Panayiotou se geldsake in hof bespreek

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens 'n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Vrydag getuienis aangehoor oor Christopher Panayiotou se geldsake.

Claudia Goosen, ʼn konsultant, het getuig dat Panayiotou om ʼn persoonlike lening van R80 000 tot R100 000 aansoek gedoen het by Capitec-bank. Die aansoek is van die hand gewys. Panayiotou en sy vrou, Jayde, het die bank sowat ʼn maand voor haar dood besoek.

Dit het vroeër aan die lig gekom dat die egpaar ʼn huis in die Lovemore Heights Estate gekoop het. Panayiotou het in sy pleitverduideliking aangevoer hulle sou daar intrek en die res van hul lewe daar saam deurbring. Die huis was in sy naam geregistreer.

Panayiotou het die bank op 13 Maart besoek. “Die kliënt was in die bank en wou om ʼn lening aansoek doen. Hy wou ʼn huis koop en het ʼn bedrag van R80 000 tot R100 000 nodig gehad [vir die deposito]. Hy het nie gekwalifiseer nie aangesien daar nie aan die minimum voorwaardes voldoen is nie,” het Goosen getuig.

Adv. Terry Price, Panayiotou se regsverteenwoordiger, het egter die bedrag betwis en gesê sy kliënt wou om ʼn lening van R150 000 aansoek doen. Volgens Goosen het Jayde op 18 Maart die bank besoek en om ʼn lening aansoek gedoen “vir ʼn deposito op ʼn huis”.

Volgens Goosen is ʼn lening van R150 000 aan Jayde toegestaan. “Sy het die geld na haar man se FNB-bankrekening oorgeplaas.”

Jayde se pa, Derrick Inggs, het vroeër die week getuig dat hy vir Jayde R40 000 gegee het om ʼn uitstaande bedrag op haar motor te betaal. Dit het ook aan die lig gekom dat Jayde se ouers saam vir haar R200 000 geleen het. Inggs het aangevoer dat sy dogter die geld vir “oordragkoste” nodig gehad het.

Die staat het vroeër beweer dat Panayiotou onder finansiële druk was om Jayde en sy minnares gelukkig te hou en dat dit nie vir hom ʼn opsie was om te skei nie aangesien sy familie hom sou onterf en dat hy daarom glo vir Jayde laat vermoor het.

Die saak gaan Maandag voort.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

sarie van heerden ·

Oenskynlik was dit vir hom beter om liewer sy vrou wat geld aan hom beskikbaar gestel het deur haar pa, te vermoor as die los vrou met wie hy ‘n verhouding gehad het. Ek het baie min simpatie of empatie met die man en hy het skandalig opgetree. Sy arme ouers wat nou moet kyk en besef hy was ‘n mislukking.

Lalie ·

Dankie dat julle ons op hoogte hou van die saak. Dit het my weer herinner hoe gewetenloos egbrekers is, en hoe buite-egtelike verhoudings onskuldige mense se lewens verwoes. In my eensaamheid het ek amper nou in die strik getrap van vleiwoordjies en die aanbieding van duur geskenke van ‘n getroude man, maar kon dit ferm weerstaan deur die beriggewing hier. Dankie.

E ·

Lyk my geld en status het hier ń groot rol gespeel. Wat is nou beter om andere te beindruk of om lekker in die aand te slaap?

Onterf dan eerder jou ouers en leef soos jou inkomste bepaal, maar hierdie geldgod veroorsaak baie moeilikheid.

Ek kies my klein huisie en 2de handse karretjie waarvoor ek niemand skuld nie. Ek gee nie om wat mense van my dink nie, want ek skuld niemand.

As hy dalk daardie besluit vroër geneem het, was hy dalk nou geskei en onterf, maar met geen verdere moeilikheid.

Bertie ·

Was Jannie regop toe hy die maraakas beplan en dedoen het, nou sit hulle soos sakke vrot aartappels, as ek ‘n hof beampte is klap ek hom/hulle regop.

Aapstert ·

Indirek en onwetend het Jayde vir haar eie moord betaal. En dan word daar gesê hy dink sy was ‘n finansiële verlies vir hom, ek dink die teendeel is eerder die waarheid.
Sy het soveel beter verdien as die lafhartige gemors wat hy is…

Cherokee ·

Ek wens iemand betrokke wil hom of Terry Price vra waarom die R200 000 (en R40 000) en seker meer geld vanaf Jayde se pa ge-in is maar die huis is in sy naam geregisteer. Dit was (ten minste vir my) iets prominent vanaf die begin van die vertelling daarvan. Sy hele verdediging is gebasseer op die price van Terry Price.

Skerp potlood ·

Skerp potlood Cherokee, presies my vraag, ek hoop Marius Stander dink daaraan, hy is skerp, maar moet hard werk om voor te bly met sulke uitgeslape mense. Christopher moet antwoord, hoekom hy die huis in net sy naam gekoop het, dit dui duidelik op sy planne!!!!! Verder is Christopher en Terry Price en daai grillerige Alwyn Griebenau net nog minder in my opinie. Die wins van die huis moet dan na Jade gaan, sy was die gans met goue eiers. Verder breek dit my hart, maar ek besef of haar ouers se geld of die wat sy by die bank geleen het was nie vir die huis nie, maar het in ‘n stoorkamer gelê vir ……. Marius dit is nog ‘n punt as hul so geld moes leen, waar kon hy die geld in die stoor vandaan kry om sommer so te laat rondlê!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Marius Stander jy is briljant!!!!!!

nog 150 000.00 ·

Jip en nog 150 000.00 lening wat sy uitgeneem het!!!!!!

Briljant ·

Al wat ek kan sê, die staatsaanklaer en ondersoek span is briljant, die hele legkaart sal inpas en dit bevestig!!!!!!!! Wow dit het my ‘n rukkie gevat!

Waattt???? ·

Hy kon nie eens ‘n lening kry nie???? Baie interessante storietjie die!

'n sak geld ·

Wow ‘n sak geld lê sommer in die stoor, vreemde verskyning vir ‘n arm man wat nie ‘n lening kan kry!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.