Pandor sê departement ondersoek Zindzi Mandela-twiets

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, sê haar departement sal die twiets wat Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, die afgelope naweek gemaak het, ondersoek.

Mandela het haar onder meer uitgelaat oor grondhervorming en na wit mense verwys as lafaards en “stelende verkragter-afstammelinge” van Jan van Riebeeck.

Pandor het aan eNCA gesê die departement het ʼn sosialemediabeleid waaraan alle ambassadeurs moet voldoen.

Sy sê haar departement is besig om die egtheid van die twiets te ondersoek, asook om vas te stel wat daartoe gelei het.

“Ons het ʼn sosialemediabeleid as departement en dit is absoluut noodsaaklik dat alle diplomate daaraan voldoen. Wanneer ons dus vasgestel het of dit ʼn twiet van haar (Mandela) is, of dan wél haar opmerkings was, kan ons vasstel of die opmerkings in ooreenstemming met die sosialemediabeleid is,” het Pandor aan eNCA gesê.

Die EFF het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy steun Mandela se uitlatings oor wit mense.

“Sy het korrek getwiet oor die behoefte vir swart mense om hul grond terug te kry van die wit gronddiewe en rassiste,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn versoek aan Pandor gerig om Mandela, dogter van oudpres. Nelson Mandela, terug te roep na Suid-Afrika en haar af te dank.

Ndlozi het AfriForum se versoek as rassisties afgemaak en gesê die organisasie probeer ʼn regmatige kreet onderdruk.

“Geen Afrika-kind moet ooit onderdruk of selfs gedreig word dat hulle hul werk sal verloor omdat hulle die waarheid praat oor grond nie. Die grondkwessie moet opgelos word vir ʼn ware dekolonisasie van die land om plaas te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Anoniem ·

VF+ kla die EFF ook aan vir hulle rasistiese ondersteuning van die twiet.

Hettie ·

Moet asb nie die publiek se intelligensie onderskat en met die ” haar rekening was gekaap ” storie vorendag kom nie

Nel ·

Die rassistiese twiets is deur haar die wêreld ingestuur vir almal om te lees – so wat moet ondersoek word?

Hendrik ·

Hulle ondersoek of daar ‘n manier is om te kan sê dat iemand haar twitter rekening gekaap het en haar so van blaam te onthef. Sy is maar uit dieselfde houdtjie gesny as haar ma, Winnie.

Andreas ·

Me Pandor, hierdie uitspraak van Zindzi Mandela, is hoe hordes, hordes en hordes van hulle, die BLF, die EFF en nog ‘n menigte ander teenoor blankes voel. Dit is die saadjie wat nou besig is om te ontkiem en tot uitbarsting kom, van daardie disinformasie wat hulle gevoer is, in effek word hulle nog elke dag daarmee gevoer, so vir haar was die twiet reg.

Dis die ingesteldheid van die mense wat aangespreek moet word, beginnende by die mense wat daardie saadjies plant. En waar is dit waar mens moet begin? By die ingesteldheid van mense soos hoofregter Mogoeng wat met sy uitsprake die Afrikaner misken, Cyril Ramaphosa oor die grondkwessie wat hy loop verkondig, Ace, Angie Motshekga, Lesufi, jy noem dit, die lys het net nie einde nie van almal wat die Blankes verdag bly maak.

Nou sit ons waar ons sit en die ondersteuners van diegene wat die vure stook, tel net spoed op, want hulle ken nie die ware feite van die geskiedenis nie, of wil dit nie ken nie, om welke rede ook al.

piet piet ·

Ek stem saam dan wil die DA saam met hulle werk en dan is daar nog witmense wat DA stem en die DA n mandaat gee om teen hulle te diskrimineer.

H.A. ·

En so word die minderheid maar weer verkrag deur die meerderheid se absolute rassistiese doen en late !

Mel ·

Ek lees heelwat kommentare van swart mense op eNCA News24 ens en die meerderheid stem met die tweets van Zindzi Mandela saam en dis uiters beledigend tenoor alle wit mense.

kolla ·

Dis wat my pla. As die meerderheid swartes so voel, is ons in die moeilikheid en kan enigiets enige tyd gebeur.

