ʼn Groep van vyf vroue geklee in blou T-hemde het voor die hof byeengekom en gesê hulle soek hul werkgewer terug by die werk. Panayiotou se naam het voor op hul hemde verskyn met die woord “onskuldig” agterop. “Is dit ʼn sonde om hier te wees? Ons soek ons baas terug,” het die vroue gesê.
Die saak teen Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke en Sinethemba Nenembe, is intussen tot 16 Mei uitgestel.
Ondersteuners van die groep Justice for Jayde sowel as lede van die DA se vrouenetwerk het ook voor die hof bymekaargekom.
Jayde, ʼn voormalige onderwyseres, is verlede jaar in April vermoor. Haar liggaam is buite die Kwanobuhle- informele nedersetting in Uitenhage in die Oos-Kaap gevind.
Die staat voer aan Nenembe het die vermeende huurmoordenaar Vumazonke bygestaan om Jayde te ontvoer en te vermoor op versoek van haar man.
Die hof het in Januarie gehoor Panayiotou se hofsaak sal na verwagting in Julie begin. Sy aansoek om borgtog is aanvanklik in die Port Elizabeth-landdros afgekeur, en weer in die hooggeregshof in Grahamstad toe hy appèl aangeteken het. Dit het vroeër aan die lig gekom dat Panayiotou se prokureurs weer ʼn aansoek om borgtog sou bring gegrond op nuwe feite, maar geen verdere besonderhede is intussen bekend gemaak nie.
Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.
Net n wenk aan die groep wat hom terug by die werk wil hê: vra vir die hofpersoneel wat Annie Dewani se saak gedoen het en julle baas is vry. Maklik.
Hopenlik sal julle nooit weer julle baas by die werk terugkry nie. Hy hoort in die tronk tot die dag wat hoenders tande groei.