Panayiotou terug in hooggeregshof

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou sal na verwagting Donderdag weer in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn vir sy voorverhoorkonferensie.

Hy het in Julie sy eerste verskyning in dié hof gemaak saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (30) en Sinethemba Nenembe (30).

Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein was agter die ontvoering en moord van sy vrou, Jayde, in April verlede jaar, omdat sy glo ʼn “finansiële las” was. Jayde was ʼn onderwyseres.

Die staat voer aan hy het ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, Luthando Siyoni, betaal om Vumazonke as ʼn sluipmoordenaar te huur wat Jayde sou ontvoer en vermoor.

Die staat voer aan Nenembe het Vumazonke bygestaan om die vermeende sluipmoord uit te voer.

Siyoni het intussen ʼn artikel 204-getuie geword, wat beteken dat hy kwytgeskeld is van vervolging indien die hof tevrede is dat hy eerlike getuienis gelewer het.

ʼn Vyfde verdagte, Zolani Sibeko (35), is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem en hy het reeds in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn vir sy beweerde aandeel in die saak.

Klagtes teen die beskuldigdes sluit in sameswering om moord te pleeg, moord, ontvoering, onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en roof met verswarende omstandighede.

Panayiotou staan ook tereg op ʼn bykomende aanklag van dwarsboming van die gereg.

Die hofsaak sal na verwagting in Oktober ʼn aanvang neem.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Wat is ‘n voorverhoorkonferensie? Waaroor moet gekonfedereer word? Kan nie onthou dat ek al die woord gehoor het nie.

Cherokee ·

7 Ure later kom ek agter ek het almal met die vraag afgeskrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.