Panayiotou sit stryd om borgtog voort

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou (28), wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou Jayde laat vermoor het, se appèlaansoek nadat hy borgtog geweier is, word Maandag in die hooggeregshof in Grahamstad aangehoor.

Landdros Abigail Beaton het Panayiotou op 5 Junie borgtog geweier in die Port Elizabeth-landdroshof. Sy het bevind dat Panayiotou moontlik ʼn vlugrisiko is en dat hy moontlik met staatsgetuies kan inmeng.

Panayiotou se regspan het teen Beaton se beslissing geappelleer en aangevoer dat sy ʼn “aantal ernstige feitefoute” gemaak het. Panayiotou het op 19 Junie vir die eerste keer saam met sy twee medebeskuldigdes in die hof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek tot 13 Augustus uitgestel.

Panayiotou het Luthando Siyoli glo betaal om die huurmoord op sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit. Siyoli het glo vir Sizwe Vumazonke genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy gewag het op ʼn saamrygeleentheid na Riebeeck College, waar sy ʼn onderwyseres was. Haar liggaam is die volgende dag buite die Kwanobuhle informele nedersetting in Uitenhage gevind.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Ek sien geen rede waarom hy borgtog toegestaan moet word nie. Nee wat, hy kan maar net bly waar hy is!

Martin ·

Al borgtog wat hy moet kry is van die enkel sel na algemene selle toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.