Pandor verduidelik R350 miljoen aan Kuba

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge. (Foto: @DIRCO_ZA/Twitter)

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), sê daar is geen verband tussen haar departement se beplande skenking van R50 miljoen aan Kuba – die omstrede skenking wat tans voor die Pretoriase hooggeregshof is – en ’n ekonomiese hulppakket wat Kuba besig is om aan Suid-Afrika terug te betaal nie.

Volgens Pandor het die Suid-Afrikaanse regering en sy Kubaanse eweknie in 2012 ’n ooreenkoms aangegaan waarvolgens Suid-Afrika die pakket van R350 miljoen aan Kuba beskikbaar gestel het.

Die ooreenkoms geld steeds en Kuba is besig om dié geld met rente terug te betaal. Dit verklaar volgens Pandor die R350 miljoen wat vandeesweek ter sprake gekom het.

Maroela Media het vroeër berig ’n hofrekord in AfriForum se aansoek teen die regering se beplande R50 miljoen-skenking aan Kuba wys dat die algehele bedrag van die skenking eintlik R350 miljoen beloop.

Pandor verduidelik egter dat die fondse onder die ekonomiese hulppakket net gebruik kon word om goedere in die Suid-Afrikaanse mark te verkry “wat gevolglik voordelig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is”.

Die hulppakket het uit drie dele bestaan: Die eerste was volgens die minister ’n toelaag van R40 miljoen vir die aankoop van saad. Die tweede was ʼn solidariteitstoelaag van R100 miljoen vir die aankoop van goedere in die Suid-Afrikaanse mark wat in werking gestel en afgehandel is, en die derde was ʼn kredietfasiliteit ten bedrae van R210 miljoen vir die verkryging van Suid-Afrikaanse goedere.

Dié kredietfasiliteit is in twee dele verdeel volgens die ondertekende ooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse regering en die Kubaanse regering.

“Die eerste gedeelte van R70 miljoen was dadelik beskikbaar met inwerkingtreding van die ooreenkoms en die tweede deel van R140 miljoen het beskikbaar geword ná die terugbetaling van die aanvanklike R70 miljoen,” verduidelik Pandor.

Die Kubaanse regering het die eerste gedeelte met rente in Junie 2019 terugbetaal. Die tweede gedeelte is daarna in 2021 toegestaan. “Die tweede gedeelte is tweejaarliks betaalbaar. Die eerste paaiementdatum was 31 Desember verlede jaar en die laaste paaiement is betaalbaar op 30 Junie 2026.”

Volgens Pandor het die ooreenkoms inderwaarheid op 17 Julie 2021 verstryk, maar ingevolge die ooreenkoms sal dit van krag bly tot alle verpligtinge van die partye nagekom is.

“Dus, wat die terugbetaling van die geld as deel van die derde gedeelte van die ooreenkoms betref, sal die ooreenkoms van krag bly tot Kuba die geld terugbetaal het.”

Sien al Maroela Media se vorige berigte oor die Kuba-skenking hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

H.A. ·

As daardie geld land uit is, is dit weg! Ek vertrou GLADNIE die anc ‘regime’ nie. Hulle lieg tot die fynste besonderhede.

M ·

Die flagrante en banale ontkenning van baie (honderde) duisende wat honger moet gaan slaap ter plaatse lande in Winterkoue onstel my geweldig …dan wil “Marrem” ….. vir wát, geld gee aan derduisende Kubane wat níks vir ons siek land kan doen nie ?

Was al in Havanna … ek weet…en het gesien en ervaar …. glo my, héélpad terug RSA toe …

Groete
Marius B

Marius ·

Cuba is ‘n bankrot bodemlose put. Hoekom leen hul nie by die wêreld bank nie ? Want die pad is reeds gestap en hul is bekend daarvoor dat hul leen en moeilik terugbetaal indien ooit.

Snowball ·

Hoe staan dié verskynsel en regverdig miljoene aan Kuba maar SA se skole val uitmekaar, staatshospitale is doodsvonisse, infrastruktuur soos paaie kan nie onderhou word nie en mense moet hulle lewens waag om riviere te voet oor te steek, want brûe word belowe maar nooit gebou nie. Mens kan net jou kop skud want die arrogansie en blatante selfvoldaanheid van hierdie regering word net oorskry deur hulle onbevoegdheid en korrupsie.

