Panayiotou-verhoor uitgestel

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Christopher Panayiotou, die man wat beskuldig word van die moord op sy vrou, Jayde, het Woensdagoggend vlugtig in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn waar die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.

Panayiotou het saam met die beweerde huurmoordenaar, Sizwe Vumazonke, en die derde beskuldigde, Sinethemba Nenembe, verskyn. Die drie sal in die St. Albans-gevangenis in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 11 Januarie.

Panayiotou is in April in hegtenis geneem nadat hy na bewering die huurmoord van sy vrou gereël het. Jayde se liggaam is op 22 April in ʼn afgeleë gebied naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Intussen het Panayiotou se prokureurs aansoek gedoen om toestemming om gedeeltes van die polisiedossier te sien. Die verdediging het versoek om die dossier te sien om ʼn aansoek om borgtog in te dien geskoei op nuwe feite.

Staatsadvokaat Marius Stander het Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gesê die ondersoek sal teen Maart afgehandel wees en hy sal dan gewillig wees om aan die verdediging se versoek te voldoen. Regter John Smith sal volgende week uitspraak lewer of die verdediging se versoek toegestaan sal word of nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Vir my part kan hulle die saak nog 5 jaar ondersoek solank hy in aanhouding bly is alles reg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.