Panayiotou-saak: Aanklagte teen ‘middelman’ teruggetrek

Luthando Siyoli tydens 'n hofverskyning. Foto: ANA

Luthando Siyoli tydens ‘n hofverskyning. Foto: ANA

Die aanklagte teen die beweerde middelman in die Jayde Panayiotou-moordsaak is teruggetrek.

Tsepo Ndwalaza, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê Luthando Siyoli sal nou as staatsgetuie optree in die moordsaak teen Christopher Panayiotou (28) en die beweerde huurmoordenaar Sizwezakhe Vumazonke (30).

Die staat beweer Panayiotou het Siyoli genader om ʼn huurmoordenaar op te spoor wat sy vrou sal vermoor. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit en het glo vir Vumazonke genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy op ʼn saamrygeleentheid na die Riebeek College, waar sy ʼn onderwyseres was, gewag het. Haar liggaam is die volgende dag in KwaNobuhle buite Uitenhage gevind.

Volgens Ndwalaza sal Vumazonke Donderdag weer in Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Ndwalaza kon nie bevestig of Panayiotou saam met hom sal verskyn nie.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

maggie ·

ek hoop dis nie weer n “Oscar” nie en dat hierdie man vir die res van sy lewe sal sit! Ongelooflik dat sy familie bankvas agter hom staan??

Martin ·

Siestog, ek dink dit is een van die moeilikste dinge wat ‘n ouer kan oorkom. Hoe kies en oordeel ‘n Ma en Pa in so geval. Sterkte aan hulle.

pop ·

Maggie, ek verstaan dat sy familie by hom staan, want dis hulle KIND. Hulle liefde het mos nou nie opgehou nie, dis vreeslik hartseer en vir ons ander laakbaar, maar as iemand nou vir my bel en se my seun het sy vrou laat vermoor, gaan ek nadat ek hartaanval gekry het, ook maar by hom staan. Baie ouers is ook te blameer, hulle los die kinders nie om te trou met wie hulle wil nie, nee, dit moet aanvaarbare persoon vir ouers wees.

Vic ·

Ek verstaan nou nie so lekker nie, pop. Die ouers is skuldig omdat die volwasse seun sy vrou laat vermoor het? Hy het geen ander keuse gehad nie? Hy kon nie nee se as hy nie met haar wou trou nie? Hy kon haar nie skei eerder as om haar te vermoor nie? Is jy seker dis die ouers se skuld? Is dit nie dalk apartheid se skuld nie?

Martin ·

Vic, miskien verstaan ek nie rêg nie, maar ek dink nie pop bedoel dit is die ouers se skuld nie.

Dave ·

Wel Vic & Martin, indien Pop ‘n skoondogter het, (en sy laat dit so klink) hoop ek die meisiekind weet nie onder onder watter naam haar skoonma skryf nie.

Ed ·

Ek verstaan dit nie, die middelman sweer saam om moord te pleeg, druk 40 000 rand wins in sy sak vir sy aandeel en dan kom hy wragtig skotvry. Hoe nou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.