Panayiotou se gesprek met ‘middelman’ opgeneem

Christopher Panayiotou (heel regs met sy rug na die kamera) en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Port Elizabeth (17 Oktober 2016) Foto: ANA

Christopher Panayiotou (heel regs met sy rug na die kamera) en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Port Elizabeth (17 Oktober 2016) Foto: ANA

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Donderdag gehoor die staat het ʼn bandopname van ʼn gesprek tussen Luthando Siyoni, die beweerde middelman in die huurmoord van Jayde Panayiotou en Christopher Panayiotou, die beweerde baasbrein agter die moord.

Adv. Marius Stander, die staatsaanklaer, het gesê die staat beplan om ʼn nuwe hoofstuk van sy saak te begin. Die nuwe hoofstuk behels die bewyse wat glo vervat is in ʼn bandopname van ʼn gesprek tussen Siyoni en Panayiotou. Die gesprek is op 29 April verlede jaar opgeneem tydens ʼn geheime polisieoperasie.

Siyoni het vroeër getuig die polisie het hom gedwing en “gedreig” om Panayiotou te bel as deel van die operasie. Hy beweer hy is aangesê om sy samewerking te gee of tronk toe te gaan. Siyoni het vir Panayiotou gewerk as ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub.

“Hulle het gesê ek moet Chris kry om te erken [hy was by sy vrou se moord betrokke], sodat daar ʼn rede is om hom in hegtenis te neem, omdat ek geld by hom gekry het,” het Siyoni aan die hof gesê.

Die polisie het vir Siyoni gesê wat om vir Panayiotou te sê en ná talle telefoonoproepe het die twee mans uiteindelik by ʼn vulstasie ontmoet. ʼn Bandopnemer is in Siyoni se voertuig geplaas en hy het Panayiotou oortuig om saam met hom in sy motor te sit.

Die polisie beweer hierdie ontmoeting is gereël omdat Siyoni die inligting, wat hy vroeër aan die polisie gegee het, wou verifieer. Siyoni het uiteindelik staatsgetuie geword, maar is verlede week as ʼn vyandige getuie verklaar nadat hy ʼn skielike ommekeer gemaak en sy vorige weergawe van gebeure aan die polisie ontken het.

Die verdediging vra die hof om die bandopname wat deur die polisieoperasie bekom is, as ontoelaatbaar te verklaar. ʼn Verhoor binne ʼn verhoor sal vandag begin, wanneer die staat en die verdediging mekaar sal aanvat oor die toelaatbaarheid van die bewyse.

Vandag is die 32ste dag van die lang moordverhoor. Die staat beweer Panayiotou het Siyoni betaal om ʼn huurmoordenaar, Sizwe Vumazonke, te kry om Jayde te ontvoer en te vermoor. Die staat beweer Sinethemba Nenembe het Vumazonke gehelp om die moord uit te voer. Zolani Sibeko het na bewering ook ʼn rol in die uitvoering van die moord gespeel. Vumazonke is vroeër vanjaar in aanhouding dood.

Twee polisiebeamptes wat vandeesweek moes getuig, was nie beskikbaar nie, nadat hulle in ʼn motorongeluk betrokke was.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sarie ·

Hierdie saak herrinner my aan die mafia! Geen wonder Siyoni ontken als nie; hý vrèès vir sy lèwe!!!

LB S ·

Of hy is baie geld aangebied! Gaan paar jaar tronk toe, kom uit en leef lekker…..

jaco ·

waar kry panayiotou geld om te betaal vir n verhoor binne n verhoor?

Buitestander ·

Lyk my die ondersoek beamptes het lelik klei getrap met die ondersoek.
Wat gaan nou gebeur?

Nee wat ·

Nee wat die advokaat Terry Price is met woorde slimmer en natuurlik agterbaks. Hy het Jayde se Pa in hof gestamp, disrespekvolle vark. Ja ek noem jou n vark, jy speel vuil terwyl jy weet wat die man gedoen het en daar is geen respek vir n vrou.

Mike ·

Hoekom sal Panayiotou homself in die bandopname inkrimineer en feite uitbring as hy onskuldig is. Selfs al was Siyoni gedwing gewees om die opname te maak. Siyoni sidn n uitkom kans noudat Vumazonke nie meer kan praat nie.

Frik ·

Misdaad sal nooit uitgeroei word nie want alles word gedoen om misdadigers los te kry. Almal sê altyd dis die polisie wat swak is maar wat van prokureurs. Die Oscar saak het gewys hoe daar gelieg word net om kriminele los te kry. N SKANDE.

Uiltjie ·

Die boodskap aan Siyoni is duidelik verstaanbaar: Praat die waarheid en jy sterf! Hoewel ek dink hulle sal hom in elk geval uithaal!

Stem saam ·

Stem saam Uiltjie, so sad. Die arme man is bereid om eerder tronk toe te gaan, hy kan vry wees as hy die waarheid praat. Ongelukkig is die mafia gevaarlik en groot.

Cherokee ·

Ek dink dat die Griek, Spanjaard of wat ook al hy is, skuldig is soos aangekla. Maar somtyds dink ek ook daaraan dat às hy onskuldig sou wees, wat ‘n aaklige ervaring dit moet wees om in dieselfde bank saam met die moordenaars van sy vrou te wees vir ure. Daar behoort ook lyftaal-getuienis te wees met betrekking tot dit. Ek wonder of hulle met mekaar praat, gesels in daardie banke.

Nee wat ·

Nee wat sy lyftaal wys mos hy is heel gemaklik te gemaklik met hulle, hy bly ook naby sy makkers – hul kan niks oor hom of teen hom sê anders is hul ook lang boompies toe!

Cacophony ·

Die saak maak mens naar. Dis weereens geval van he who can afford theoost expensive attorney will win

Cherokee ·

Ek het reageer op jou plasing en as jy graag wil weet wat ek gesê het kan jy gerus aan die Maroela-sensorrraad vra wat ek gesê het. Hulle het besluit om jou dit te spaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.