Panayiotou-verhoor: Staat sluit saak af

Christopher Panayiotou in die hof (19 April 2017) Foto: Raahil-Sain / ANA

Die staat het Dinsdag sy saak in die voortslepende moordverhoor van Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes in die Port Elizabeth-hooggeregshof afgesluit.

Daar is vroeër verwag dat die staat nog die ondersoekbeampte, kapt. Kanna Swanepoel, sou roep om te getuig, maar die staat het aangedui ao. Shane Bosch van die polisie se georganiseerde misdaadeenheid is sy laaste getuie.

Bosch was verantwoordelik vir die inhegtenisneming van Zolani Sibeko in Julie verlede jaar.

In kruisondervraging het prokureur Peter Daubermann na Sibeko se inhegtenisneming by sy ouers se huis in Greenbushes verwys.

Bosch het aan die hof gesê toe hy Sibeko in hegtenis geneem het in verband met Jayde Panayiotou se moord, het die jong man “geskok” voorgekom.

Bosch het gesê hy het Sibeko omtrent sy regte ingelig, waaronder sy reg tot ʼn prokureur, maar dat hy nie gereageer het nie. Daubermann was egter vasbeslote dat Bosch nie Sibeko die geleentheid gegun het om ʼn prokureur te bel nie.

Bosch het aan die hof gesê Sibeko is in Swanepoel se sorg oorhandig ná die inhegtenisneming, waarna Bosch na Sibeko se selfoon in sy kamer gesoek en dit later gekry het.

Die staat beweer Panayiotou was die meesterbrein agter die moord en het Luthando Siyoni betaal om huurmoordenaars te kry wat sy vrou, Jade, sou vermoor. Volgens die staat het Sinethemba Nenembe vir Sizwe Vumazonke gehelp om die moord uit te voer. Sibeko het na bewering ook ʼn rol in die uitvoering van die moord gespeel. Vumazonke is verlede jaar in aanhouding dood. Siyoni het ʼn getuie vir die staat geword.

Selfoondata is vroeër aan die hof voorgelê wat bevind dat Sibeko saam met Vumazonke en Nenembe buite die Panayiotou-huis by die Stellen Glen-kompleks was, net vyf dae voordat sy ontvoer, in ʼn kattebak gedruk en daarna naby Kwanobuhle vermoor is.

Die saak is tot Donderdag uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tammy ·

Hoop hy kry lewenslank gevangenisstraf. Hy het mense ten slegste beinvloed, geld gegee en hulle mislei…..sy slagoffers se lewens en hulle families verwoes en moord gepleeg. Brere hom vir ewig!,,

Cherokee ·

‘… mense ten slegste beïnvloed, geld gegee en hulle mislei.’ Voorts praat jy van sy ‘slagoffers’ (meervoud). Wie is die ‘slagoffers’? Ek lei af jy praat van die moordenaars. Moordenaars ten slegte beïnvloed en mislei, sê jy? Jy soek dus versagting vir die moordenaars van ‘n pragtige vrou. Die pragtige Jayde was die enigste slagoffer. Jy het werklik ‘n misleidende manier van redeneer.

Geregtigheid ·

Mag geregtigheid seevier! Jammer Coutts was nie daar, maar sy sal met alles moet saamleef!

Mabel ·

Dankie dat ek kon teruglees oor hierdie saak Maroela. Al die berigte is beskikbaar deur die skakel te volg.

Susan Botes ·

So bly hy het nooit borg gekry nie en sy skelm moet ook aangekla word sy was deel van als. Lewenslank is ook te kort.

marous ·

Met die getuienis wat toegelaat is , gaan die aanklaer ‘n droom kruisondervraging beleef , en hulle sal moet getuig.

karen ·

Keuses tammy keuses. Hulle was beslis nie “slagoffers” hulle is gemene gierige deelnemers. Die enigste ‘slagoffers” is die pragtige jong naiewe vrou wat geglo het haar man het haar lief en haar geliefdes. Ja Geregtigheid – die ander lala moes ook aangekla word sy was deel van als. Die slinksheid van buite egtelike verhouding is haatlik en sy is geen slagoffer – sy het in die pragtige Jayde se bed geslaap ??? hoe vieslik wil jy wees ? elke een wat beskuldig word is skuldig inkluis die madam. shame on u ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.