Panayiotou-saak: ‘Huurmoordenaar’ kort nuwe prokureur

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Die man wat daarvan verdink word dat hy Jayde Panayiotou geskiet het, kort ʼn nuwe prokureur nadat sy vorige prokureur, Anne Swanepoel, van die rol van prokureurs geskrap is.

Swanepoel is van die rol geskrap nadat ʼn hof bevind het dat sy R90 000 van ʼn kliënt en sy advokaat gesteel het.

Sy was Faeez Ching se prokureur toe hy daarvan verdink is dat hy sy vrou, Yan Huo-Ching, in 2005 by hul huis in Port Elizabeth geskiet het.

Swanepoel het destyds aan Ching gesê sy benodig minstens R130 000 van hom, wat die dienste van R100 000 vir advokaat Terry Price SC insluit.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy op ʼn saamrygeleentheid na die Riebeek College, waar sy ʼn onderwyseres was, gewag het. Haar liggaam is die volgende dag in KwaNobuhle buite Uitenhage gevind.

Haar man, Christopher Panayiotou (28), en die beweerde huurmoordenaar, Sizwezakhe Vumazonke (30), word van die moord aangekla.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nou toe nou ·

uhmmm ryk ‘n rot, moet nooit die vermoee van Chris Panayoto en Terry Price onderskat nie. Anne Swanepoel klink nie vars nie, maar die ou geldjies het nou heeltyd nie gepla nie, skielik met hierdie sakie verander die prentjie en dit laat mens wonder of Anne Swanepoel dalk meer om die rol het!!!!!!! Mens raak net al naarder vir hierdie manne!!!!!

Winston ·

Ja nou soek sy n advokaat. Om haar te verdedig natuurlik. Wat n gemors van n gemors.

SNEL ·

Elke keer as ek die pragtige foto van Jayde sien, dan sukkel ek om te verstaan hoe dasi man so iets aan so pragtige vrou kon doen en dan sien ek haar gebroke ouers. Hoekom???? Kon jy haar nie maar net skei nie. Hoop regtig die hele spul van julle wat betrokke was vrot in die tronk.

Sumari ·

Seker bang as hy sou skei dat Jayde alles sou vat. Wat ook reg is, want hy verdien niks nie.

[email protected] ·

Kyk maar hoeveel kriminele prokureurs word met hul hand in die koekieblik gevang! Sy’s nie die eerste en sekerlik nie die laaste een nie! Gierigheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.