ANC ·

Net soos talle kommentaar op MM, wat beledigend is teenoor swart en bruin. Jammer maar ons dra almal ewe veel skuld

Francie ·

So word mense opgesweep en vertroue in mekaar tot niet gemaak.
Dit nou afgesien daarvan dat ek gekrenk voel as onwelkome besoeker is wat van my gedink word. Verneder, Sielkundig geknou, Depressief, ek kan nie werk nie, ens. ens
Hoe gaan met die dame gehandel word?
Gestel sy is wit. Dadelik op verpligte onbetaalde verlof gesit ( as sy gelukkig is), dissiplinêre verhoor, afdanking. Daarna volg ‘n hofsaak waar in detail weer elke woord van die hele getwiet deur deskundiges belig word. Selfs ‘n sielkundige sal saamstem dat dit ‘n vernederende, kwetsende, kwaadwillige boodskap is wat nie in lyn is nie met die Ubuntu waaraan so hard gewerk word. Dan ‘n vonnis van ten minste 2 jaar plus ‘n stewige bedrag wat aan ‘n verdienstelike instasie gegee word.
In jou drome sal dit tog gebeur! Ons wag in spanning om die verloop te volg, as daar ooit iets van sal kom. Ten beste ‘n Departementele vergadering waar die aangeleentheid bespreek word.

Johanna Botha ·

En wat gaan gebeur ….NIKS ! Penny betaal n boete en Vicky sit in die trok ….en die ”diplomaat” verdwyn !

Ja Nee ·

Als die is maar net twak, rommel, vullis noem dit maar politieke spel van die SA regering se incompetence.

Susan vl ·

Rassisties… onware beskuldigings. Sies man. Hoekom word sulke leeuns versprei oor ons Blankes. Julle raak nou afgesaag

Gert van Wierdapark ·

Die Mandela ambas-sadeurtjie het nou ‘n Pandor(a) boxie oopgemaak wat gaan Boem-e-rang!!! Haar Kierankies gaan Braai! He-he-he!!

Rina Kotze ·

Gert, sy gaan niks oorkom nie.

Dit gaan net genoem word, sy is verkeerd aangehaal.

Diefie ·

Die mens is geheel en al deurmekaar. Hoeveel baba’s kinders ens word daagliks verkrag en dan vermoor deur hul se eie mense. Tani Pandora weet blykbaar ook niks van die grond in Oos-Kaap wat haar se mense behoort nie. Daar word eerder na stede toe gevlug as om iets te maak uit die grond. Wonder ook maar net.

Nico ·

En nou vir n ligte tikkie met n donsveertjie oor die vingers as straf vir swart op wit rasisme…….

AndrewL ·

Die saak sal seker ge-opserveer word om te sien of enige westerse lande reageer

Wonder manet ·

Ek wonder manet, waar staan die Kleurlinge in die hele gemors?

Blue Butterfly ·

As al die blankes in SA vermoor is of ge-emigreer het, sal die Indiërs en kleurlinge volgende aan die beurt wees. En as daar NET swart mense oorbly, sal die verskillende stamme begin om mekaar uit te wis.

Ek wonder of daar nog GOEIE swart mense is wat sal opstaan teen die onwaarhede wat so mildelik deur die massas vir koek opgevreet word. WAAR is dié swart mense?

Bestaan hulle ooit?

Jr ·

As jy ń wind in die Revlon fabriek los gaan niemand dit ruik nie. Dis wat hier sal gebeur. Madamn het nie maagwind pyn nie maar ” MRK pyn van die verlede”

Francie ·

Jammer, dit was ‘n fout. Die arme vrou het in haar jeug sonder haar pa opgegroei, haar ma was te besig met belangrike sake om haar aan ‘n lastige kind te steur.
Sy het ‘n diepgewortelde pyn wat nie kan genees nie, die ontploffing was ‘n billike ontlading vir die geskende lewe wat sy toe noodgedwonge moes ly. Dan is daar ook nog die las van ‘n bekende pappa se naam waaraan sy so swaar dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.