Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die huurmoord op sy vrou, Jayde, sal weer Maandag saam met sy medebeskuldigdes in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Panayiotou, Sizwezakwe Vumazonke en Sinethemba Nenembe is sedert hul inhegtenisneming borgtog geweier en steeds in aanhouding.
Panayiotou is in April in hegtenis geneem nadat hy na bewering die huurmoord van sy vrou gereël het. Jayde se liggaam is op 22 April in ʼn afgeleë gebied naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is.
Regter Dyalin Chetty het in Desember ʼn aansoek deur Panayiotou se regspan vir toegang tot die staat se dossier van die hand gewys, sonder om ʼn rede te verstrek.
Panayiotou se regspan het aangevoer dat die dossier hulle sou help in die voorbereiding van hul kliënt se borgtogaansoek.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.
Braaf genoeg om ‘n huurmoord te reël maar ‘n papbroek as hy slae kry!
Jayde was ‘n pragtige, elegante dame… Dit gaan my verstand te bowe dat ènige eggenoot, sò ‘n pragvrou kan verkul, en boonop vermoor…
Mens kan net hoop reg en geregtigheid gaan geskied, hoop die saak begin gou, die aanhoudende karring oor borgtog moet regtig ook alle ooghare laat regop staan. Hy is beslis uitgeslape!!!!!!
Sluit hom net op en gooi die sleutel weg, baie ver weg,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,
Ek dog dat die NVG sy bewys moet he skaf aan die beskuldigde se verdedidigingspan.