Henry ·

Snaaks eers moet ons kuba betaal nou moet hulle ons betaal. Iets maak nie sin nie

Nie Verbaas ·

En hoe lank het jy geleer aan die leuens. As ANC hulle monde oopmaak lieg hulle.

Johann ·

HUH? Verstaan iemand die vrou se gekrabbel? Of lieg sy so goed dit maak vir haar sin?

BARNEY ·

Die ANC ministers lewe in weelde terwyl die land se mense kripeer. Daarom is dit nie vir hulle n probleem om ons eie mense se nood te ignoreer en geld weg te gee.

piet ·

Die punt is dat ons nie in ‘n posisie is om geld uit te leen aan ander lande nie.

twaalfboor ·

Verstaan ek reg?
“Kuba, hier is vir julle R350mil om goedere uit ons ekonomie te koop”.
My flip gert……. eks ekonomies onnosel.

SjN ·

Sy lieg, dis payback time, soete woorde en beloftes was deur hul gemaak.

Strandloper ·

Dink eerder jy eye nog n bm of twee, al die verduidelikings is tiepies van iemand wat lieg. Kyk om jou en word waker

Louis ·

Sy moet van haar pos verwyder word. Daai geld kan hul gebruik om ons paaie reg te maak en Natal weer opbou.

annie ·

So, dinge geskied al vir jare in die geheim? Hoekom dan? Pandor glo skynbaar sy is onaantasbaar. Hoeveel geskenkies is al so landuit en hoeveel miljarde lê en droom in Kubaanse banke en wag op hul base se siekverlofbesoeke?

Nico ·

Stop dit VFP;us, AfriForum en Solidariteit verhoed dat hierdie geld land uit gaan hierdie is ‘n leuen uit die hel, sy is besig om geld landuit te kry indien die Anc inderhaas die moet verlaat.

Johann ·

Lieg om te lewe en lewe om te lieg. Wat sê sy eintlik? Die bankrot ANC het belasting geld gevat en vir hul comrades gegee sodat hulle goed by SA kan koop MAAR ook n ekstra geldjie vir sakgeld? Maar SA staan self met daai tradisionele Afrika bakhand en bedel?

Sarel ·

Intussen dreig voedsel tekorte in hulleceie land en hulle eie mense lei honger. Gedn gekd vir KZN nie maar daar is geld vir zkuba

Frederik C ·

Pandor is nou die ANC se nuwe leuenstem. Cyril het homself uitgelieg

Ronelle ·

Maar daar is beurtkrag want daar is nie geld vir Eskom.. die paaie in chaotiese toestand want daar is nie geld.. daar is nie lakens en genoeg meds in hospitale want daar is nie geld nie ????????????

Jean ·

Cuba het die ANC gehelp met hulle terrorisme oorlog in die ou Suid Afrika, nou voel die ANC hulle moet Cuba vir altyd help al sukkel die ANC self ook.. Help hulle self in die afgrond in.

Lillian ·

NIKS wat jy sê kan my oortuig nie.

Daai geld is ONS land se geld, as Kuba vrek van die honger, so be it, ons sit met ‘n tuimelende ekonomie, werkloosheid, infrastruktuur wat in sy maai is, ESKOM wat op sy laaste bene bewe … en en en … Gaan my verstand te bowe hoe julle nog probeer om julself te probeer regverdig!

Kensy ·

Ag bull man!
Sê eerder in watter vorm kom die Kick BACK… Kar? Huis? Vakansie… of all of the above?

Wondermaarnet ·

Hoe meer jy verduidelik pandor, hoe meer begin jy klei trap. Hou op lieg en stop ALLE betalings aan Kuba. Ons eie mense het die geld meer nodig.

Kobus ·

Ek dink in bank terme noem hulle dit “Revolving credit” Leen geld om geleende geld terug te betaal. As ek nie toevallig teenwoordig was die dag toe sy haar doktorale graad ontvang het nie , sou ek kon sweer dat haar matriek punte swakker as JM gelyk het. Ekonome het seker in hulle koffie verstik oor die briljante transaksie.

Kokerboom ·

Lewer asb bewyse van terugbetaling Minister. Lieg is in ANC gene

Jack ·

Ons gee dus die geld sodat hulle die skuld wat deur n krimineel aan hulle gegee is te kan terugbetaal. Bly eenvoudig n netwerk van korrupsie en zuma en sy kaders se tentakels is nog oral bedrywig.

