Panayiotou-saak: ‘Pa en seun baklei oor buite-egtelike verhouding’

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher tydens 'n vorige verskyning in die hof (Mei 2016) Foto: ANA

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher tydens ‘n vorige verskyning in die hof (Mei 2016) Foto: ANA

Christopher Panayiotou en sy pa, Costa, het altyd baklei en nie ʼn hegte band gehad nie, het die hooggeregshof in Port Elizabeth Woensdag gehoor.

Speurder ao. Leon Eksteen het tydens ondervraging deur die staat gesê die pa en seun het baklei oor Christopher se verhouding met Chanelle Coutts. Volgens Eksteen was Costa ook nie gelukkig met die manier waarop sy seun die familie-onderneming bestuur het nie en Christopher het ʼn “groot bedrag geld verloor”.

Staatsaanklaer Marius Stander het Eksteen verwys na geheime opnames van gesprekke tussen Eksteen, Costa en Phillip Vosloo, ʼn familievriend van die Panayiotou’s. Vosloo sê in die gesprek “Costa het hom [Christopher] gedwing” om met Jayde te trou.

Eksteen en die Panayiotou’s was vir 16 jaar familievriende voor Jayde se moord en het vervreemd geraak nadat Christopher in hegtenis geneem is in verband met die moord.

Hy het vroeër die week getuig Costa het gesê hy wil niks met sy seun te doen hê nadat die buite-egtelike verhouding aan die lig gekom het nie.

Die staat voer aan Panayiotou het die moord op sy vrou gereël. Panayiotou, Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko staan tereg op aanklagte wat verband hou met Jayde se moord in April verlede jaar.

ʼn Hofsaak-binne-ʼn-hofsaak duur tans voort om te bepaal of ʼn video-opname tussen die beweerde middelman en Panayiotou, wat tydens ʼn polisie-operasie op 29 April 2015 verfilm is, toegelaat gaan word.

Die verhoor gaan Donderdag voort.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Buig die boompie terwyl hy jonk is ·

Buig die boompie terwyl hy jonk is Costa en alle ouers wat net geld in die hand stop / nie genoeg aandag gee en kind begin vat kanse tot………….

charmaine ·

Soos die kommentaar hierbo, terwyl ek die berig lees dink ek hierdie ou is n spoil brat! Hy dink hy kan doen wat hy wil. En die vrou met wie hy n affair gehad het, is nie eers naastenby so mooi soos sy vrou was nie. Shame seker het sy die ego gestreel en verder bederf! En dit is hoekom hy dink hy gaan loskom gewoond om sy sin te kry,soos n stout kind!

LB S ·

Volgens die foto het sy Pa hom nou sommer alles vergewe, die moord ook. Die skelmpie het mos gesien sy word lekker bederf, hoekom sou sy dit opgee?

Alida ·

Hierdie saak is vervelig en maak net die prokureur en advokaat ryk. Sluit die man toe en kry klaar. Hy is mos skuldig hoekom nog karring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.