Panayiotou se ‘vriendin’ gaan glo in moordverhoor getuig

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Chanelle Coutts, ʼn vrou wat met die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou verbind word, gaan glo vir die staat getuig tydens sy hofsaak.

Panayiotou staan tereg op aanklag dat hy saamgesweer het om sy vrou Jayde, te vermoor, en sal Woensdag in die hof verskyn in verband met sy voortslepende aansoek om borgtog.

Coutts is ʼn assistentbestuurder by Algoapark OK-kruidenierswarewinkel, wat deur Panayiotou bestuur word en waarin hy ʼn 10% aandeel het.

Danie Gouws, prokureur van Port Elizabeth, het bevestig hy is aangestel om na Coutts se belange om te sien en hy is in kennis gestel dat sy ʼn staatsgetuie sal wees. “Dis baie belangrik om ʼn onderskeid te tref,” het Gouws verduidelik. “Sy is nie ʼn artikel 204-getuie, dit wil sê ʼn getuie wat deel is van die misdaad en nou as staatsgetuie optree in ruil vir ʼn ligter vonnis nie, maar dit is eerder ʼn geval waar die staatsaanklaer aangedui het dat sy moontlik geroep sal word om tydens die hofsaak vir die staat te kom getuig.”

Gouws het ook aangedui dat hy sake oor siviele laster vir Coutts sal ondersoek, ná bewerings dat sy en Panayiotou ʼn buite-egtelike verhouding gehad het.

Volgens hom sal Coutts nie Woensdag die aansoek om borgtog bywoon nie, maar ʼn verteenwoordiger van sy firma sal teenwoordig wees om seker te maak dat haar belange beskerm word.

In Panayiotou se verklaring wat verlede week aan die hof voorgehou is tydens sy aansoek om borgtog, het hy na Coutts, in haar kapasiteit as assistentbestuurder verwys en gesê sy is onder omstandighede gedwing om verlof te neem. Hy het gesê Coutts is onder erge druk geplaas toe die polisie haar ondervra het en is telefonies met geweld gedreig en deur lede van die publiek gedreig wat die winkel besoek het. “As gevolg van hierdie dreigemente en die ondervraging deur die polisie het sy ʼn senu-ineenstorting gehad en sy kan my nie meer bystaan nie. Dit het die onderneming in selfs ʼn groter penarie geplaas.”

Lees alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.
Bron: Derrick Spies, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dave ·

Tussen die lyne gelees kan hierdie ‘n geval wees van ‘n vrou wat deur omstandighede betrek is en nie deur opset.

Dave ·

Het jy of enige van die klipgooiers hieronder, bewyse dat sy werklik in ‘n verneuk-verhouding betrokke was of bou julle stories op na aanleiding van enkele sinne in berigte wat daarop gedui het?

SNEL ·

Ja-nee, ek stem saam met Scalla en Asjas, hier kom behoorlik drama en al die vuil wasgoed gaan nou uitgegooi moet word. Daai goed wat agter toe deure en in die donker gebeur het waarvan niemand geweet het nie, gaan nou aangehoor word. En ja, jy karring nie met n getroude vrou of man nie, jy BLY weg. Sy het geweet dis verbode terrein, en nou was daar n moord gepleeg dat hulle twee nou hulle “geluk” kon hê. Sekerlik het sy nie geweet die mannetjie se kop raas so nie, maar nou het n onskuldige vrou haar lewe verloor. Dis vreeslike om te dink wat Jayde se ouers moet deurmaak, hulle het die man vertrou met hulle dogter en in plaas van om haar dan maar net te skei, vermoor hy haar. Sy is onskuldige, nie oor die tou getrap of niks nie en sy, wat ek glo net n goeie vrou vir daai skuim was, is nou vermoor. Baie sterkte aan Jayde se ouers en familie.

neelsie ·

Stem volkome saam.
Wat dink die “skelmpie” kan met haar gebeur!
Jammer die doodstraf is afgeskaf.

Marietjie ·

Voordat almal die skelmpie kruisig…..sy het geweet hy is getroud, korrek, maar hy kon haar net sowel heuning om die mond gesmeer het met beloftes van egskeiding en ‘n toekoms saam ens. Die liefde is blind en kon sy moontlik nie voorsien het dat hy heeltemal die dam onder die eend se bas uit gaan ruk en sy vrou laat vermoor nie. Het sy geweet van die dobbelskuld of het sy net geweet wat hy wou hê sy moes weet en glo? Dis soms jammer dat die wettige vrou en skelmpie nie ‘n gesprek of twee kan hê oor die man wat hulle mee deurmekaar is nie. Dalk het die skelmpie se oë oopgegaan vir watter tipe man hy werklik was. Ek sê maar net….

Dave ·

Marietjie, ek het jou skrywe geniet. Gelees en in my gedagtes saamgestem. Jy het die klomp beterweters iets gegee om oor na te dink. Mense lewer dikwels kommentaar sonder om eers te dink en dan te skryf. Soos ek sê, dit is ‘n heel sinvolle en leersame skrywe. En toe neuk jy jou hele mooi skrywe op met daardie vervelige holruggeryde rympie van ‘Ek sê maar net…’ (met nogal selfs die regte stemtoon ook – ‘n stemtoon wat styg in toonhoogte en sonder ‘n punt! (ek vra maar net… ek sê maar net) ag waarom doen jy dit aan jouself!

Marin ·

Shame nou wil madam vir die staat getuig. Sy is seker bang sy gaan ook tronk toe. Het niks gevoel toe sy met ‘n ander vrou se man gelol het nie. Hoekom is sy nou bang. Wie dink sy moet nou vir haar iets voel. Al die hartseer wat sy vir daardie onskuldige vrou veroorsaak het, het haar nie gepla nie. Die spreekwoord sê: Die wiel draai en sussie daardie wiel het nou vir jou gedraai. Nou kom die pyn na jou toe. Vat dit , jou huweliks opbreker, dit kom jou toe.

jc ·

Jislaaik… pasop dat iemand nie jou glashuis se mure en dak stukkend gooi nie!

Chantell De Jager ·

Kan regtig nie glo hoe kinderagtig sekere mense kan wees nie.Jul maak ‘n storie tien keer erger met jul gissings.Wie se sy is skuldig aan enigiets?Daar is nog goed in die wereld oor-maar met ‘n klomp glashuis klipgooiers is dit moeilik om rasioneel te dink..dink bietjie-kom ons se jy was in ‘n situasie waar jy ook summier veroordeel word-is dit lekker? Innocent untill proven guilty, is dit nie ?Ek se waragtig niks meer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.