Ferryman ·

Ek het ‘n paar vrae. Op presies watter wyse sou Kuba die goedere verkry? Soos ek die regering ken sou een of ander Oligarg soos die Guptas en Watsons middelman speel en daardeur verryk word.

JM ·

“Vra my broer Jack, hy lieg net soos ek.” Dink Naledi Pandor dat elk van ons landsburgers oor net twee breinselle beskik? Te heerlik om belastingbetalers se geld uit te deel! “Charity begins at home,” dr.. Pandor! Mag die ANC-regering val, en GOU!!

Pieter9 ·

Al ooit daaraan gedink om vir Kuba te se ‘ Verander julle ekonomiese model, los sosialisme en word ‘n mark-gerigte ekonomie’…sal nie gebeur nie want dan kry die politici in Kuba nie meer ‘hand outs’ van hul ‘comrades’ nie.

Christo ·

Ek glo niks van die politieke mond-bollie nie. Daai is my belasting geld wat gebruik kan word om ONS paaie reg te maak, ONS mense kos te gee en ONS land weer op been te kry na die zupta saga. Hoekom word dit toegelaat dat die spul nogsteed besluite in die land maak, hulle weet duidelik nie wat de hel hulle doen nie!!!

Katvis ·

Mens kan nie anders om te wonder of hierdie nie ‘n groot money laundering skema is nie en dat die geld van die belastingbetaler na Kuba en dan na die ANC koffers beweeg nie

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

SCOPA (“Standing Committee on Public Accounts”) het totaal gedruip om as “Public Accounts”-waghond daadwerklik pro-aktief teen die korrupsie-pandemie tot op munisipale vlak in Suid-Afrika op te tree. En wat het die parlement hieraan gedoen? Ek wens al die ANC-leiers emigreer na eCuba.

De Villiers ·

Nee wat dame, ek glo nie ‘n woord wat uit jou mond kom nie!

Kaptein ·

Sy redeneer soos n graad 1 onnie wat vir matrieks klas gee.

Andrew ·

Die Russe kort soldate. op die manier hoef SA nie aan die IMF te verduidelik hoekom hulle geld aan die Russe gee nie.

Heinrich ·

Dis ANC Wiskunde op sy beste hierdie…kul jou hier en kul jou daar…en die ‘lening’ betaal ons sommer vir Kuba.

Jacobus ·

Dr Pandor, I have already commented on the so-called magnanimous gesture.
For a person of your stature this is an extremely obscene gesture considering our own dire situation.
Before continuing with this action please take time to visit rural towns and witness raw sewerage running freely along streets, and numerous other problems facing people living there.
This seems to explain you attendance of the Gupta wedding!

Toy ·

Gaan sommer ooreenkomste aan dit is Suid-Afrika se mense se geld wat net weggegee word, dit maak mens woedend. Hier is alles in ‘n toestand, gesondheid, paaie, elektrisiteit, water en hulle gee geld WEG.

kaplyn ·

Dit wat die minister hier verduidelik is niks anders as geldwassery nie. Die geld word nie aan die staat terugbetaal nie, maar aan die ANC kaders. So word staatsgeld teruggewas in die kaders se sakke.

ronel ·

Eindlik gee ek glad nie om oor die verduideliking nie, die feit bly steeds staan, daai is belasting geld, my geld en jou geld, en ons het die reg om te verwag ons belasting sorg daarvoor om ons lewens standaard in basiese staats pligte in stand te hou en te ontwikkel, en nie sy, of enige ander lid van parlement het die mandaat om ONS geld weg te gee om hulle trawante te vergoed vir gunsies aan ‘n instansie, land, persoon uit hul verlede. Ek kan werklik nie sien hoekom daar moet hofsake wees daaroor, dit moes in die eerste plek nie eens eers iets gewees het wat toegelaat was nie. Die probleem hier is ons het toegelaat dat mense onbevoeg aan bewind kom, en dat hulle onetiese handelinge toepas, en nou moet ons regstelsel tyd en geld vermors om te keer dat hulle oneties optree, dit terwyl ons eindlik lankal die hele spul moes afdank.

Spotty ·

Daar is n slang in die gras, of moet ek se daai is ministers in die gras

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.