een sien en ek het spesifiek gevra of hy nou een wou sien. Hy het gesê nee, hy wou maar net uitvind en ons het aangegaan,” het Greef gesê. “Terwyl ons gery het, het hy begin snork. Ek het skertsend aan my kollega gesê ek sal nie eens kan slaap nie want hy [Siyoni] hou my wakker,” het Greef aan die hof gesê. Hy het verder gesê Siyoni het nie baie gepraat nie, maar vir sy grappies gelag en dat hy vir Siyoni ʼn pastei en koeldrank gekoop het.

Advokaat Terry Price het tydens kruisverhoor vir Greef gevra waarom hy nie in sy notaboek aangeteken het dat Siyoni nie vir ʼn prokureur gevra het nie en het hom daarvan beskuldig dat die “geselsies” tussen Greef en Siyoni nooit plaasgevind het nie.

Die staat beweer Christopher Panayiotou, Jayde se man, het Siyoni, ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, betaal om ʼn huurmoordenaar, Sizwe Vumazonke, te kry om Jayde te ontvoer en te vermoor. Die staat beweer Sinethemba Nenembe het Vumazonke gehelp om die moord uit te voer. Zolani Sibeko het na bewering ook ʼn rol in die uitvoering van die moord gespeel. Vumazonke is vroeër vanjaar in aanhouding dood.

Jayde is na ʼn afgeleë deel aan die buitewyke van Kwanobuhle geneem, waar sy vermoor is. Die staat voer aan Vumazonke het haar twee keer in die rug geskiet en een keer in die kop.

Zolani Sibeko was die laaste verdagte wat in hegtenis geneem is, 15 maande ná die moord.

Die hofsaak hervat Woensdag.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ja nee ·

Ja nee seker al wat jy kan se om die getuienis te diskrediteur, jy was mos saam in die kar Terry Price, Luthando Siyoni het mos darem gewys hy is nie betroubaar veral as jy en Christopher voor hom sit. Advokaat Stander, dalk moet jy kyk of daar dreigemente uit is na sy prokureur Mnr Nquesa, en na Brakfast, dit klink al meer vir my hulle was ok om te beken totdat iemand hul gedreig het …… Mens kan maar net wonder wat met Vumazonke gebeur het, baie strategiese beplanning.

Denise ·

Die man is n moordenaar ek is baie geskok oor wat hy aan sy lieflike vrou gedoen het sy het nie verdien om so vermoor te word nie hy het seker nog nie van skei gehoor nie MONSTER!!!!! Without prejudice!!!!!

Liewe heksie ·

ASB my VADER moet nie dat daar nog een wegkom nie ASB laat waarheid geskiet

Mike ·

Daar word deur die staat beweer Breakfast is so te sê blind maar Terry Price het beweer dat sy gesien het Siyoni se lip is stukkend, sy oogbesering gesien en dat sy broek nat was en geskeur was. Iewers is iets nie pluis nie.

Great Mike ·

Skerp Mike, ek hoop Advokaat Stander se span sien jou opmerking raak en neem dit op.

Mike ·

Nog n punt Siyoni het baie lank tyd gehad om na sy arrestasie te kon aanvoer hy was aangerand en gedreig. Hoekom klink dit so al of Vumazonke se dood iets met die skielike ommeswaai te doene het. Hy kan mos nie meer praat nie so die wat agterbly kan nou mos nou die feite aanpas.

Ja nee ·

Absoluut die regte rat is verwyder. Die ander 2 ratte is nou skytbang, ek sou ook tussen Christopher Panayiotou en Terry Price sal ek ook eerder ligloop en staan en lieg. Kruisverhoor vir almal kom en beslis is Marius Staander ook vlymskerp.

Alida ·

Ek wens hulle wil nou die baasbrein vonnis en vir altyd bere. Die gemors soek sy vryheid maar hy het dit nie vir sy vrou gegun nie. Wat karring hulle nog so.

Wees maar ·

Wees maar slim, wees maar onbeskof, wees maar beledigend ou Terry Price- al verwilder en bevrees jy en jou manskappe almal moet jy op die ou einde met jouself saamleef. Wag tot dit iemand naby jou se beurt is dan kyk ons hoe jel jy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.