The Herald berig Panayiotou is bereid om ʼn elektroniese moniteringstelsel, soos ’n enkelband, te dra as hy op borgtog vrygelaat word. Panayiotou het reeds twee aansoeke gebring om op borgtog vrygelaat te word en albei is van die hand gewys.
Sy regsverteenwoordigers wil nou weer probeer om hom op borgtog vrygelaat te kry voor sy volgende hofverskyning volgende maand. Die nuwe aansoek sal moontlik fokus op ʼn onlangse uitspraak in die Bloemfontein-streekshof waar ʼn bedrogbeskuldigde op borgtog vrygelaat is, maar ʼn elektroniese opsporingsband moet dra.
Panayiotou se regsverteenwoordigers het intussen die Port Elizabeth-landdroshof versoek om die staat te beveel om afskrifte van die dossier aan hulle te oorhandig sodat hulle vir die nuutste borgtogaansoek kan voorberei.
Klik hier om alle vorige berigte oor die Panayiotou-saak op Maroela Media te lees.
© RDM News Wire
Los hom in die tronk. Groot verskil tussen bedrog en moord.
Hy moes mos daaraan gedink het voor hy gedoen het wat hy gedoen het.
Nou waartom die vreeslike begeerte om op borg uit te gaan? Daar is in elkgeval nie so n groot verskil binne of buite nie. Buite sal daar woorde van verwyte en veragting wees wat in elkgeval erger is as binne die gevangenis. Of dink die man hy gaan met ope arms, begrip en liefde op die hande gedra word?
REGTIG!! Hoe verwaand is diè spul. Pleeg moord en bak mooi broodjies en dink hulle kan aangaan met hul lewe, soos altyd!!
Nee nee nee, geen enkelband, hy moet sit vir wat hy aan sy pragtige vroutjie gedoen het.
NEE! NEE! NEE!
Dis hoekom ek nie kommentaar wil lewer nie. Al sê ek niks lelik word die goed verwyder en ek praat net die waarheid. Dit suck. Maroela moet asb nie julle tyd mors om vir my kom verduidelik wat ek verkeerd gesê het nie.
Hoe wil dit my dan voorkom asof meer en meer mans – of kom ons stel dit só – mense letterlik en figuurlik met moord wegkom? Oscar Pistorius, Shrien Dewani, Christopher Panayiotou … om ‘n paar op te noem?
Het hulle nie almal baie geld nie? As dit die rede is dan weet ons die regstelsel is sy maai in, want geld kan volgens rykmense hulle boude uit die tronk hou.
Leave him to rot in jail, and no electric arm band, put one around his neck for good.
Hy se hys onskuldug sjoe ! ek wonder waste haas hy uit die hoed gaan pluk met die borgtog aansoek die man gaan hardloop hoor wat ek julle se as hy borg kry