Panayiotou wil polisiedossier sien

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Christopher Panayiotou, wat van die moord op sy vrou beskuldig word, sal volgende week hoor of sy prokureurs gedeeltes van die polisiedossier mag sien.

Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou Jayde, ʼn 29-jarige juffrou, in April vanjaar georkestreer het.

Staatsadvokaat Marius Stander het Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gesê die ondersoek sal omstreeks Maart afgehandel wees en hy sal dan gewillig wees om aan die verdediging se versoek te voldoen. Hy wil egter nie gedeeltes van die dossier oorhandig voor die ondersoek afgehandel is nie, aangesien dit die ondersoek kan benadeel as sekere inligting uitlek.

Die verdediging het versoek om die dossier te sien om ʼn aansoek om borgtog in te dien gebaseer op nuwe feite.

Lees alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.
– TMG Digital/HeraldLIVE

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tammy ·

Panayoutou mag onder geen omstandighede borg kry nie. Hierdie man het geen maar geen respek vir ander mense nie, of die dood nie. Hy het ander mense misbruik om sy vuil werk te doen en het sy minnares misbruik terwyl hy n pragtige vrou gehad het. Alles draai net om die skurk en hy wil maak soos hy wil. Nee hy moet in die tronk bly totdat hy geleer het die lewe draai nie net om homself nie. Hy kan dalk gelukkig genoeg wees om ook uit te vind waaroor respek gaan.

Lies ·

Vir wat wil hy dit sien? Om nog meer leuens op te dis as hy sien waste feite daar nog is? Hierdie man moet sit! Hy is ‘n gevaar vir die samelewing. Geen respek vir ‘n vrou nie, net homself

MJ ·

Ek weet nie waarom is hierdie enigsins nuuswaardig nie. Dit is enige beskuldigde se reg om die dossier te sien wanneer die ondersoek afgehandel is. Dis bloot regsprosedure, nie nuus nie.

Martin ·

MJ, miskien moet Maroela volgende keer eers met jou konsulteer voordat hulle berigte plaas.

pop ·

MJ, lees die berig, die polisie se mos hulle kan dit kry as die ondersoek klaar is. Regtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.